Grondwetlike hersieningskomitee kyk nog na onteiening sonder vergoeding - June 24, 2025
Die Gesamentlike Grondwetlike Hersieningskomitee het ‘n voorstel verwerp om Swahili ‘n amptelike taal te maak, en sê dis ‘n beleidsaangeleentheid en nie ‘n grondwetlike wysiging nie. Die voorstel om alle Hoofstuk 9-instellings in een liggaam saam te smelt, is ook verwerp. Die komitee het bevind hierdie nalatenskapvoorstelle uit 2023 val buite die komitee se grondwetlike […]
Volksmoord-gevaar uiters hoog in Soedan - June 24, 2025
Die gevaar van volksmoord in Soedan se verwoestende burgeroorlog is “baie hoog”, sê die Verenigde Nasies, te midde van die paramilitêre Rapid Support Forces se voortdurende etnies gemotiveerde aanvalle. ‘n Magstryd woed vanaf April 2023 tussen weermaghoof, Abdel Fattah al-Burhan, en die RSF se bevelvoerder, Mohamed Hamdan Daglo. Die VN-hoof Antonio Guterres se ondersekretaris-generaal en […]
Iran teiken VSA-basis in Katar, Trump kondig skietstilstand aan - June 24, 2025
Iran het Maandagaand missiele gelanseer na Amerika se Al Udeid lugmagbasis naby Doha in Katar. Iran sê dit was in weerwraak vir Amerika se aanvalle op sy kern-fasiliteite. Dit is nie duidelik of enige van die missiele die basis getref het nie. Die regering van Katar sê niemand is gewond of dood nie, en dat […]
Kauandenge se Asoli brei uit, het oog op verkiesings - June 23, 2025
Josef Kauandenge het onlangs die Vereniging vir Plaaslike Belange, bekend as Asoli, bekend gestel. Hy wil deelneem aan die plaaslike owerheidsverkiesings later vanjaar en sou eers net in Windhoek deelgeneem het maar, dit wil voorkom as Asoli uitgebrei het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Kauandenge oor die jongste.
Nog 10 SANW-soldate in hegtenis oor moord op Valke-offisier - June 23, 2025
Nog tien lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n offisier van die Valke, Frans Mathipa. Altesaam 12 mense is nou aangekeer. Die betrokke tien lede het hulself oorgegee aan die Valke in Johannesburg en sal binnekort in die Landdroshof in Randburg verskyn. Mathipa is in […]
Putin sê Rusland wend pogings aan om Iran te ondersteun - June 23, 2025
Rusland se president, Vladimir Putin, het die aanvalle op Iran beskryf as sonder aanleiding en ongeregverdig tydens ‘n vergadering met Teheran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi. Moskou is ‘n uiters belangrike ondersteuner van Iran, maar het nie daadwerklik steun aan die land gebied nie, selfs nadat Amerika aanvalle geloods het op Iran se […]
All Black-groep het 5 nuwelinge vir Hane-toetsreeks - June 23, 2025
Rugby: Die All Blacks se afrigter, Scott Robertson, het vyf nuwelinge ingesluit by sy groep van 33 vir volgende maand se drie tuistoetse teen Frankryk, met Scott Barrett wat terug is as kaptein. Die nuwelinge is Brodie McAlister, Ollie Norris, Fabian Holland, Du’Plessis Kirifi en Timoci Tavatavanawai. Samisoni Taukei’aho en Quinn Tupaea, wat onderskeidelik in […]
Nanso sê minerale moet betaal vir gratis hoër onderwys - June 23, 2025
Adjunk-onderwysminister Dino Ballotti het die publiek verseker dat die beplande gratis tersiêre onderwys by staatsinstellings nie studente wat by private instellings ingeskryf is, sal benadeel nie. Hy het gepraat by die opening van die nasionale taakmag oor gratis onderwys in tersiêre instellings se eerste vergadering. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jessy Abraham, woordvoerder van […]
Afro Stars wen eerste Basketball Excellence-beker - June 23, 2025
Afro Stars is as die kampioene van die eerste Basketball Excellence-beker toernooi gekroon, aangebied deur Pro Youth Foundation in samewerking met die Amerikaanse ambassade in Namibië om die jeug deur basketbal op te hef. Die uitklopkompetisie, wat by die Augustineum Sekondêre Skool in Windhoek se basketbalbane gehou is, het uit ses plaaslike basketbalspanne bestaan. Afro […]
Andrada se Uis-mynbedrywighede wil dorp tot gloriedae herstel - June 23, 2025
Volgens die Kamer van Mynwese gaan produksie by die Uis Andrada-myne suksesvol voort. Tans produseer die Uis-myn jaarliks ongeveer 1 000 ton tinkonsentraat. Die maatskappy berei voor om dit tot 1 600 ton per jaar te verhoog. Tydens die regering se inligtingsessie het dr. Mupenzeni Ntelamo, die hoofstreeksbeampte van die Erongo-streek, gepraat oor hoe hulle […]