ActionSA wil plaaslike regering herstel - June 23, 2025

ActionSA sê hulle gaan vandag ‘n intensiewe landwye veldtog in Alexandra, Johannesburg, bekendstel, vir die herstel van plaaslike regering in Suid-Afrika. Die party sê die bekendstelling sal plaasvind in ‘n gemeenskap wat, soos baie ander regoor Suid-Afrika, verwaarloos en agtergelaat is. Zwelithini Mtshali van ActionSA sê in die komende maande sal hulle dié veldtog regstreeks […]

Read More

Starmer sê Iran moet weer onderhandel - June 23, 2025

Brittanje se eerste minister het Iran versoek om terug te keer na die onderhandelingstafel nadat Amerika sy kernfasiliteite aangeval het. Keir Starmer sê in ‘n plasing op X Iran se kernprogram is ‘n “ernstige bedreiging vir internasionale veiligheid”. Hy het Iran versoek om opnuut te onderhandel en ‘n diplomatieke oplossing te bereik om die krisis […]

Read More

Vermeende ‘dagga-boere’ van Okahandja vra vandag vir borg - June 23, 2025

Die 27-jarige Armand Schultz en ‘n 42-jarige Suid-Afrikaner, David van der Linden sal vandag ‘n formele borgaansoek in die Okahandja landdroshof bring na hulle eerste verskyning einde Mei. Dit kom na ‘n daggaplantasie op ‘n plaas naby Hochfeld ontdek is. Hulle is aangekla van handeldryf in afhanklikheidsvormende stowwe en die besit van dwelmproduserende stowwe. Staatsaanklaer […]

Read More

So ervaar Namibiërs openbare gesondheid - June 23, 2025

Cirrus het onlangs ‘n opname gedoen om te bepaal hoe Namibiërs gesondheidsorg in die land beskou. ‘n Oorweldigende meerderheid van die respondente in die noordelike streke was meestal ontevrede en sê dat die openbare fasiliteite swak is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald, wat meer oor die bevindinge vertel.

Read More

SA onder 40 lande wat minste vreedsaamheid ervaar - June 23, 2025

Suid-Afrika is onder die 40 lande ter wêreld wat die minste vreedsaamheid ervaar, en is 124ste uit 163 nasies op die 2025 Wêreldwye Vredesindeks. TimesLive berig die internasionale vredesindeks se jongste verslag dui aan toenemende geweld, politieke onbestendigheid en konflik veroorsaak sedert 2007 die grootste daling in wêreldvrede. Suid-Afrika het effens gestyg vanaf verlede jaar, […]

Read More

Guterres vra vir einde aan geweld en onderhandeling in die Midde-Ooste - June 23, 2025

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die Amerikaanse aanval op Iranse kernfasiliteite dui op ‘n gevaarlike wending in die Midde-Ooste, ‘n streek wat nie nog ‘n siklus van vernietiging kan deurstaan nie. Guterres het ‘n beroep gedoen op ‘n staking van gevegte en ‘n terugkeer na ernstige, volgehoue onderhandelinge oor die Iranse […]

Read More

Geskil oor kostes in Job se rooilynsaak  - June 23, 2025

‘n Verhoor sal vandag gehou word rakende die kostes wat Job Amupanda moet betaal na hy die rooilynsaak verloor het. Die respondente het aansoek gedoen vir ‘n beslagleggings bevel vir kostes van meer as 374 000 Namibiese dollar maar ‘n geskil is nou verklaar. Die registrateur van kostes, Tanita van der Merwe sal vanoggend om […]

Read More

Vyf oor die naweek dood in ongelukke  - June 23, 2025

Minstens vyf mense is die afgelope naweek in padongelukke in Namibië dood. Twee mans en ‘n vrou is dood ná die bestuurder van ‘n nutsvoertuig Saterdagmiddag ‘n trok op die pad naby Seeis wou verbysteek en in ‘n botsing met ‘n aankomende sedanmotor betrokke was. Op die Guinas-grondpad in die Oshikoto-streek is ‘n man Vrydagaand […]

Read More

Sadou sê skoolbeheerliggame moet toepassing van Bela-wetregulasies eis  - June 23, 2025

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het weer vir sy lede in skoolbeheerliggame landswyd gevra om die onwettige riglyne vir die instelling van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette te ignoreer. Dit volg nadat die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, riglyne oor skooltale en toelatings vrygestel het. Sadou se woordvoerder, Nomusa Cembi, sê skoolbeheerliggame moet die toepassing […]

Read More

Iranse gesant by VN veroordeel aanvalle  - June 23, 2025

Iran se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Amir Saeid Iravani, beskuldig Amerika dat hy kies om sy eie veiligheid roekeloos op te offer om Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, te beskerm. Amerika het die naweek Iranse kernaanlegte aangeval en Teheran het gewaarsku die gevolge gaan onherstelbaar wees. Iravani het tydens ʼn noodvergadering van die […]

Read More