SAPD, onderwys rol veiligheidsprotokolle by skole uit, 28 moorde in 2023/24 - June 24, 2025
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en die Minister van Polisie, Senzo Mchunu, sal vandag die Veilige Skole-protokol in Kaapstad bekendstel. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê die protokol pak toenemende geweld aan, wat 28 moorde by skole in 2023/2024 insluit; bevorder samewerking tussen skole en die polisie; en betrek die burgerlike samelewing […]
Aussies word gewaarsku oor kontrakbreuk - June 24, 2025
Die Britse en Ierse Leeus het Australië gewaarsku teen kontrakbreuk deur nie internasionale sterre beskikbaar te stel vir al die toerwedstryde teen Super Rugbyspanne nie. Die toer bestaan uit drie toetse teen die Wallabies en ses ander kragmetings. Die Wallabies se hoofafrigter, Joe Schmidt, wil glo nie sommige van sy beste spelers toelaat om vir […]
Brent reageer op skietstilstand - June 24, 2025
Brent ru-olie verhandel tans rondom 68 Amerikaanse dollar ‘n vat, amper 9 persent laer as Maandag. Die kommoditeit het met amper 4 persent gedaal sedert Israel ingestem het tot die skietstilstand ooreenkoms soos verkondig deur president Donald Trump. Brent het die week se handel afgeskop rondom 80 dollar ‘n vat. Daar word verwag nog dalings […]
Vroeë waarskuwingstelsels kritiek vir Afrika - June 24, 2025
Die tweede Gesamentlike Forum oor Klimaatdienste en Ruimte vir Vroeë Waarskuwings in Afrika is in die hoofstad die gang. Dit word gehou met die tema Versnelde toegang tot Klimaat- en Weerdienste vir Veerkragtige Afrika-ekonomieë en Gemeenskappe. Die forum werp lig op die uitwerking van die ClimSA-program op klimaatgegronde beleid en besluitneming en sy bydraes tot […]
EU dreig oor toestande in Gaza - June 24, 2025
Die Europese Unie waarsku hy kan moontlik druk op Israel plaas indien die situasie vir Palestyne in Gaza nie verbeter nie. ʼn Hersiening van ʼn handels- en samewerkingsooreenkoms tussen Israel en die Europese Unie is verlede maand deur 17 EU-lidlande aangevra uit protes teen Israel se verbod op humanitêre hulp aan Gaza. Die EU se […]
Blitsbokke vat Afrika-beker - June 24, 2025
Die Springbok Sewes ‘A’-span is die Rugby Afrika Seweskampioen na ‘n oortuigende oorwinning van 26-12 oor Madagaskar in die eindstryd in Mauritius. Suid-Afrika het Groep B met Burkina Faso, Zambië en Nigerië oortuigend gewen. In die kwarteindronde het hulle die verdedigende kampioen, Uganda, 26-0 geklop voordat hulle ‘n moeisame oorwinning van 19-12 oor Zimbabwe beklink […]
Israel aanvaar skietstilstand - June 24, 2025
Internasionale nuusagentskappe sê Israel se premier Benjamin Netanyahu het aangekondig dat hy die skietstilstand ooreenkoms van president Donald Trump aanvaar en voeg by hy het sy doelwitte in Iran bereik. Dit kom na Iran ses vlae aanvalle vroeër op Israel uitgevoer het na die ooreenkoms in werking sou tree. Netanyahu sal later die land toespreek. […]
Xinfeng kry toestemming vir litium-uitvoere - June 24, 2025
Plaaslike media berig dat Xinfeng-myn by Uis die groenlig gekry het om 16 000 metrieke ton litium uit te voer en dat die eerste besendings reeds na Walvisbaai se hawe gestuur is. Xinfeng se bedrywighede is in November verlede jaar opgeskort nadat hy gevang met mynbedrywighede in plaas van die toegelate eksplorasie ingevolge die bepalings […]
Loteryraad: DA soek antwoorde - June 24, 2025
Die DA sal vandag in die Parlement die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau en die Nasionale Loterykommissie ondervrae, oor die omstrede toekenning van ‘n loterylisensie ter waarde van 60 miljard Suid-Afrikaanse rand aan Sizekhaya Holdings. Die lotery se wen-tenderaar is na bewering verbind met adjunkpresident Paul Mashatile se vertrouelinge en familielede. Die […]
NNN stel die waarde van kultuurbeskerming hoog op - June 24, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die bewaring van kultuur beskerm die nasionale identiteit en bemagtig die nasie. In ‘n toespraak wat namens haar deur justisieminister Fillemon Wise Immanuel by die Ehao kulturele skou gelewer is, het sy die geleentheid geprys vir die bevordering van beide kultuur en besighede, terwyl dit geleenthede skep. Minister Immanuel is aan […]