Toekoms van Amerikaanse F1 Grand Prix verseker - October 20, 2025
Motorsport: Die Amerikaanse Grand Prix op die Circuit of the Americas in Texas, wat gister deur Max Verstappen van Red Bull gewen is, sal tot minstens 2034 op die Formule 1-kalender bly. Dit het sedert sy instelling in 2012 reuse-skares gelok, insluitend meer as 430 000 verlede jaar. F1 se president en uitvoerende hoof, Stefano […]
Finansministerie mik na volle digitale betaalstelsel - October 20, 2025
Die finansministerie het aangekondig dat hy digitale oplossings versnel om te verseker dat betaling vir alle regeringsdienste ten volle digitaal word. Dit is vanoggend deur die uitvoerende direkteur in die ministerie, Michael Humavindu, by die FinTech Futures 2025-forum in Windhoek gesê. Humavindu sê namate die finansiële sektor voortgaan om te hervorm, nuwe vaardighede, beroepe en […]
Sindikaat steel regeringmedisyne, vat dit buurlande toe - October 20, 2025
Die vakbondfederasie, Saftu is bekommerd oor ‘n nuwe sindikaat wat noodsaaklike medisyne van openbare gesondheidsgeriewe steel en dit onwettig na naburige lande vervoer. Dit volg na houers met teen-retrovirale medikasie en ander farmaseutiese produkte op die toneel van verlede Sondag se noodlottige busongeluk in Limpopo gevind is. Saftu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, sê die misdadige […]
Zelensky sal met Trump, Putin vergader ‘as hy genooi word’ - October 20, 2025
Oekraïene se president, Volodimir Zelensky, sê hy is gereed om aan te sluit by ‘n beraad tussen sy ampsgenote van Rusland en Amerika, Vladimir Putin en Donald Trump, in Hongarye indien hy genooi word. Trump en Putin sê hulle sal moontlik binne ‘n paar weke vergader, terwyl Trump voortgaan met pogings vir ‘n vredesooreenkoms om […]
Bavuma speel eers in Suid-Afrika A ná besering - October 20, 2025
Protea-kaptein Temba Bavuma is later die maand weer in aksie ná sy kuitbesering. Hy is ingesluit by Suid-Afrika A se groep vir die vierdagreeks teen Indië, en sal beskikbaar wees vir die tweede van twee eersteklaswedstryde in Bengaluru. Suid-Afrika A speel in November ook drie eendagwedstryde teen Indië A in Rajkot. Krieket Suid-Afrika sê Bavuma […]
Tradisionele owerhede opgelei oor billike regstelsels - October 20, 2025
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, is in Rundu om ‘n opleidingswerkswinkel oor die regsraamwerk by te woon vir tradisionele owerhede van die twee Kavango-streke en Zambezi. Hulle ontvang regsopleiding om hul kapasiteit te versterk om geregtigheid billik binne hul gemeenskappe te administreer, en tradisionele en statutêre wette in lyn te bring. […]
AfriForum soek antwoorde oor SANW en die DRK - October 20, 2025
AfriForum het kommer uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se gebrek aan deursigtigheid wat die ontplooiing van soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo betref. Die organisasie het in Februarie vanjaar ‘n versoek aan die SANW gestuur en dokumente aangevra wat die ontplooiing in die DRK regverdig, besonderhede oor die onkoste en befondsing, en redes […]
DRK op hete kole na laaste Ebola-pasiënt ontslaan is - October 20, 2025
‘n Belangrike mylpaal in die DRK se stryd teen Ebola is behaal. Die laaste pasiënt wat behandel is sedert ‘n uitbreking vroeg in September verklaar is, is uit die hospitaal ontslaan. Hul herstel begin die klok op ‘n 42-dae aftelling om die uitbreking as verby te verklaar indien geen verdere gevalle bevestig word nie. Tot op […]
Andrew se probleme verdiep - October 20, 2025
Na prins Andrew sy koninklike titels verloor het, verdiep sy probleme. Dit het aan die lig gekom dat hy sy lyfwag gevra het om inligting te soek om Virginia Guiffre, wat hom van seksuele misbruik beskuldig het, in die openbaar te laat beswadder. Maar dit eindig nie daar nie – haar memoir word môre gepubliseer. […]
Kunsteraad het talle projekte landswyd ondersteun - October 20, 2025
Die Nasionale Kunsteraad van Namibië het meer as 2,2 miljoen Namibiese dollar belê om die ontwikkeling en implementering van diverse kunstige inisiatiewe vanjaar te ondersteun. Die befondsing het 62 projekte in al 14 streke bevoordeel. Die organisasie sê dat hierdie projekte die groeiende innovering binne die kreatiewe en kulturele sektore weerspieël. Kosmos 94.1 Nuus het […]