Slot gefrustreerd oor Liverpool se swakhede - October 20, 2025

Sokker: Liverpool se bestuurder, Arne Slot, is gefrustreerd oor sy span se swakhede, en sê hulle moet hul puntetelling en verdediging verbeter, veral in die vaste fasette. Die heersende Premierliga-kampioen het gister sy vierde agtereenvolgende nederlaag in alle kompetisies gely toe hy op Anfield 2-1 teen Manchester United verloor het. Liverpool het sedert Mei twee […]

Read More

Kom geniet Auas Hills aftreeoord se markdag! - October 20, 2025

Die Auas Hills aftreeoord hou ‘n markdag op 8 November om fondse in te samel vir senior burgers. Die dag beloof om heerlik te wees met talle stalletjies. Kosmos 94.1 Nuus het met Elsabe Steenkamp van die Auas Hills aftreeoord sosiale klub, gepraat.

Read More

Laaste kans vir Namibië vir Rugby Wêreldbeker 2027 - October 20, 2025

Namibië, België, Samoa en Paraguay is vir die finale kwalifiseringstoernooi vir die Rugby Wêreldbeker 2027 in Australië bevestig. Paraguay het Saterdag Brasilië geklop om hul plek in die finale kwalifiseringstoernooi te bespreek. Namibië, België en Samoa het uit streekskompetisies gekwalifiseer. Die toernooi sal van 8 tot 18 November in Dubai plaasvind, en is die laaste […]

Read More

ECN moenie publiek se vertroue skaad, sê kundige - October 20, 2025

Die Verkiesingskommissie het na die nominasie van kandidate op 16 Oktober, Donderdag, foutiewelik ‘n Swapo kandidaat aangestel by die Nkurenkuru kiesafdeling. Volgens hulle was daar net ‘n Swapo lid wat vir die kiesafdeling genomineer was. Die kommissie het in ‘n verklaring gesê daar gaan korrektiewe stappe geneem word om die saak volgens die wet reg […]

Read More

Betaal om staatsdiens-werk te kry? Dit mag nie, sê Ngurare - October 20, 2025

Die Staatsdienskommissie is besig met ‘n twee-dag bosberaad buite Windhoek om grootskaalse hervorming aan te spreek. Een van die hoofpunte is die werwing van staatsdiens-beamptes, waarin bewerings van korrupsie en stamgebondenheid al gemaak is. Die eerste minister se spesiale adviseur, Asser Ntinda, het namens hom in ‘n toespraak gesê die regering wil ’n staatsdiens hê wat […]

Read More

Aktivis veg teen klagte oor riool by kliëntedienssentrum - October 20, 2025

Twee sake is teen die aktivis Shaun Gariseb aanhangig gemaak nadat hy saam met ‘n groep ontevrede inwoners verlede Maandag menslike afval by die Stad Windhoek se kliëntedienssentrum in Katutura gestort het. Die aanklagte, wat Vrydag deur die Windhoek Stadspolisie gelê is, sluit in aanhitsing tot openbare geweld en openbare onsedelikheid. Gariseb, wat sowat 20 […]

Read More

JD Vance op pad na Israel ná skermutselings - October 20, 2025

Amerikaanse visepresident JD Vance is op pad na Israel om te verseker dat die tweede fase van die skietstilstand geïmplementeer word. Dit kom na skermutselings die naweek tussen Hamas en die IDF. Daar is reuse-uitdagings om vrede te bewaar, maar Vance sê die naweek se gebeure is te verwagte.

Read More

O&L verkoop aandele in Cleanergy Solutions - October 20, 2025

Die Ohlthaver en List Groep het aangekondig hy het sy aandele in Cleanergy Solutions Namibia verkoop aan H2InfraNV, ‘n filiaal van CMB.TECH wat die eienaars van die res van die aandele is. Die transaksie moet nog goedgekeur word deur die Namibiese Mededingingskommissie. Kosmos 94.1 Nuus het met Sven Thieme, die uitvoerende hoof van die O&L-groep, […]

Read More

Strafsaak teen Stellenbosch-munisipaliteit geopen oor natuurvernietiging - October 20, 2025

Die Kaapse Onafhanklikheidsparty het ʼn strafsaak teen die Stellenbosch-munisipaliteit geopen en beskuldig amptenare dat hulle onwettige ontwikkelings in die Botmaskop-natuurgebied goedkeur. Die party sê die munisipale bestuurder, Geraldine Mettler, het toegelaat dat paaie, rioolpyplyne en ander infrastruktuur op die beskermde grond opgerig word sonder wetlik-vereiste omgewingsgoedkeuring. Karl Bodin van die party sê Wes-Kaapse inwoners verdien […]

Read More

Amazon se wolkdienste wêreldwyd onderbreek - October 20, 2025

‘n Wêreldwye onderbreking het die Amerikaanse tegnologie-reus Amazon se wolkdienste vir ‘n aantal ure getref. Talle webwerwe en dienste is ontwrig, insluitend Amazon Prime, Perplexity, Fortnite, Alexa, Snapchat en Duolingo. Amazon se instandhoudingsmaatskappy sê die probleem is na sowat drie uur grootliks opgelos, met sommige dienste wat nog werk om die agterstand uit te wis. […]

Read More