Rooivleis veilig om te eet, sê SA landbouminister - June 21, 2025
Die minister van landbou, John Steenhuisen, het Suid-Afrikaners gerusgestel dat rooivleis in die land veilig is nadat bek-en-klouseer nou ook na die Noordwes-provinsie versprei het. ‘n Tweede bestelling entstowwe is sedertdien by die Botswana-entstofinstituut aangekoop, nadat die eerste besending vroeër die week aangekom het. Steenhuisen het Suid-Afrikaners gerusgestel dat rooivleis in die land veilig is […]
Brittanje stem ten gunste van bystandsdood - June 21, 2025
Britse wetgewers het ’n wetsontwerp oor bystandsdood vir sterwendes goedgekeur, met ’n skrale meerderheid van 314 stemme teenoor 291. Vrydag se stemming beteken Britanje sluit nou aan by ‘n klein groep van nasies waar bystandsdood toegelaat word. Die wet maak voorsiening vir mense met ‘n terminale siekte en ‘n lewensverwagting van minder as ses maande […]
Krieket: Labuschagne uitgelaat vir eerste toets teen Windies - June 21, 2025
Die Suid-Afrikaans-gebore Australiese kolwer Marnus Labuschagne se onindrukwekkende bydraes in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen die Proteas het hom sy plek in die span gekos vir die eerste toets teen die Windies. Die aanvangskolwer kon net 17 en 22 aanteken in sy twee kolfbeurte op Lord’s. Die veteraan-kolwer Steve Smith is weens ‘n besering […]
Bande met Ramaphosa toenemend belangrik, sê NNN - June 21, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Vrydagaand na Namibië teruggekeer ná ‘n hoflikheidsbesoek aan haar Suid-Afrikaanse eweknie Cyril Ramaphosa in Pretoria. Nandi-Ndaitwah het reeds soortgelyke besoeke aan ander buurlande gebring sedert sy as staatshoof ingehuldig is. Kort ná haar aankoms in Windhoek het sy die belangrikheid van goeie betrekkinge met Suid-Afrika beklemtoon.
Ramaphosa: SA, Namibië deel dieselfde visie - June 21, 2025
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Namibië deel ‘n gemeenskaplike visie oor kwessies rondom die politieke en ekonomiese integrasie van die Afrika-vasteland. Ramaphosa het die Namibiese president Netumbo Nandi-Ndaitwah op ‘n hoflikheidsbesoek by sy ampswoning in Pretoria, Mahlamba Ndlopfu, ontvang. Hy sê beide lande streef na Afrika se hernuwing, suidelike samewerking en die bevordering van […]
Superseiljag uit see herwin - June 21, 2025
Tien maande nadat die luukse seiljag, die Bayesian, tydens ‘n skielike storm langs die kus van Sisilië gesink het, kon herwinningspanne daarin slaag om die superjag Vrydagmiddag 50 meter diep van die seebodem af op te lig. Die maatskappy wat herwinning van 540 miljoen rand uitvoer, sê die seiljag sou oor die naweek uitgelig word, […]
Rugby: Leeus buig knie voor Pumas - June 21, 2025
Die Britse en Ierse Leeus vertrek vandag na Australië, ná ‘n nederlaag van 28-24 teen Argentinië in hul opwarmingstoets in Dublin Vrydag Die nuwe hoofafrigter Andy Farrell was egter nie bekommerd oor die nederlaag nie. Hy sê dit is waardevol vir sy span om so vroeg in die toer ‘n mededingende wedstryd te speel. Dit […]
Rugby: Welwitschias pak Pumas vandag in Windhoek - June 21, 2025
Die Welwitschias kom vanmiddag teen Suid-Afrika se Airlink Pumas op die Hage Geingob-stadion te staan. Die Pumas is ‘n gedugte span en die manne sal moet uithaal en wys. Die wedstryd skop om drie-uur af. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jacques Burger, die nuwe Welwitschias afrigter, direkteur van die Namibiese Rugby-unie en legendariese speler.
Iran staak kerngesprekke totdat aanvalle stop - June 21, 2025
Iran se minister van buitelandse sake, Abbas Araghchi, sê die land sal nie samesprekings oor sy kernprogram hervat te midde van aanvalle nie. Dit volg ure nadat Israel se minister van verdediging gewaarsku het oor voortgesette konflik teen die Islamitiese Republiek. Israel se VN-ambassadeur het Iran vroeër van ‘n volksmoordagenda beskuldig wat ‘n voortdurende bedreiging […]
Zambië se Lungu in SA begrawe - June 21, 2025
Die voormalige Zambiese president, Edgar Lungu, sal in Suid-Afrika begrawe word ná ‘n geskil tussen sy gesin en die Zambiese regering. Lungu is vroeër hierdie maand in ‘n Suid-Afrikaanse hospitaal dood en die repatriasie van sy oorskot na Zambië is Donderdag gestaak. Die gesin se regsverteenwoordiger Makebi Zulu, sê Lungu se familie is gekant teen […]