MVA help met eise, en haakplekke in verband met eise - June 26, 2025

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het vandag met ‘n drie-dag uitreik in die hoofstad begin om die publiek by te staan met die registrasie van eise en die aanspreek van uitdagings in verband met eise wat reeds ingedien is. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die fonds se woordvoerder Hilaria Graig vir meer besonderhede.

Read More

Omgewingsministerie hersien parkfooie - June 26, 2025

Die omgewingsministerie sal op 7 Julie op Swakopmund met belanghebbendes vergader om toegangs- en bewaringsfooie vir nasionale parke te bespreek. Die nuwe fooie sal volgende jaar in April in werking tree en tot Maart 2031 van toepassing wees. Daar is beroepe op die ministerie om Botswana se stelsel, waar geregistreerde toeroperateurs minder per persoon betaal […]

Read More

Puros sonkragstasie kry N$8m hupstoot - June 26, 2025

Die Puros sonkrag mini-netwerk in die Kunene-streek het ‘n hupstoot van 8 miljoen Namibiese dollar van die energieministerie ontvang, wat die totale befondsing tot 14 miljoen dollar verhoog het. Die 300 kilovolt-stelsel sal 164 huishoudings van krag voorsien. As deel van die Tidret-inisiatief, word die projek mede-befonds deur die Europese Unie en gelei deur die […]

Read More

VF+ vra vir hersiening van witskrif oof plaaslike regering - June 26, 2025

Die Vryheidsfront Plus in die Groter Pretoria-streek sê hulle het ‘n omvattende voorlegging aan die nasionale regering gedoen as deel van die proses om die Witskrif oor Plaaslike Regering te hersien. Die hersiening is gemik op die evaluering van plaaslike regering uitdagings aan te pak en in ooreenstemming met huidige realiteite te bring. Grandi Theunissen […]

Read More

Iran begin herbou te midde van brose skietstilstand - June 26, 2025

Met die brose wapenstilstand sedert Dinsdag in plek, begin owerhede in Teheran met opruimingswerk. Meer as 120 strukture is heeltemal vernietig en meer as 500 ander het aansienlike skade opgedoen tydens Israel se 12-dae lange oorlog met Iran. Iraanse amptenare het Dinsdag die dodetal in die land op 606 gestel, met 5 332 mense gewond […]

Read More

Putin sal Rio se Brics-beraad via videoskakel bywoon - June 26, 2025

Die president van Rusland, Vladimir Putin sal nie volgende maand se Brics-beraad in Brasilië bywoon nie aangesien daar ‘n arrestasiebevel deur die Internasionale Strafhof teen hom uitstaande is. Die Strafhof in Den Haag wil Putin arresteer vir die beweerde onwettige deportasie van Oekraïnse kinders nadat sy troepe die land in 2022 binnegeval het. ‘n Kremlin-adviseur […]

Read More

Miljoene se dwelms oor twee jaar gevind - June 26, 2025

Dit is vandag die Internasionale Dag Teen Dwelmmisbruik en Onwettige Handel. Die Namibiese polisie sê hy het in 2023 beslag gelê op net meer as 49 miljoen Namibiese dollar se dwelms en 1 641 verdagtes gearresteer. Onder die dwelms was 40 miljoen dollar se dagga en 7 miljoen dollar se kokaïenpoeier. In 2024, is amper 57 miljoen […]

Read More

Wêreldbank-lening: Versigtig vir plundery - June 26, 2025

Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die Wêreldbank se onlangse goedkeuring van ʼn lening van 27 miljard Suid-Afrikaanse rand, maar waarsku teen die moontlikheid van plundery. Die lening is bedoel vir langverwagte strukturele hervormings aan die land se infrastruktuur. Die vakbondwoordvoerder, Claude Naiker, sê Nasionale Tesourie moet ʼn multidissiplinêre span aanstel om seker te maak geen […]

Read More

Geweld teen kinders op kommerwekkende vlakke - June 26, 2025

Die Verenigde Nasies sê geweld teen kinders in situasies van gewapende konflik het in 2024 ongekende vlakke bereik. Die jongste verslag oor Kinders en Gewapende Konflik het 41 370 ernstige oortredings teen kinders bevestig waarvan 36 221 in 2024 gepleeg is. Die sekretaris-generaal se spesiale verteenwoordiger vir kinders en gewapende konflik, Virginia Gamba, sê baie […]

Read More

Seldsame erkenning van marteling in China - June 26, 2025

China se hoofaanklaer het ‘n seldsame erkenning uitgereik dat marteling en onwettige aanhouding wel in die land se regstelsel gebeur, en belowe om onwettige praktyke deur wetstoepassers te beëindig. China se ondeursigtige regstelsel word al lankal gekritiseer met beskuldigdes wat verdwyn, die teiken van andersdenkendes en die verkryging van skulderkennings deur marteling. President Xi Jinping […]

Read More