Sokker: Sundowns in taai stryd teen Dortmund - June 21, 2025
Mamelodi Sundowns hoop om vir die laaste 16 van die Klub-Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer deur Borussia Dortmund vanaand in Cincinnati, Amerika, te klop. Die Brazilians is boaan Groep F met drie punte ná ’n oorwinning van 1–0 oor Ulsan danksy ‘n doel deur Iqraam Rayners. Die doelskieter sê hulle moet kalm bly en takties gedissiplineerd wees. […]
Unam se Ogongo-projek rys mooi - June 21, 2025
Die Universiteit van Namibië se rysprojek by sy Ogongo-kampus gaan vanjaar ‘n oes van tussen 15 tot 19 ton rys lewer, beduidend meer as die vorige jaar. Volgens Unam se vise-kansellier Kenneth Matengu beslaan rysverbouiing vanjaar 6,7 hektaar, vergeleke met net 1,4 hektaar verlede jaar. Sedert die stigting van die Ogongo-kampus is sowat 4 000 […]
Valke sowat 50% onderbeman - June 21, 2025
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is uiters bekommerd dat die onaanvaarbare personeeltekort by die Valke ‘n negatiewe uitwerking op dienslewering kan hê. Claude Naiker van die vereniging sê op ‘n organogram wat voorsiening maak vir 5 332 werknemers, is daar slegs 2 688 poste gevul, met slegs nog 500 wat in die 2025/26-boekjaar gevul […]
Oorlog wond ook ekonomie in Iran, Israel - June 21, 2025
Die bevolkings van beide Iran en Israel is toenemend onder kwaai ekonomiese druk met die oorlog tussen dié lande wat vir ‘n tweede week woed. Volgens ‘n kenner in Midde-Oosterse politiek aan die Brandeis Universiteit in Boston, prof. Nader Habibi, verlaat diegene wat dit kan bekostig, Teheran en dit plaas weer bevolkingsdruk op die buurlande. […]
F1: Kyalami kry groenlig - June 21, 2025
Suid-Afrika se Formule Een-bodkomitee sal binnekort sy voorkeur-promotor vir die voorgestelde Grand Prix aan die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, voorlê. Die internasionale beheerliggaam, die F-I-A, het Kyalami in Johannesburg goedgekeur as ‘n Graad Een-renbaan, die hoogste standaard vir Formule Een. Woorvoerder Mlimandlela Ndamase sê die opgraderings aan die privaat-befondse renbaan is […]
Holiday Inn koers Namibië toe - June 21, 2025
Namibië gaan sy eerste Holiday Inn-hotelle ryker raak met IHG Hotels & Resorts se planne om ‘n hotel elk in Windhoek, Swakopmund en Walvisbaai te open. IHG doen dié belegging as deel van sy franchise-ooreenkoms met Cadence Capital and Santiago Property Developers. Die hotel in Windhoek gaan met 147 kamers spog, terwyl dié op Swakopmund […]
SARB se Kganyago kansellier van US - June 21, 2025
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago is amptelik as die 16de kansellier van Universiteit Stellenbosch ingehuldig. Die seremonie het gister in die Endler-saal op die universiteitskampus plaasgevind en is bygewoon deur hooggeplaastes, personeel en studente. Kanyago het tydens die seremonie gesê dit is ‘n eer om die rol te aanvaar en gevra dat […]
Kopenhagen is 2025 se mees leefbare stad in die wêreld - June 21, 2025
Na ‘n drie-jaar periode bo aan die lys van die mees leefbare stede in die wêreld, is Wenen, die Oostenrykse hoofstad, onttroon deur die Deense hoofstad, Kopenhagen. Die stad het volpunte gekry vir stabiliteit, onderwys en infrastruktuur. Wenen en Zurich in Switserland is gesamentlik tweede. Melbourne, Sydney en Adelaide in Australië is onderskeidelik, vierde, sesde […]
Sokker: Asiese toernooi na Katar verskuif - June 21, 2025
Volgende week se kwalifiseerders vir die Asiese Bekertoernooi vir vroue wat in Jordanië gespeel sou word, sal nou volgende maand in Katar plaasvind. Die herskedulering en verskuiwing is genoodsaak deur die konflik tussen Israel en Iran wat tot die sluiting van lugruime gelei het. Die ander kwalifiseerders sal soos beplan voortgaan en die loting vir […]
Bek-en-klouseer nou by drie Karan-voerkrale - June 21, 2025
Die Namibiese Lewendehaweraad het plaaslike boere gemaan om bedag te wees op die uitbreking van bek-en-klouseer in Suid-Afrika. Karan Beef, wat maandeliks duisende speenkalwers uit Namibië invoer, het Vrydag bevestig dat hulle nou uitbrekings by drie van hul voerkrale het – by Heidelberg en Nigel in Gauteng, asook by Albert Falls in KwaZulu-Natal. Alle speenkalf-aankope […]