Navorsing toon 22 Etosha-leeus per jaar, sedert 1980, buite park geskiet - June 25, 2025

Die jongste navorsing toon dat sedert 1980 is 22 Etosha-leeus jaarliks buite die nasionale park doodgeskiet met 70 persent van die diere wat op kommersiële plase geskiet is. Navorser Dipanjan Naha van die Amerikaanse Georgia-universiteit sê die redes hiervoor is veelvuldig, en sluit in omgewingsfaktore, klimaat en kultuur. Die hoogste voorkoms van die konflik kom […]

Read More

B2 tussen Usakos en Swakop draai in die parlement - June 25, 2025

Die opgradering van die pad tussen Usakos, Arandis en Swakopmund het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom. Die IPC se skadu-werkeminister Nelson Kalangula wou by werkeminister Veikko Nekundi weet wanneer die werk voltooi sal wees, en hoekom die pad nie uit die staanspoor ‘n dubbelbaan gemaak word nie. Dit sal koste bespaar, veral in […]

Read More

Pretoria-hof beveel regshulp vir Eugene de Kock - June 25, 2025

Die hoërhof in Pretoria het beslis die polisie moet regshulp aan die veroordeelde gewese polisie-kolonel, Eugene de Kock, beskikbaar stel, vir sy rol as getuie in die heropende geregtelike ondersoek na die Cradock Vier. Dit is daarop gemik om vas te stel wie die moord op die anti-apartheidsaktiviste in 1985 beveel het. De Kock se […]

Read More

Polisie ondersoek man wat kind hookah-pyp laat rook - June 25, 2025

Maatskaplike welsyn-minister Emma Kantema het ‘n video op sosiale media veroordeel waar ‘n man gesien word hoe hy ‘n jong meisie, vermoedelik sy dogtertjie, dwing om ‘n hookah-pyp te rook. Die polisie ondersoek twee klagte, van oortreding van die Wet op Kindersorg en Beskerming, asook van die Wet op die Beheer van Tabakprodukte. Die voorval […]

Read More

Ghana verwag verbeterde kakao-oes - June 25, 2025

Kakao-boere in Ghana, die wêreld se tweede grootste produsent, verwag ‘n groot oes in die komende 2025/2026 seisoen, weens verbeterde blom- en peulontwikkeling. Produksie het in vorige seisoene skerp gedaal weens onder meer siektes, klimaatsverandering en onwettige goudmynbou, wat kakao-aanplantings vernietig en opbrengste verminder het. Theophilus Tamakloe, ‘n kakao-boer en vise-president van ‘n nasionale boerevereniging, […]

Read More

Pentagon-intelligensie dui dat Iran se kernprogram nie uitgewis is nie - June 25, 2025

‘n Vroeë Amerikaanse intelligensie-assessering dui aan dat die Amerikaanse bomaanvalle op drie van Iran se kernfasiliteite nie die kernkomponente van Teheran se kernprogram vernietig het nie en dit waarskynlik slegs met maande vertraag het, berig CNN. Die nuusdiens het drie mense aangehaal wat oor die saak ingelig is sonder om hulle te identifiseer. Die assessering […]

Read More

86 Palestyne wat kos soek Dinsdag gedood - June 25, 2025

Israeliese magte het Dinsdag minstens 86 Palestyne in Gaza doodgemaak, waaronder 56 naby hulpverspreidingsentrums, volgens mediese bronne in hospitale. Die Verenigde Nasies waarsku ook dat kinders in Gaza van dors kan begin sterf indien Israel se meer as 100-dae brandstof-blokkade nie gelig word nie. Stéphane Dujarric, ‘n woordvoerder van die VN sekretaris-generaal, sê as brandstof […]

Read More

So kan boere na-oes skade aan grane stopsit - June 24, 2025

Namibiese boere sien hierdie seisoen uit na goeie graan-oeste, danksy normale tot bogemiddelde reënval regoor die land in die plantseisoen. Kleinboere het begin met die dors van stapelvoedselgrane soos mahangu, mielies en sorghum, terwyl hulle ook voorberei op opberging. Baie ly egter steeds na-oes verliese weens swak beplanning en onvoldoende opbergingspraktyke. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

DA prys Steenhuisen wat broodprys-verhoging verhoed - June 24, 2025

Die DA sê hy is trots op die oorwinning van die landbouminister, John Steenhuisen, wat die styging van die broodprys sal verhoed. Die party sê die minister het ‘n vorige reëling geïdentifiseer en beëindig waar ‘n verskaffer gemagtig word om gehalte-inspeksies van brood en graan by kleinhandelaars dwarsdeur die land te kan uitvoer. Willie Aucamp […]

Read More

Israel-Iran wapenstilstand weer van krag, sê Trump - June 24, 2025

Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê die wapenstilstand tussen Iran en Israel is weer van krag, kort nadat hy met kragwoorde teen albei lande uitgevaar het weens die verbreking van die wapenstilstand. Die 79-jarige Republikein, wat op pad was om ‘n Navo-beraad in Den Haag, Nederland, by te woon, het op sy Truth Social-mediaplatform verklaar […]

Read More