Boulter misluk in hoogste hof, sal vir moord verhoor word - October 21, 2025

Die omstrede Britse miljardêr, Harvey Boulter, se appèl het in die hooggeregshof misluk. Hy het die hof genader om sy vervolging ter syde te stel na die hoërhof die aansoek van die hand gewys het. Regters Dave Smuts, Theo Frank, en Rita Makarau, het dit ook van die hand gewys. Hy beweer dat daar geen […]

Read More

Daar is talle vrae oor gratis tersiêre onderwys wat antwoorde soek - October 21, 2025

Die regering sal jaarliks 5 miljard Namibiese dollar bestee om die gratis tersiêre onderwysbeleid te bevorder. Die 100 persent tersiêre onderwyssubsidie is deel van die regerende Swapo se manifes en beleidsdokument. Volgens Swapo is die teiken om klasgeld teen 2028 by alle staatsbeheerde hoër onderwysinstellings en TVET-sentrums uit te skakel. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More

Ondangwa-ongeluk eis 8 - October 21, 2025

‘n Gru-ongeluk van voor tussen ‘n Iveco-bus en vragmotor net buite Ondangwa het tot die dood van agt mense gelei. Die streekskoördineerder vir misdade en ondersoeke, adjunkkommissaris Titus Ekandjo, sê die polisie sal vandag die name van die oorledenes vrystel. Ooggetuies sê dat dit voorgekom het asof die vragmotor se remme gefaal het en hy […]

Read More

Shafudah lê begroting vandag ter tafel - October 21, 2025

Die finansministerie het laat Maandagmiddag aangekondig dat die belangrike middeltermyn begroting-hersiening vandag gedoen sal word. Finansminister Ericah Shafudah is geskeduleer om dit om half-drie in die Nasionale Vergadering ter tafel te lê. Volgens die ministerie sal die hersiening alles behels van groei-strategië tot ekonomiese prestasie, maar niks meer is bekend nie. Verlede jaar is die […]

Read More

Swart bemagtiging dryf korrupsie aan – DA - October 21, 2025

Die DA sê die huidige Swart Ekonomiese Bemagtigingsmodel het ‘n kerndrywer vir korrupsie geword. Die party sê Suid-Afrikaners sien dit in die grootskaalse plundering van ongeveer 2 miljard Suid-Afrikaanse rand uit die Tembisa-hospitaal, en die moord op die Stad Ekurhuleni se hoofouditeur, Mpho Mafole, na bewering oor ‘n tender vir chemiese toilette van 1,8 miljard […]

Read More

Hamas moet in sy spoor trap – Trump - October 21, 2025

Diplomatieke pogings is voluit aan die gang om die Gaza-skietstilstand op koers te hou, na oor-en-weer aanvalle oor die naweek. Amerikaanse president Donald Trump het na hy Australiese eerste minister Anthony Albanese by die Withuis verwelkom het, by ‘n perskonferensie gesê hy dink nie Hamas se leierskap was vir die aanval in Rafah verantwoordelik waarin […]

Read More

Engeland buit Nieu-Seeland se swak veldwerk uit - October 21, 2025

Engeland het Nieu-Seeland se swak veldwerk uitgebuit om die tweede T20 in Christchurch met 65 lopies te wen nadat die openingswedstryd uitgereën het. Die besoekers het ‘n reuse-totaal van 236 vir vier aangeteken nadat die Swartpette die loot gewen en Engeland ingestuur het om te kolf. Aanvangskolwer Phil Salt, met 85, en Engeland se kaptein, […]

Read More

Toegang tot grond = voedselsekerheid: oud-landbouminister - October 20, 2025

Parlementslid en voormalige landbouminister, Alpheus !Naruseb, sê voedselsekerheid kan slegs werk as mense toegang tot grond het. Hy het gevra vir meer pogings wat verseker dat billike toegang tot grond vir elke Namibiër verseker word. !Naruseb het gepraat by ‘n werkswinkel deur die Parlementêre Staande Komitee oor Armoede, getiteld “Die Hongersiklus Verbreek: Voedselsekerheid Aangespreek” aan […]

Read More

Getuie A verbind moord op ingenieur met 3 ander - October 20, 2025

Getuie A het nuwe besonderhede oor die moord op die ingenieur Armand Swart onthul voor die Madlanga-ondersoek in Pretoria. Die ondersoekbeampte vir georganiseerde misdaad, wat van ‘n ander perseel getuig het, het bevestig dat Swart in April verlede jaar 23 keer geskiet is buite sy werkplek in Vereeniging, Gauteng, toe hy vir ‘n ander werknemer […]

Read More

Black Phone 2 presteer by VSA-loket - October 20, 2025

Universal and Blumhouse se nuwe opvolg-riller, Black Phone 2, het die naweek die beste gevaar by Amerikaanse kaartjiekantore. Ethan Hawke vertolk weer die rol van die reeksmoordenaar, Grabber, en Mason Thames dié van Finn. Disney se wetenskapsfiksie-opvolgfliek Tron: Ares was tweede en die nuweling, Lionsgate, se R-gegradeerde komedie, Good Fortune, met Keanu Reeves en Seth […]

Read More