Hulp nodig by Khorixas veldbrand, 3 000ha veld reeds verwoes - June 23, 2025
‘n Beroep word gedoen vir enige vorm van hulp om die reuse-vuur tussen Khorixas en Sorris Sorris, in die rigting van Uis, te help beheer of blus. Daar is volgens plasings op sosiale media reeds meer as 3 000 hektaar welige veld vernietig en daar waai ook ‘n sterk wind. Daar is glo min brandslaners […]
Old Mutual gee toon aan met nuwe beleggingsfonds - June 23, 2025
Old Mutual Investment Group Namibia het die Worldwide Equity Unit Trust Fund bekend gestel, ‘n nuwe beleggingsproduk wat blootstelling aan wêreldmarkte bied. Die fonds gebruik die MSCI se wêreld-indeks vir alle lande as maatstaf. Die MSCI sluit meer as 2 500 genoteerde maatskappye in 47 ontwikkelde en ontluikende lande in. Volgens Martin Schurz, ‘n portefeuljebestuurder […]
Goudmyne voldoen aan plaaslike eienaarskap, wys oudit - June 23, 2025
‘n Oudit van die plaaslike mynbousektor het bevestig dat drie van die land se belangrikste goudmyne, die Navachab goudmyn, B2Gold Namibia en Osino Resources, voldoen aan die plaaslike vereistes vir eienaarskap wat in die Mineralewet van 1992 uiteengesit is. Die oudit deur die kantoor van die ouditeur-generaal het spesifiek nakoming van ‘n artikel van die […]
Anirep kry terrein, omgewingsklaring vir 100MW sonkragaanleg - June 23, 2025
Die hernubare-energie maatskappy Anirep se planne om ‘n 100 megawatt-sonkragaanleg naby die Kokerboom-substasie in Keetmanshoop te ontwikkel gaan voort. Die maatskappy sê dat dit ‘n terrein van 250 hektaar vir die projek verkry het en ook ‘n omgewingsklaring-sertifikaat verwerf het. Anirep se besturende direkteur, Iyaloo Ya Nangolo, sê die beplande aanleg sal krag direk aan […]
SA ‘senuagtig’ oor VSA in Israel-Iran konflik - June 23, 2025
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is senuweeagtig oor die VSA se toetrede tot die Israel-Iran-oorlog. Amerika het oor die naweek drie belangrike kernfasiliteite in Iran aangeval. Die operasie het 125 Amerikaanse militêre vliegtuie betrek, insluitend sewe B-2-Stealth-bomwerpers. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika het gehoop president Donald Trump gebruik sy invloed om die partye […]
Spuitnaald-stekers teiken feesgangers in Frankryk - June 23, 2025
Die Franse polisie hou 12 verdagtes aan nadat 145 mense die naweek tydens die land se jaarlikse straatmusiek-fees met spuitnaalde gesteek is. Miljoene mense het Saterdagaand die strate ingevaar vir die Fête de la Musique, met die owerhede wat sê ongekende skares was in Parys. Die feministiese beïnvloeder Abrège Soeur het voor die fees aanlyn […]
Keegan Bradley sê hy speel beste gholf van sy loopbaan - June 23, 2025
Gholf: Die Amerikaner Keegan Bradley reken hy speel tans die beste gholf van sy loopbaan. Die kaptein van die Amerikaanse Ryder-bekerspan het die Travellers-kampioenskap met 15 onder baansyfer gewen. Tommy Fleetwood van Engeland en die Amerikaner Russell Henley was saam tweede op 14 onder, gevolg deur die Australiër Jason Day en Harris English van Amerika […]
Nog geen diagnose vir kameelperdvrektes - June 23, 2025
‘n Groot aantal siek kameelperde sowel as vrektes oor ‘n groot deel van die land word sedert middel April aangemeld, van Okahandja tot in Etosha. Die diere lyk onder andere lusteloos, hulle ore hang, reageer nie op voertuie of mense nie, het afskeidings om die oë en sommige kom blind voor, het oormatige speeksel om […]
Banke loop deur oor ‘apartheidstaktiek’ weens huisterugneem-krisis - June 23, 2025
Die president van die Lungelo Lethu-menseregtestigting, Nkululeko Xhelithole, sê Suid-Afrikaanse banke funksioneer steeds volgens apartheidstelsels te midde van ‘n krisis met die terugneem van huise. Hy vergelyk dit met gedwonge uitsettings en kritiseer banke dat hulle grondwetlike behuisingsregte ignoreer. Dit volg nadat die Hooggeregshof Standard Bank berispe het omdat hy die huis van Zwelinzima Vavi […]
Amerika se VN-ambassadeur waarsku Iran teen aanvalle - June 23, 2025
Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Dorothy Shea, waarsku dat enige Iranse aanval op Amerikaanse burgers of basisse verwoestende gevolge sal ontlok. Spanning in die Midde-Ooste het die naweek skerp toegeneem nadat Amerika drie Iranse kernaanlegte aangeval het. Shea het aan die VN-veiligheidsraad gesê die Iranse regering is die afgelope 40 jaar ʼn konstante […]