Goewerneur bepleit veilige ruimtes vir seuns  - June 23, 2025

Die goewerneur van Oshikoto, Sacky Kathindi, het ‘n beroep gedoen op veilige ruimtes waar seuns en mans kan praat en gehoor kan word. Hy het tydens die bekendstelling van die #EndGBVNamibia-veldtog in Omuthiya die noodsaaklikheid beklemtoon om seuns te leer dat ware krag lê in die soeke na hulp en die toon van respek. Hy […]

Read More

Iran sluit Straat van Hormuz, oliepryse skiet op - June 23, 2025

Iran se parlement het Sondag in beginsel besluit om die Straat van Hormuz, die vernaamste uitvoerroete vir olieprousente, te sluit ná Amerika kernfasiliteite in dié land aangeval het. Brent het op 80 Amerikaanse dollar ‘n vat handel geopen en verhandel tans net bo 78 dollar . Afhangende van hoe die situasie in die Midde-Ooste in […]

Read More

Reuse veldbrand naby Khorixas - June 23, 2025

‘n Groot vuur brand tans tussen Khorixas en Sorris Sorris, rigting Uis. Volgens die jongste, wat laat Sondagaand deurgegee is, het die brand oor meer as tien hektaar gewoed. Daar was teen daardie tyd nie veel hulp nie met ses brandbestryders wat ontplooi was en nog hulp wat ontbied is. Die brand is duidelik sigbaar op […]

Read More

IPC eis deursigtigheid na N$2m se reistoelae - June 23, 2025

Namibiese amptenare se reistoelaes is weer onder skoot. Omgewingsminister Indileni Daniel het belowe om ondersoek in te stel na lede van die Namibiese Toerismeraad wat 2 miljoen Namibiese dollar in net vyf maande geëis het, ondanks swak instandhouding van kampe soos Namutoni. Sy het gereageer op ‘n vraag van die IPC-parlementslid Rodrick Likando oor die […]

Read More

NamWater loop weer deur in Erongo - June 23, 2025

NamWater het die soveelste voorval van vandalisme aan sy infrastruktuur aan die kus aangemeld. Die jongste voorval het Vrydagnag die hoofkraglyn by Ruby geteiken, wat elektrisiteit aan die Swartbank- en Rooibank-boorgate verskaf. As gevolg hiervan het NamWater ‘n onmiddellike verlies van 650 m³/uur aan watervoorsiening van hierdie boorgate gely. Die polisie en Erongo RED het […]

Read More

Talle inbrake, diefstal gevalle aangemeld - June 23, 2025

Inbrake en diefstal het misdaad die afgelope naweek oorheers met minstens sewe voorvalle wat by die polisie aangemeld is. ‘n Gewapende roof het Vrydagoggend op Karibib plaasgevind toe vier mans, gewapen met pistole en messe, by ‘n huis ingebreek het. Hulle het die inwoners vasgebind en van hul besittings beroof. Op Ongwediva is by ‘n […]

Read More

DA slaag in 98% van sy landbou-teikens in Wes-Kaap - June 23, 2025

Die DA in die Wes-Kaap sê die provinsiale Departement van Landbou het 98-persent van sy jaarlikse prestasieteikens vir die 2024/2025-boekjaar bereik. Die party sê die indrukwekkende resultaat is ‘n bewys dat die departement sy mandaat nakom om boere en die landbousektor te ondersteun. Noko Masipa van die DA sê of dit nou deur huishoudelike voedselsekerheidsprojekte […]

Read More

Iran: Hegseth vol lof vir Trump - June 23, 2025

Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê hulle het daarin geslaag om Iran se kernambisies uit te wis. Die Iranse Atoomenergie-organisasie sê die aanval op van die kernterreine was ‘n barbaarse skending van internasionale reg. Hegseth sê baie presidente het gedroom om die finale slag teen Iran se kernprogram toe te dien, en slegs […]

Read More

Lima blyk om fynproewer bestemming te wees - June 23, 2025

Twee restaurante in Lima, die hoofstad van Peru, is in die top 10 op die 2025-lys van die Wêreld se 50 beste restaurante. Die toekennings, wat beskou word as die Oscars van innoverende fynproewerskos, is tydens ‘n seremonie in Turyn, Italië, oorhandig, met die restaurant Maido wat met die eerste plek spog. Maido bedien wat […]

Read More

Korrupsie is verraad, sê Ngurare  - June 22, 2025

Eerste minister Elijah Ngurare het in die Nasionale Vergadering beklemtoon dat korrupsie as verraad beskou moet word, en president Nandi-Ndaitwah se opmerkings in haar intreerede herhaal. Hy het bygevoeg dat betekenisvolle verandering moontlik is as almal beslissende stappe doen om korrupsie uit te roei. 

Read More