Vier nuwelinge vir Springbokke teen Barbarians - June 24, 2025

Rugby: Hoofafrigter Rassie Erasmus het vier nuwelinge ingesluit in die Springbokspan vir Saterdag se wedstryd teen die Barbarians in Kaapstad. Die stut Asenathi Ntlabakanye en die flank Vincent Tshituka is in die opdrafspan en die haker Marnus van der Merwe en die stut Neethling Fouché op die bank. Sacha Feinberg-Mngomezulu is nommer tien en Manie […]

Read More

Elektroniese ID’s baie goeie stap vir Namibië, sê kundige - June 24, 2025

Namibië se reis van digitale transformasie neem die komende week ‘n belangrike wending met die implementering van elektroniese identiteitsdokumente. ‘n Bewusmakingsveldtog oor e-ID’s skop die komende week in Windhoek af. Kosmos 94.1 Nuus het met Nrupesh Soni, ‘n digitale strateeg en data-ontleder gesels.

Read More

Botha bedank as Welwitschias hoofafrigter, De la Harpe kry nuwe rol - June 24, 2025

Die Namibiese Rugby-unie het aangekondig dat die hoof-afrigter van die nasionale mans-15 tal die Welwitschias, Chrysander Botha, uit die pos bedank het. Dit is weens toenemende professionele verpligtinge buite die sport. Die NRU sê hulle respekteer sy besluit en het Botha van harte bedank vir sy toewyding en waardevolle bedraes in sy tyd in die rol. […]

Read More

Ithete gaan met Nida vergader oor probleme, klagtes - June 24, 2025

Die probleme by die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida, het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom. Die AR-leier Job Amupanda wou by adjunk-eerste minister Natangue Ithete weet of hy bewus is van die vele klagtes oor Nida. Ithete het so geantwoord.

Read More

Groot skuld dalk nie Nsfaf se fout nie, vrae oor gratis hoër onderwys - June 24, 2025

Reaksie word ontvang op die nuus dat die Namibiese Studente-hulpfonds, Nsfaf, ‘n gekwalifiseerde ouditopinie by die ouditeur-generaal Junias Kandjeke ontvang het vir die 2023-24 boekjaar. Kandjeke het sy kommer uitgespreek oor standaard prosedures by die fonds wat nie goedgekeur is nie en gedateer is. Dit, ten spyte van die feit dat die fonds internasionale openbare […]

Read More

Mathe, Haihambo heraangestel as uitvoerende direkteure - June 24, 2025

Eerste Minister Elijah Ngurare het die heraanstelling van dr. Audrin Mathe en Sikongo Haihambo as uitvoerende direkteure in hul onderskeie ministeries goedgekeur. Dit volg op ‘n aanbeveling van die Staatsdienskommissie, en die aanstellings is in terme van die Staatsdienswet van 1995. Mathe is heraangestel as uitvoerende direkteur in die inligtingministerie op ‘n vyf-jaar vaste termyn-kontrak, […]

Read More

N$3,6 miljoen viool uit Londense kroeg gesteel - June 24, 2025

‘n Eeue-oue viool ter waarde van meer as 3,6-miljoen Namibiese dollar is uit ‘n Londense kroeg gesteel. Dit behoort aan ‘n lid van die Londense Filharmoniese Orkes. Die 30-jarige eienaar het die diefstal onmiddellik by die polisie aangemeld, maar die instrument is nog nie gevind nie. Die Britse polisie vra nou hulp om die viool […]

Read More

Verbod op SA mieliesaad opgehef - June 24, 2025

Die landbouministerie het die verbod op die invoer van mieliesaad uit Suid-Afrika opgehef. Dit is ingestel weens die opsporing van Goss se verwelking en opgedateerde fitosanitêre invoervereistes is nou in plek om die verspreiding voorkom. Lanbou-woordvoerder Simon Nghipandluwa, het meer.

Read More

AfriForum soek Zuma se bates - June 24, 2025

AfriForum beplan om lasbriewe te bekom om beslag te lê op oudpresident Jacob Zuma se bates weens sy versuim om meer as 500 000 Suid-Afrikaanse rand se regskostes te betaal. Die kostes hou verband met sy onregmatige mediese parooluitspraak in 2021. Slegs een betaling is ontvang, ondanks bevele van die Hooggeregshof in Pretoria, die Appèlhof […]

Read More

Superjag Bayesian na Sisiliaanse hawe vervoer - June 24, 2025

Die superjag Bayesian wat onder ‘n Britse vlag geseil en verlede Augustus naby Sisilië gesink het, het sy laaste rit na die Sisiliaanse hawe van Termini Imerese voltooi nadat herwinningspanne die jag die naweek uit die water gehaal het. Die Britse tegnologiemagnaat, Mike Lynch en ses ander passasiers is in die ongeluk dood. Britse ondersoekers […]

Read More