How to Train Your Dragon steeds nr. 1 in Amerika - June 23, 2025
Universal se nuwe weergawe van How to Train Your Dragon is die tweede naweek nommer een by Noord-Amerikaanse loket. Sony se zombie-riller, 28 Years Later met Jodie Comer en Ralph Fiennes in die hoofrolle, het sy debuut op nommer twee gemaak met Disney en Pixar se intergalaktiese avontuurfliek, Elio, in die derde plek. Die Disney-fliek […]
NamPol meld twee moorde oor die naweek aan - June 23, 2025
‘n Veiligheidswag het op Tsumeb na bewering ‘n 46-jarige man met ‘n haelgeweer geskiet. Die oorledene was glo saam met twee ander mans op ‘n perseel waar die wag aan diens was om goedere te kom haal wat agtergelaat is toe daar Donderdag op die toneel ingebreek is. Die twee mans het op vlug geslaan. […]
SA moet mededinging verskerp - June 23, 2025
Die DA doen ʼn beroep op die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om die nodige wetgewende en regulatoriese hervormings te bespoedig om Suid-Afrika se geskiedkundige gebrek aan mededinging dringend te hanteer. Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling se jongste verslag oor Suid-Afrika het bevind dié land het die meeste beperkings van alle lande […]
Strafhof ondersoek Wagner vir oorlogsmisdade - June 23, 2025
Die Wagner-groep, ‘n huursoldaatnetwerk met bande met Rusland, word ondersoek terwyl die Internasionale Strafhof vertroulike verslae hersien wat hulle daarvan beskuldig dat hulle oorlogsmisdade in Wes-Afrika gepleeg het. Dit is die eerste keer dat die hof ondersoek of die deel van grafiese beelde van gruweldade op sosiale media, veral in Mali, self as ‘n oorlogsmisdaad […]
Danon sê Trump het bestaanskrisis afgeweer - June 23, 2025
Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Danny Danon, beweer Iran se kernprogram is nie bedoel vir energie nie, maar vir dood en verwoesting. Dit ten spyte van Teheran se volgehoue versekering dat hy nie ʼn kernbom bou nie. Danon het Sondag tydens ʼn noodvergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad in New York gesê […]
Ons gaan baie koud kry - June 23, 2025
‘n Baie sterk koue front word vanaf Woensdag verwag met kanse op ligte reënval in die suidelike streke, en dalk selfs sneeu. Temperature sal na verwagting skerp daal, tot onder vriespunt. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan van den Berg, weerkenner van Suid Afrika gesels wat meer inligting gee.
Karan, bek-en-klou, en Namibië se speenkalfprodusente - June 23, 2025
Die Namibiese Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad waarsku boere om versigtig te wees in verband met bek-en-klouseer-uitbrekings in Suid-Afrika. Karan Beef het bevestig dat drie van hul voerkrale – in Heidelberg, Nigel en Albert Falls – geraak is. Alle speenkalf-aankope uit Namibië is opgeskort. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Wallie Roux gepraat, wat […]
Orano vorder met Trekkopje hervatting - June 23, 2025
Die Franse mynmaatskappy Orano Mining Namibia vorder met planne wat kan lei tot die moontlike herbegin van sy Trekkopje-uraanprojek, wat sedert 2013 onder sorg en onderhoud is. Die proses om sy bestaande omgewingsklaringsertifikaat te wysig het begin. Die wysiging sal Orano toelaat om die verwerkingsaanleg te voltooi en addisionele infrastruktuur by die myn te bou. […]
Ons bou meer tronke, basisse en howe as skole en hospitale - June 23, 2025
Ten spyte van ‘n 51 persent verhoging tot amper 4,3 miljard Namibiese dollar vir openbare konstruksie, het die regering weereens meer geld toegeken vir die konstruksie van weermagbasisse, polisiestasies, gevangenes en howe as vir skole en hospitale. Die sekuriteitskluster het net meer as 974 miljoen dollar ontvang terwyl onderwys 953 miljoen dollar ontvang het en […]
Iran: Kenner sê wat GRN moet doen - June 23, 2025
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het Amerika se aanvalle op kernfasiliteite van Iran Sondag as uiters kommerwekkend beskryf en ‘n beroep op lidlande gedoen om die situasie te de-eskaleer. Bondgenote van Iran het Sondag hul steun aan Iran bevestig en Amerika se aanvalle veroordeel. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder, […]