Net meer as 6,6 miljoen kubiek water uit damme benut  - June 24, 2025

Die land se damme vertoon steeds goed met bronne vir die sentrale gebied op 81,2 persent. Swakoppoort is amper 95 persent vol met Von Bach op 86,4. Omatako, waar oordragte na Von Bach gedoen is, het 56 persent water. Daar is 615 000 kubieke meter water uit die damme in die afgelope week gepomp. In […]

Read More

Kragopwekking op vasteland is bemoedigend  - June 24, 2025

Die Internasionale Finansiële Korporasie sê die vordering met kragopwekking in Afrika is bemoedigend. Altesaam 26-gigawatt hernubare energie is die afgelope tien jaar op die vasteland bygevoeg. Die korporasie steun Suid-Afrika se hervormings om die energiesektor vir meer beleggings oop te stel. Die liggaam se streeksnywerheids-direkteur, Sarvesh Suri, sê hulle werk saam met die Nasionale Tesourie, […]

Read More

Trump stel steeds belang in diplomasie met Iran  - June 24, 2025

Die Withuis sê president Donald Trump het bloot ‘n vraag gevra toe hy voorgestel het dat daar ‘n regeringsverandering in Iran moet wees. In ‘n sosialemedia-plasing Sondag, het Trump geskryf as die huidige Iranse regime nie in staat is om Iran weer groot te maak nie, waarom sou daar nie ‘n verandering wees nie. Die […]

Read More

Oklahoma City Thunder vat NBA-kampieonskap  - June 24, 2025

Die Oklahoma City Thunder is die 2024-2025 NBA-kampioene nadat hulle die Indiana Pacers 103-91 in wedstryd 7 van die NBA-eindstryd in Oklahoma verslaan het. Dit is die franchise se eerste titeloorwinning sedert hulle in 2008 van Seattle na Oklahoma City verhuis het. Die NBA se mees waardevolle speler van die eindstryd, die 26-jarige Kanadees, Shai […]

Read More

Bewaringsprogram by skole uitgerol  - June 24, 2025

Die onderwysministerie gebruik ‘n Edu-bewaringsbeleid-impak wat deur die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling in Namibië bestuur word. Dit is ‘n pan-Afrika bewaringsprogram om die bewaringsboodskap in skole te versprei. Die instituut het ook ‘n gereedskapstel vir onderwysers saamgestel om die program suksesvol te implementeer. Die instituut se direkteur, dr. Patrick Simalumba, het by ‘n regeringsinligtingsessie […]

Read More

Brandstofprys sal waarskynlik styg - June 24, 2025

Wêreld-oliepryse het in Junie gestyg as gevolg van die toenemende konflik in die Midde-Ooste. In onlangse weke het veral die koste van diesel raffinering skerp gestyg. Gevolglik sal Namibië waarskynlik onderverhalings in plaaslike brandstofpryse vir Julie in die gesig staar, wat beteken ‘n moontlike styging in brandstofpryse. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus ekonoom Robert […]

Read More

Groot mielieoes plaas druk op meulenaars - June 24, 2025

Akkerbouers is optimisties oor die komende oesseisoen met ‘n verwagte nasionale mielieoes van sowat 71 000 ton, meer as dubbel soveel as verlede jaar, en ‘n produsenteprys van meer as 6 800 Namibiese dollar per ton. Terselfdertyd word groot koringaanplantings op die Hardapskema voorsien nadat dié dam genoeg water gekry het met ‘n stewige stand […]

Read More

Brandseisoen is hier, maak so op jou grond - June 24, 2025

Die droë wintermaande is tradisioneel ‘n tyd wanneer veldbrande gereeld voorkom. Kundiges waarsku al lank dat hierdie brand-seisoen baie skade kan aanrig, weens die welige veld na die somer se goeie reënval. Die groot vuur wat tussen Khorixas en Sorris Sorris woed het volgens berigte gistermiddag reeds meer as 3 000 hektaar weiding afgebrand en […]

Read More

Olie daal, heen en weer aanvalle te midde van Trump se skietstilstand - June 24, 2025

Oliepryse het effe gedaal na president Donald Trump op sosiale media gesê het ‘n skietstilstand ooreenkoms, in fases van 12 ure, is bereik tussen Iran en Israel. Iran se buitelandse sake minister Abbas Araghchi het ontken dat daar ‘n ooreenkoms is maar, het vyandighede om vier-uur Teheran-tyd gestaak. Kort daarna is verskeie teikens in Israel […]

Read More

Meer as N$2 miljard belê in groenwaterstof - June 24, 2025

Die groenwaterstofsektor het in die eerste kwartaal van 2025 beleggings van 2,08 miljard Namibiese dollar gelok, wat ‘n groeiende aantal projekte ondersteun wat deel vorm van die land se groenindustrialisasie pogings. Volgens James Mnyupe, die groenwaterstof-kommissaris en hoof van die Namibië Groenwaterstof-program, het die sektor meer as 800 werke geskep en byna 170 miljoen dollar […]

Read More