Gróót koue op pad na Wes-, Noord-Kaap - June 22, 2025
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê koel en koue toestande sal vandag voortduur, maar het gewaarsku teen ‘n ernstige kouefront wat die Wes-Kaap en Noord-Kaap Woensdag en Donderdag sal tref. Die publiek en veral kleinveeboere moet bedag wees op baie koue, nat en winderige toestande met swaar reënval, sterk binnelandse winde en stormsterk kuswind. ‘n Baie rowwe […]
Netanyahu besing Trump se lof ná Iran-aanval - June 22, 2025
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het president Donald Trump geprys ná Amerika se aanvalle op Iran se kernfasiliteite en gesê dit help baan die weg na vrede en vooruitgang in die Midde-Ooste. Israel is ná die aanvalle vroeg vanoggend op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas en net noodsaaklike bedrywighede mag voortgaan.
Tennis: Medvedev klop Zverev in ATP - June 22, 2025
Die Rus, Daniil Medvedev het die Duitse gunsteling Alexander Zverev in drie stelle uitgeskakel om die eindronde van die ATP-toernooi in Halle te haal. Die wêreldnommer 11 het in ‘n stryd van net minder as drie uur met 7-6, 6-7, 6-4 geseëvier. Later vanmiddag speel Medvedev in sy eerste eindstryd op die toer sedert Maart […]
China skrap tariewe vir Afrikalande - June 22, 2025
China gaan tariewe vir 53 Afrikalande waarmee hy bande het skrap en belastingvrye toegang uitbrei om middelinkomstelande soos Namibië in te sluit. Die stap is daarop gemik om Afrika-uitvoere te bevorder en China se handelsoorskot van 62 miljard Amerikaanse dollar met die vasteland te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Theo Klein van Oxford […]
RISE verbete oor stryd teen dobbel - June 22, 2025
RISE Mzansi sê hy het sy stryd teen onwettige dobbelary en vir dobbelhervorming na die land se wetstoepassingsagentskappe geneem. RISE Mzansi se woordvoerder, Mabine Seabe, sê die Valke werk daaraan om die plaag van onwettige dobbelary in Suid-Afrika te bekamp. Hy sê die party sal nie rus totdat daar dobbelhervorming in Suid-Afrika is nie:
Iran sê VSA-aanval was ‘gering’ - June 22, 2025
Amptenare in Iran sê die Amerikaanse aanval het ‘n geringe uitwerking gehad op sy kernfasiliteite, veral die Fordow-terrein wat diep in die berge ingegrawe is. Dis in skerp teenstelling met president Donald Trump se bewerings dat die aanval die aanleg “uitgewis” het. ‘n Iranse wetgewer, Manan Raeisi, beweer die aanval was oppervlakkig en die fasiliteit […]
Tennis: Alcaraz haal Queen’s-eindstryd - June 22, 2025
Carlos Alcaraz het die Queen’s Club-eindstryd vir die tweede keer gehaal toe die wêreld nommertwee gister ‘n maklike oorwinning oor Roberto Bautista Agut behaal het. Alcaraz het sy loopbaanbeste wenlopie tot 17 wedstryde uitgebrei in die halfeindstryd wat in versengende hitte by die Wimbledon-opwarmingsgeleentheid in Wes-Londen gespeel is. Alcaraz sal teen Jiri Lehecka in vandag […]
Namibië wil meer entstowwe vervaardig - June 22, 2025
Die regering bestee jaarliks meer as 140 miljoen Namibiese dollar aan entstowwe vir lewendehawe en is baie afhanklik van invoere om dié entstowwe te vervaardig. Handelsminister Selma Ashipala-Musavyi sê Namibië wil die plaaslike vervaardiging van entstowwe verhoog om koste te verminder en soek steun uit China om dit te bevorder. Ashipala-Musavyi het tydens die onlangse Konferensie […]
Siviele vonnisse neig afwaarts in SA - June 22, 2025
Statistiek Suid-Afrika sê meer as 8 000 siviele vonnisse vir skuld is in April aangeteken met ‘n totale waarde van 221 miljoen rand. Dit is 19,5 persent laer as dieselfde tydperk verlede jaar. Die grootste afnames was in geleende geld, skriftelike beloftes, dienste en ander skuld. Onica Mushwana van Stats SA sê die data wys […]
Lugballonongeluk eis minstens agt lewens - June 22, 2025
Ten minste agt mense is Saterdagoggend in Brasilië dood in ‘n warmlugballonongeluk. Die goewerneur van Santa Catarina het in ‘n plasing op X gesê daar was 21 mense aan boord van die ballon in die stad Praia Grande. Die ballon het naby ‘n gesondheidsentrum neergestort en 13 mense, insluitend die vlieënier, het die ongeluk oorleef. Brasilië se […]