Aangehoude SA ingenieurs in EG vry  - June 22, 2025

Die twee Suid-Afrikaanse ingenieurs, wat sedert 9 Februarie 2023 onwettig in Ekwatoriaal-Guinee aangehou is, is vrygelaat en is veilig tuis op Suid-Afrikaanse bodem. Hul vrylating volg op ‘n kwytskelding deur die president van Ekwatoriaal-Guinee, Teodoro Obiang Mbasogo. Frik Potgieter en Peter Huxham is persoonlik verwelkom deur die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, […]

Read More

Israel sê senior Iranse bevelvoerder is dood  - June 22, 2025

Die Israelse weermag beweer hy het ‘n senior Iranse bevelvoerder in ‘n aanval op die stad Qom doodgemaak. Volgens die weermag het Saeed Izadi gehelp om Hamas se aanval op 7 Oktober 2023 in die suide van Israel te beplan. Ongeveer 1 200 mense is dood en baie ander as gyselaars na Gaza geneem. Die […]

Read More

Airlink Pumas goeie leerskool vir Welwitschias  - June 22, 2025

Namibië se Welwitschias het Saterdagmiddag voor die golf van die gedugte Airlink Pumas in die Hage Geingob Stadion in Windhoek geswik. Die Pumas het dié vriendskaplike wedstryd met 59-19 gewen. Onderkaptein Danco Burger sê daar was meer positiewes as negatiewes in die wedstryd en dat die Welwitschias op die regte pad is. Jessica Thomas van […]

Read More

NNN lei span na sakeberaad in Angola  - June 22, 2025

‘n Namibiese afvaardiging onder leiding van president Netumbo Nandi-Ndaitwah woon die VSA-Afrika-sakeberaad in Angola by, wat vandag in Luanda begin. Meer as 1 500 afgevaardigdes sal na verwagting die geleentheid bywoon, insluitende staatshoofde van Afrika, ministers en senior amptenare van Amerika. Nandi-Ndaitwah word vergesel deur onder andere Selma Ashipala-Musavyi, die minister van internasionale betrekkinge en […]

Read More

Derduisende gesondheidsposte in SA ongevul  - June 22, 2025

Die DA sê die vakatures in die sektor vir openbare gesondheid is besig om handuit te ruk, met meer as 27 000 poste wat tans nie gevul is nie. Meer as 2 000 hiervan is vir dokters en bykans 17 000 is vir verpleegsters. Volgens die DA het die departement van gesondheid erken dat die […]

Read More

Amerika val kernterreine in Iran aan - June 22, 2025

Amerika het Saterdag ‘n reuse-lugaanval met B-2-bomwerpers op Iran se drie vernaamste kernterreine, Fordow, Natanz en Isfahan geloods. Iran het voorheen belowe om terug te slaan as die VSA by Israel se aanval aansluit, maar daar was geen amptelike verklaring deur Teheran se leiers sedert die VSA-aanval nie. Intussen het die eerste minister van Israel, […]

Read More

Desert Jewels bring netbalbeker huis toe  - June 22, 2025

Die Debmarine Desert Jewels is Saterdagmiddag as die kampioene in die Verenigde Arabiese Emirate Netbalbeker in Dubai gekroon ná die Namibiese span Singapoer met 62 doele teen 53 in Dubai verslaan het. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die span kort daarna geluk gewens en gesê hulle het Namibië trots gemaak. Nandi-Ndaitwah het gesê sport is een van […]

Read More

NamWater raadop met kabeldiewe - June 21, 2025

Hentiesbaai het weer deurgeloop onder ‘n wateronderbreking as gevolg van die vandalisme van 13 Erongo RED-kragpale en diefstal van koperkabels op 16 Junie, wat die krag na die Omdel-boorgate afgesny het. Uis is ook geraak deur ‘n aparte kabeldiefstal, met sy reservoir op 40 persent en watertenkwaens wat ontplooi is. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More

Mosambiekse sindikaatleier in SA doodgeskiet - June 21, 2025

‘n Veertigjarige Mosambiekse ontvoeringsindikaatleier is doodgeskiet in ‘n skietgeveg met die polisie by ‘n woonkompleks in Midrand, Johannesburg. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die polisie se teen-ontvoeringstaakspan was besig om na ‘n ontvoerde Pakistanse sakeman van Pretoria-Wes te soek. ‘n Skietgeveg het in Fourways uitgebreek en een verdagte is doodgeskiet. Hy is Mauro Mucambe Junior, ‘n […]

Read More

Konflik eis meer as 55 000 in Gaza - June 21, 2025

Israeliese aanvalle duur voort regoor die Gazastrook. Ten minste 21 Palestyne is sedert dagbreek dood, het bronne by Gaza-hospitale aan Al Jazeera gesê. Meer as 55 000 mense is sedert die begin van die oorlog in Oktober 2023 in Israeliese aanvalle dood, met ongeveer 65 persent van die dooies kinders, vroue en bejaardes, volgens Gaza […]

Read More