Swapo moet ophou om sy manifes op opposisie af te dwing - June 25, 2025

LPM-leier Bernadus Swartbooi sê die sentrale regering is nie die enigste regering nie, maar bestaan ook uit streek- en plaaslike owerhede, en moet dus samehangend funksioneer. Hy het Swapo ontmoedig om sy manifes op opposisiepartye, veral op plaaslike en streeksvlak, af te dwing.

Read More

Nuwe cholera-geval op Opuwo - June 25, 2025

‘n Nuwe geval van cholera is op Opuwo aangemeld, die een nie verwant aan die ander bevestigde gevalle nie. Dit bring die totale gevalle op agt te staan met een pasiënt wat gesterf het. Die 13-jarige seun is volgens die gesondheidsministerie stabiel. Een pasiënt is steeds in die hospitaal. Die lynministerie het vroeër bevestig die […]

Read More

Grossi wil Iran se fasiliteite inspekteur - June 25, 2025

Die hoof van die Verenigde Nasies se Internasionale Atoomenergie-agentskap, Rafael Grossi, sê die wapenstilstand tussen Iran en Israel sal hopelik die deur open vir hernieude samewerking oor Iran se kernprogram. Agentskapinspekteurs het dwarsdeur die konflik in Iran gebly. Grossi sê daar was uitgebreide skade by verskeie kernterreine in Iran, insluitend sy uraanomskakelings- en verrykingsfasiliteite. Hy […]

Read More

Skrywer C. Johan Bakkes sterf op 68 - June 25, 2025

Die bekende Suid-Afrikaanse skrywer C. Johan Bakkes is dood na ‘n lang stryd met kanker en verwante siekte. Hy was 68. Bakkes was die oudste kind van Cas en Margaret, albei bekende skrywers. Sy eerste van ses boeke, Moer toe in die vreemde in, was in 2001 gepubliseer met die laaste, Openbaring in 2016. Sy  […]

Read More

Olie styg effe vanoggend, maar is steeds laag  - June 25, 2025

Oliepryse het vanoggend effe gestyg na ‘n amper 6 persent daling Dinsdag. Op die oomblik verhandel dit net bo 68 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die onstuimigheid is veroorsaak deur die chaos in die Midde-Ooste. Brent is tans op die laagste vlak sedert 10 Junie nadat die tot ‘n hoogtepunt in vyf maande gestyg nadat die […]

Read More

BKS: DA sê alle regulasies moet nagekom word  - June 25, 2025

Die DA sê sterk toesig en fisiese beheermaatreëls is uiters belangrik in die stryd teen bek-en-klouseer. Alhoewel die party die Departement van Landbou se inentingsprogram verwelkom, waarsku hy dat entstowwe alleen nie die siekte sal keer nie. Willie Aucamp van die DA vra vir streng toepassing van die nuwe regulasies, insluitend vervoerbeperkings  en die opspoorbaarheid […]

Read More

Von der Leyen sê oorlog-dreigement is eg  - June 25, 2025

Die Navo-beraad is tans aan die gang in Den Haag in Nederland te midde van spanning in die Midde-Ooste. Daar word verwag dat lidlande, ingevolge president Donald Trump se opdrag, 5 persent besteding op verdediging sal goedkeur. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het die afgevaardigdes toegespreek en sê die dreigement […]

Read More

Andy Murray kry Wimbledon standbeeld  - June 25, 2025

Wimbledon gaan binne die volgende twee jaar ‘n standbeeld van die gewese wêreld-nommer een, Andy Murray, oprig. Hy het in 2013 na 77 jaar die eerste Brit geword om die mans-enkelspel te wen en die prestasie in 2017 herhaal. Voor hom was Fred Perry in 1936 laas die plaaslike kampioen, en is steeds die enigste […]

Read More

Mosie om Trump in staat van beskuldiging te plaas  - June 25, 2025

‘n Kongreslid van die Demokrate, Al Green, het ‘n mosie ingedien ten einde president Donald Trump in ‘n staat van beskuldiging te plaas en beskuldig hom van die misbruik van sy magte. Hy sê die president het die skeiding van magte geminag deur die Kongres te omseil en oorlog te verklaar, deur die Amerikaanse weermag […]

Read More

Varkbedryf se uitdagings is veelvuldig - June 25, 2025

Die Namibiese varkboerderybedryf het sedert Mei verlede jaar uitdagings ervaar en het in Mei vanjaar ’n 0,34 persent inkrimping op ‘n jaargrondslag getoon, met 4 383 varke wat plaaslik geslag is. Dit was egter ’n maand-tot-maand-toename van 3,47 persent vergeleke met die 4 236 varke wat in April geslag is. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More