NBC probeer NV-verslag oor staking ter syde te stel - June 24, 2025
Die nasionale uitsaaier, die NBC is in die hof vanoggend en vra regter Shafimana Ueitele om die verslag van die staande komitee op menslike hulpbronne oor die staking by die NBC, ter syde te stel. Die direkteur-generaal Stanley Similo sê die verslag is ongrondwetlik en neem nie die inligting wat die uitsaaier voorsien het in […]
Beleggings: Afrika suid van die Sahara suip aan agterspeen - June 24, 2025
Wêreldbank-navorsing toon dat Afrika suid van die Sahara slegs 5 persent van die wêreldwye buitelandse beleggingsinvloei tussen 2012 en 2023 ontvang het. Dit was die laagste onder ontwikkelende streke. Buitelandse beleggings, eens die sleutel tot groei in ontluikende markte, het gedaal tot ongeveer 2 persent van die BBP, af van 5 persent in 2008, wat […]
As skietstilstand hou, wen almal, ook markte - June 24, 2025
Brent ru-olie verhandel uiters wisselvallig vandag. Die kommoditeit het handel Maandag teen amper 80 Amerikaanse dollar ‘n vat geopen en vanoggend gedaal met die aankondiging van die skietstilstand tussen Israel en Iran. Daarna het dit weer begin styg. Die bekende ekonoom Dawie Klopper het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê as die skietstilstand hou, […]
Tot 20mm reën kan in Suide ontvang word - June 24, 2025
Die plaaslike weerkenner, George van der Merwe, sê met die groot kouestelsel wat môre namiddag in die land aankom, sal winde in aanloop sterker word met ‘n brandgevaar. Hy sê verder daar is ook ‘n goeie kans vir buie van tot 20mm vanaf Aus na Lüderitz en verder Suide. Van der Merwe het meer oor […]
Karas-boere sê Neckartal-skema moet op die been gebring word - June 24, 2025
Boere in die Karas-streek wil druk op die regering plaas om die groenskema by Neckartaldam te vestig. Die !Aman tradisionele owerheid sê die dam hou tans geen voordeel vir die streek in nie, al het dit miljarde gekos om te bou. Lede van die gemeenskappe wat hervestig is vir die konstruksie van die dam, sê […]
Dodetal in Oos-Kaap styg tot 95 - June 24, 2025
Die dodetal in die Oos-Kaapse oorstromings het tot 95 gestyg terwyl soek- en reddingsoperasies met behulp van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag voortduur. Ses-en-tagtig van die liggame wat gevind is, is deur families uitgeken en die proses om die res te identifiseer, gaan voort. Die provinsiale woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê regeringsinstellings en nieregeringsorganisasies se ondersteuning was […]
Mali en Rusland versterk samewerking, ook op kernkrag - June 24, 2025
Mali en Rusland het ooreenkomste onderteken om hul ekonomiese en handelsbetrekkinge te versterk, insluitend ‘n samewerkingsooreenkoms oor die vreedsame gebruik van kernenergie. Mali se tussentydse president Assimi Goïta het die Russiese president Vladimir Putin ontmoet tydens ‘n vyfdaagse amptelike besoek aan Moskou, wat Sondag begin het. Die twee leiers het ook ‘n ooreenkoms onderteken oor […]
‘Trump kan Oekraïne oorlog dan ook vinnig oplos’ - June 24, 2025
Die voormalige adjunk-opperbevelvoerder van Navo, die afgetrede generaal, sir Richard Shirreff, sê die aandag moet verskuif na die Oekraïne. In ‘n onderhoud met SkyNews sê Shirreff as president Donald Trump wonderbaarlik ‘n skietstilstand tussen Israel en Iran kan bewerkstellig, dan behoort hy sy aandag behoorlik te vestig op wat in die Oekraïne aangaan.
NaCC op streeksbesoek vandeesweek - June 24, 2025
Die Namibiese Mededingingskommissie sal van 26 tot 27 Junie inligtingsessies aanbied in Omaruru, Karibib en Usakos. Inligting oor die tye waarop die sessies sal plaasvind kan op die kommissie se Facebook-bladsy gevind word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dina Gowases, die kommissie se woordvoerder.
Lesotho kry Starlink - June 24, 2025
Lesotho het amptelik die 21ste Afrika-land geword wat toegang verkry het tot Starlink-satellietinternet, wat aan Elon Musk behoort. Die Lesotho-kommunikasie-owerheid het ‘n tien-jaar Netwerk-dienslisensie aan Starlink Lesotho toegestaan, om landswye hoëspoed-internettoegang moontlik te maak. Die stap is in ooreenstemming met Lesotho se digitale transformasie-agenda en het ten doel om afgeleë, onderbediende gebiede te verbind. Die […]