Afvaardiging Afrikaner-leiers beraadslaag met Withuis-amptenare - June 26, 2025
‘n Senior afvaardiging van Afrikaner-leiers het ʼn hoëvlak-vergadering met senior amptenare van die Withuis in Washington gehou. Die afvaardiging het bestaan uit die leier van die Vryheidsfront Plus, Corné Mulder, die uitvoerende raadsvoorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Theo de Jager, en die uitvoerende hoof van die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika, Gerhard Papenfus. Die amptenare het […]
Kenia hooggeregshof hef verbod op betogingdekking op - June 26, 2025
Die Hooggeregshof in Milimani het ‘n opdrag van Kenia se Kommunikasie-owerheid opgeskort wat regstreekse dekking van die versetoptrede verbied. Dit volg nadat 16 mense dood is in hernude betogings om die dodelike belasting-betogings en die dood van die politieke webjoernaalskrywer Albert Ojwang in polisie-aanhouding te herdenk. Regter Chacha Mwita het beslis die bevel wek ernstige […]
Kaapstad maak reg vir Bokke vs BaaBaas - June 26, 2025
Rugby: Die Stad Kaapstad verwag ‘n vol Kaapstad-stadion vir Saterdag se geskiedkundige kragmeting tussen die Springbokke en die Barbarians. Die wedstryd is die eerste ontmoeting tussen die twee spanne sedert 2016 en die eerste een op Suid-Afrikaanse bodem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê meer as 40 000 toeskouers word verwag en […]
Venaani soek duidelikheid oor droogtehulp - June 26, 2025
Tydens ‘n sitting van die Nasionale Vergadering het PDM-president McHenry Venaani die landbouministerie uitgevra oor beloofde droogtehulp-ondersteuning aan boere. Die ministerie het maande gelede planne aangekondig om boere te subsidieer wat hul beeste tydens die droogte verkoop het, maar geen duidelike verbintenis is gemaak nie. Venaani is aan die woord.
Ten spyte van huishoudelike druk, het korttermynversekering goed gevaar - June 26, 2025
Santam se 2025 Versekeringsbarometerverslag het onthul die moeilike ekonomiese omstandighede bly ʼn bron van kommer vir verbruikers en sakeondernemings. Die studie het bevind 84-persent van die deelnemers moes finansiële aanpassings maak om die stygende lewenskoste te hanteer. Atang Matebesi van Santam sê ten spyte hiervan het slegs ʼn klein aantal mense hul korttermynversekering verlaag om […]
Ghana herstruktureer sy skuld - June 26, 2025
Wetgewers in Ghana het ‘n skuld herstruktureringsooreenkoms van 2,8 miljard Amerikaanse dollar goedgekeur in ‘n poging om die land se ergste ekonomiese krisis in dekades te verlig. Die Wes-Afrikaanse nasie het in Januarie ‘n memorandum van ooreenkoms met 25 krediteurlande, insluitend China en Frankryk, onderteken nadat hulle aan die einde van 2022 op die meeste […]
VSA en Iran sal volgende week vergader - June 26, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy waarskynlik ‘n verbintenis van Iran sal soek om sy kernambisies tydens gesprekke volgende week te beëindig. Hy sê dat hy nie belangstel om onderhandelinge oor Iran se kernambisies te heropen nie en dat dit nie saak maak of daar ‘n ooreenkoms is of nie. Hy eis net […]
Unam-studente elders gehuisves tydens eksamen oor Streke 5 Spele - June 26, 2025
Unam-studente wat steeds besig is met eksamens, word stelselmatig verskuif omdat hulle die kampuskoshuise moet ontruim om plek te maak vir atlete wat vir die Streek 5 Jeugspele, wat op 3 Julie begin, opdaag. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho gepraat die woordvoerder van Unam, wat sê die studenteverskuiwing vorder glad.
Namibië moet Noorweë se olie-benadering toepas - June 26, 2025
In ‘n ontleding sê Simonis Storm Namibië moet lesse by Noorweë leer oor hoe om oliebronne in die land die beste te benut. Noorweë het ‘n wisselvallige hulpbron geneem en dit in ‘n duursame basis vir voorspoed omskep. Die belangrikste stap was om institusionele veerkragtigheid te bou om langtermyn ekwiteit te bewerkstellig. Die land se […]
Kandjeke sê oor nie-nakoming van goudmyne - June 26, 2025
Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy oudit van die mynbousektor wat bevestig het dat drie van die land se belangrikste goudmyne, die Navachab-goudmyn, B2Gold Namibia en Osino Resources, nie voldoen aan die plaaslike vereistes vir eienaarskap soos in die Mineralewet uiteengesit is. Die oudit het ook verskeie gebiede van […]