Jongmense moet transformasie lei – Swartbooi - June 23, 2025
Tydens die LPM Jeugbevel-geleentheid in Keetmanshoop het partyleier Bernadus Swartbooi jongmense aangespoor om maatskaplike verandering te lei. Hy het die jeug aangemoedig om toegewyd te bly ten spyte van uitdagings.
Mashatile se skoonsuster by loterylisensie betrek - June 23, 2025
Die adjunkpresident, Paul Mashatile, se skoonsuster word verbind met Sizekhaya Holdings, wat die lisensie ontvang het om Suid-Afrika se nasionale lotery vir agt jaar te bedryf. Volgens die amaBhungane-sentrum vir ondersoekende joernalistiek is Khumo Bogatsu ‘n mede-eienaar en mede-bestuurder van Bellamont Gaming, een van Sizekhaya se aandeelhouers. Die maatskappy ontken dat daar politieke inmenging by […]
Klimaatsverandering peuter met diere-eienskappe - June 23, 2025
ʼn Nuwe studie het bevind die uitwerking van klimaatsverandering op diere-eienskappe kan baie vroeër begin as wat wetenskaplikes vermoed het. Navorsers wat op 87 naaldekokerspesies gefokus het, het bevind onderwatertoestande tydens hulle jong fase beïnvloed hulle volwasse eienskappe meer as latere fases op land. Die hoofskrywer en biologienavorser by die McGill-universiteit, professor Lars Iversen, sê […]
NTTA-kampioene sê oorwinning beteken baie - June 23, 2025
Die Namibiese Tafeltennisvereniging het sy Nasionale Senior Ope Kampioenskappe gedurende die naweek by Wanderers aangebied, ‘n belangrike geleentheid voor die komende Streek 5 Jeugspele. Die Suid-Afrikaanse sterre Keenan Jooste en Jodie Galant het die kollig gesteel, wat die dubbelspeltitel op oorheersende wyse verower het. Kosmos 94.1 Nuus het met Jooste gesels.
Sewe goewerneurs op hete kole - June 23, 2025
Goewerneurs wie se termyne verstryk het en ‘n tien-dag verlenging tot 30 Junie ontvang het, is op hete kole. Ohangwena se Sebastian Ndeitunga, Omusati se Erginus Endjala, Elia Irimari van Oshana, Erongo se Neville Andre, Pijoo Nganate van Omaheke, Aletha Frederik van Karas en Lawrence Sampofu van Zambezi se termyne is almal tot die einde […]
DA boos oor planne om Gauteng voedselbank te sentraliseer - June 23, 2025
Die DA in Gauteng sê hulle verwerp die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se plan om voedselbanke te sentraliseer deur die verspreiding van voedselpakkies van 288 organisasies sonder winsbejag en vyf streeksvoedselbanke na ‘n sentrale voedselbank te verskuif. Refiloe Nt’sekhe van die DA sê die plan om ‘n sentrale voedselbank te stig, volg nadat die departement […]
DRK verleng verbod op kobaltuitvoere - June 23, 2025
Die Demokratiese Republiek van die Kongo het ‘n verbod op die uitvoer van kobalt met drie maande verleng. Die verbod is bedoel om die ooraanbod daarvan te beperk. Die wêreld se grootste kobaltverskaffer het in Februarie ‘n vier maande lange skorsing op uitvoere ingestel nadat pryse ‘n negejaar-laagtepunt van slegs 10 Amerikaanse dollar per pond […]
Iran sê VN moet ingryp - June 23, 2025
Iran se Ministerie van Buitelandse Sake waarsku Israel en Amerika se aanvalle laat die Midde-Ooste in ʼn gevaarlike posisie. Amerika beweer hy het Iran se kernprogram vernietig nadat hy die naweek drie terreine aangeval het. Die ministerie vra dat die Verenigde Nasies, die VN-Veiligheidsraad en ander liggame soos die Internasionale Atoomenergie-agentskap ingryp. Die woordvoerder van […]
Kandjeke onbeïndruk met Nsfaf - June 23, 2025
Die Namibiese Studente –hulpfonds, Nsfaf het ‘n gekwalifiseerde ouditopinie by die ouditeur-generaal Junias Kandjeke ontvang vir die 2023-24 boekjaar. Kandjeke het sy kommer uitgespreek oor standaard prosedures by die fonds wat nie goedgekeur is nie en gedateer is. Dit, ten spyte van die feit dat die fonds internasionale openbare sektor rekeningkundige standaarde aangeneem het. Hy […]
LLPB sê oor veebrandmerk-registrasies - June 23, 2025
Sedert Julie 2023 werk die direktoraat veeartsenydienste en die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad daaraan om produsente-inligting in NamLITS op te dateer weens baie onaktiewe veebrandmerke Die finale sperdatum vir verifikasie was 25 April vanjaar en ongeverifieerde brandmerke word nou gedeaktiveer. Die raad sê indien ‘n brandmerk verkeerdelik gedeaktiveer is, moet produsente kontak maak. Kosmos 94.1 […]