Lutombi sê oor Mukwe-herrie - June 26, 2025
Inwoners wat deur padprojekte in Mukwe in die Kavango Oos-streek geraak word, weier volgens berigte om te verhuis omdat hulle blykbaar nog nie vergoed is vir die grond nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Paaie-owerheid se uitvoerende hoof, dr. Conrad Lutombi oor die aangeleentheid gesels.
Tweede begrafnis van Edgar Lungu geblok - June 26, 2025
‘n Suid-Afrikaanse hof het verhoed dat Zambië se voormalige president Edgar Lungu in Johannesburg begrawe word, net voor die seremonie wat Woensdag sou plaasvind, na weke van die vete tussen sy familie en die Zambiese regering. Lungu, wat van 2015 tot 2021 Zambië se staatshoof was, is op 5 Junie in Suid-Afrika oorlede terwyl hy […]
Bibi se korrupsiesaak is heksejag – Trump - June 26, 2025
President Donald Trump sê die korrupsiesaak teen Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, is ʼn heksejag. Die 75-jarige Netanyahu is in 2019 aangekla van omkopery, bedrog en vertrouensbreuk. Hy word beskuldig dat hy 10 000 Amerikaanse dollar se sigare en sjampanje van ʼn miljardêr Hollywood-vervaardiger aanvaar het in ruil vir hulp met persoonlike en sakebelange. […]
Rassie propvol lof vir Asenathi - June 26, 2025
Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het die vaskopstut Asenathi Ntlabakanye se toewyding geloof, wat tot sy insluiting in die nasionale span gelei het. Die 26-jarige Ntlabakanye is een van vier nuwe spelers in die Bok-groep wat die Barbarians Saterdag in Kaapstad pak. Sy ontwikkeling het intensiewe oefeninge ingesluit op die skrumafrigter, Daan Human, se plaas naby […]
Groei sal vanjaar verlangsaam - June 26, 2025
Inkrimpings in besettingsyfers, veebemarking en vragvervoer is in die eerste kwartaal van die jaar aangemeld. In ‘n makro-ekonomiese ontleding deur PSG Wealth dui dit daarop dat die ekonomie matige jaar-op-jaar groei van ongeveer 3,5 persent in die eerste kwartaal van 2025 aangeteken het, laer as die 5,1 persent in 2024. Die makelaarsfirma sê hy verwag […]
Lynminister moet sê oor minimumloon - June 26, 2025
Justisieminister Fillemon Wise Immanuel sal na verwagting op 3 Julie in die Nasionale Vergadering vrae oor die nasionale minimumloon beantwoord. Dit kom te midde van verslae dat nie alle werkgewers aan die wetgewing voldoen nie. Die Swapo-wetgewer Justina Jonas het in die parlement kennis gegee van die vrae wat sy beantwoord wil hê.
Rise verwelkom ondersoek na Padongelukkefonds - June 26, 2025
Rise Mzansi sê die misbruik van openbare fondse en onetiese leierskap moet tot ‘n einde kom. Die party verwelkom die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge se ondersoek na die 50 miljard Suid-Afrikaanse rand Padongelukkefonds, wat aantygings van wanadministrasie, roekelose besteding, en finansiële wangedrag insluit. Makashule Gana van Rise Mzansi moedig die komitee aan […]
Kommersiële sending na Internasionale Ruimtestasie - June 26, 2025
‘n Amerikaanse kommersiële sending met bemanning vanaf Indië, Pole en Hongarye is vandag op pad na die Internasionale Ruimtestasie. Dit is die eerste keer in dekades dat mense van hierdie lande na die ruimte gestuur word. Die vorige keer wat ruimtevaarders van hierdie land in die ruimte was, was die huidige span nog nie eers […]
WHS wil respondente in sy hofsaak byvoeg - June 26, 2025
Die hofsaak van WHS se skoolraad rakende die aanstelling van Teofilus Nuugulu as skoolhoof sal waarskynlik vanoggend deur regter Thomas Masuku tot 23 Julie uitgestel word. Die raad wil respondente byvoeg en moet ‘n interlokusaansoek daarvoor bring. Die raad wil die eerste minister, die voorsitters van die onderwysdiensraad en die onderwysraad, saam met verskeie onderwysers […]
SA is steeds verbind tot swart ekonomiese bemagtiging - June 26, 2025
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika bly gebonde aan swart ekonomiese bemagtiging, ten spyte daarvan dat Amerika op ander sake fokus. Ramaphosa het aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê regstelling en billikheid is grondwetlike vereistes, aangesien SEB noodsaaklik is vir inklusiewe, volhoubare groei, en moet alle Suid-Afrikaners betrek. Hy bevestig beleide word hersien om toegang […]