Iran onttrek van VN se kernwaghond - June 25, 2025

Die Israelse Weermag sê dis nog te vroeg om die skade aan kernterreine in Iran te bepaal nadat ‘n wapenstilstand die konflik van 12 dae beëindig het. Militêre woordvoerder Effie Defrin sê hy glo Iran se kernprogram is ‘n beduidende hou toegedien en sal etlike jare neem om te herstel. Iranse wetgewers het intussen gestem […]

Read More

Windhoek-burgemeester sit fokus op agterplaastuine - June 25, 2025

Die burgemeester van Stad Windhoek, Ndeshihafela Larandja, het haar nalatenskapsprojek by die stad se burgemeesterssakeforum bekendgestel. Die projek sal op landbou fokus in ‘n poging om stedelike voedselsekerheid te verbeter en skop volgende maand af. Larandja het meer.

Read More

Kommer oor onwettige dobbelary in Gauteng - June 25, 2025

Die Gautengse Dobbelraad waarsku teen die toenemende bedreiging van onwettige dobbelary in die provinsie. Die bedrywighede kan spelers geld laat verloor of hulle kan strafregtelik aangekla word. Dit sluit in ongelisensieerde aanlyn dobbelwebwerwe tot agterdeur-kasino’s en straatdobbelary. Die raad sê slegs gelisensieerde casino’s, aanlyn platforms en dobbellokale is wettig. Hy sê ongereguleerde plekke oortree belastingwette […]

Read More

Iran stel drie mans tereg wat glo vir Israel spioeneer - June 25, 2025

Iran het drie mans tereggestel weens beweerde samewerking met Israel se spioenasie-agentskap, Mossad. Hulle is daarvan beskuldig dat hulle toerusting vir ‘n beplande sluipmoord na Iran gesmokkel het. Die mans is tereggestel in Urmia in die noordweste, naby die Turkse grens. Iran het ook 700 mense in hegtenis geneem wat na bewering tydens die konflik […]

Read More

Barbarians-stryd sal toon aangee vir Bokke se seisoen - June 25, 2025

Rugby: Die Springbokke se hulpafrigter, Tony Brown, sê Saterdag se wedstryd teen die Barbarians is ‘n ideale toets vir die span wat die toon sal aangee vir die komende seisoen. Die wedstryd op die Kaapstad-stadion is die eerste ontmoeting tussen die Bokke en die BaaBaas sedert 2016. Brown sê aspekte van Suid-Afrika se speelstyl sal […]

Read More

Nog ‘n cholerageval op Opuwo, maar nie uitbreking - June 25, 2025

Die lynministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels na nog ‘n geval van cholera in Opuwo aangemeld is. Die seun, 13, se infeksie is nie verwant aan die ander bevestigde gevalle nie. Dit bring die totale gevalle op agt te staan met een pasiënt wat gesterf het. Walters Kamaya, die gesondheidministerie se woordvoerder het meer.

Read More

SA teken 74 000 werkverliese aan van Januarie tot Maart - June 25, 2025

Statistieke Suid-Afrika het tussen Januarie en Maart vanjaar ‘n daling van 74 000 werksgeleenthede in die formele sektor aangeteken, wat die totale indiensnemingsyfer op net meer as tien-miljoen te staan bring. Die grootste verliese was in handel en gemeenskapsdienste, met vervaardiging en konstruksie wat ‘n klein wins getoon het. Matlapane Masupye van Statistieke SA sê […]

Read More

Hittegolwe teister VSA, raak al hoe gevaarliker - June 25, 2025

Hittegolwe in Amerika raak al hoe gevaarliker weens klimaatverandering. Bykans 160-miljoen mense van die Midde-Weste tot die Ooskus moet aandag skenk aan waarskuwings oor hitte, terwyl waarskuwings oor uiterste hitte in sowat tien groot stede geld, insluitend Chicago, Boston, die stad New York en Detroit. Temperature kan oor die volgende paar dae in dele van […]

Read More

Gael Fickou voer onervare Hane aan op Nieu-Seeland-toer - June 25, 2025

Rugby: Gael Fickou sal kaptein wees van ‘n onervare Franse groep vir hul toer na Nieu-Seeland. Die heersende Sesnasieskampioen sal sonder ‘n aantal senior spelers moet klaarkom vir die drie toetswedstryde op 5, 12 and 19 Julie. Fickou het die span verlede naweek aangevoer vir hulle oorwinning oor Engeland in ‘n vriendskaplike wedstryd. Met 94 […]

Read More

Inklusiewiteit vir gestremdes uiters belangrik - June 25, 2025

Die Nasionale Raad vir Gestremdhede bied tans ‘n bewustheidsweek aan oor mense met gestremdhede. Die raad eis dat wetsontwerpe in die parlement aangeneem word wat die groep insluit. Sam Nujoma, die goewerneur van die Khomas-streek, het in sy toespraak gevra vir meer toeganklikheid vir gestremdes.

Read More