Finansiële waghond vries N$96,6 miljoen - June 21, 2025
Die Finansiële Intelligensiesentrum het in sy 2024/25-boekjaar opbrengste van meer as 96 miljoen Namibiese dollar gevries wat vermoedelik uit onwettige bedrywighede gespruit het. In sy jongste jaarverslag sê die sentrum sy pogings het nie net potensiële finansiële misdade gekortwiek nie, maar ook bykans 80 miljoen dollar bygedra tot fondse wat onder die gesag van die […]
Vrouekrieket: Tazmin Brits skitter in Barbados - June 21, 2025
Tazmin Brits het Vrydagaand ‘n sensasionele onoorwonne 98 van 63 balle gemoker om die Suid-Afrikaanse vrouespan met 50 lopies te laat seëvier teen die Wes-Indiese Eilande in hul T20-kragmeting in Barbados. Brits was van die begin van Suid-Afrika se beurt op die kolfblad en het haar span tot 183 vir ses gelei. Sy is as […]
Pro-Palestynse aktiviste teiken lugmagbasis in VK - June 21, 2025
Pro-Palestynse aktiviste het ingebreek by die grootste lugmagbasis in suidoos-Engeland in die Verenigde Koninkryk en twee vliegtuie opsetlik beskadig in ‘n daad wat eerste minister Keir Starmer “skandelik” genoem het. Beeldmateriaal op X wys hoe aktiviste rooi verf op ‘n vliegtuig spuit en op bromponies in die basis rondry. Die groep het reeds verskeie dade […]
SA polisie sukkel met berg van onopgeloste sake - June 21, 2025
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het ‘n ernstige agterstand van meer as 15 000 onopgeloste sake. Met meer as 5 000 klagtes binne twee jaar was daar ‘n toename in oproepe vir vinnige, deursigtige verantwoordbaarheid namate die publiek se vertroue in wetstoepassing verminder. OPOD se woordvoerder, Lizzy Suping, het aan SABC News gesê slegs 168 ondersoekbeamptes is landswyd beskikbaar en […]
Copps 94.1: Besige Vrydagaand in Windhoek - June 21, 2025
Die Copps 94.1-span het ‘n bedrywige Vrydagaand in die hoofstad agter die rug met voorvalle wat gewissel het van ‘n asma-aanval in ‘n mobiele polisiestasie tot ‘n motorongeluk. Francois Lottering was soos altyd op sy Copps 94.1-pos en doen verslag:
Eindgebruikers moet sorg dat sekuriteitswagte reg behandel word - June 20, 2025
Die werksomstandighede waarin sekuriteitswagte verkeer is tans in die nuus in die land. Dit kom na Celeste Muhunduru, nasionale administrateur vir die Sekuriteitsvereniging van Namibië en die Namibiese Veiligheidsarbeidsforum die kwessies in die media opgehaal het. Kosmos 94.1 Nuus het met Mhunduru gesels.
Cosatu looi BLSA-hoof oor kritiek op Transnet-salarisooreenkoms - June 20, 2025
Cosatu sê hy verwerp met uiterste veragting die aanval van die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busisiwe Mavuso, op Transnet se werknemers. Mavuso het Transnet se besluit gekritiseer om ‘n verhoging van ses-persent aan werkers toe te staan vir die volgende drie jaar en sê die ooreenkoms neem nie die land se swak […]
Colombië, Usbekistan sluit by BRICS-bank aan - June 20, 2025
Colombië en Usbekistan het amptelik aangesluit by die Nuwe Ontwikkelingsbank, ook bekend as die BRICS-bank, wat gelei word deur Suid-Afrika, Brasilië, Rusland, Indië en China. Colombië se minister van Buitelandse Sake, Laura Sarabia, het die land se lidmaatskap bevestig ná president Gustavo Petro se besoek aan China. Usbekistan se goedkeuring versterk sy wêreldwye finansiële bande. […]
Mo Salah die gunsteling vir nog ’n groot toekenning - June 20, 2025
Sokker: Liverpool se ster-speler, Mo Salah, is een van ses spelers wat benoem is vir die Beroepsokker-vereniging se manspeler van die jaar-toekenning. Die 33-jarige het die vorige seisoen ‘n sleutelrol gespeel in Liverpool se Premierliga-titeloorwinning met 29 doele en 18 bydraes tot doele. Die Egiptiese ster is reeds bekroon as die Sokkerskrywers-vereniging se speler van […]
Wees meer bedagsaam op paaie, bestuurders en voetgangers! - June 20, 2025
Meer inligting is bekend oor die toenemende voetgangerverwante ongelukke wat die MVA-fonds aangemeld het. Van 1 Januarie tot 4 Junie 2025, het ongelukke met 15 persent gestyg, beserings met 14 persent en sterftes met 45 persent. Die hoof korporatiewe beampte by die fonds, John Haufiku, het meer.