NMF se Jacobs vertel oor Kyalami se opgraderings - June 20, 2025
Die sekretaris-generaal van die Namibiese Motorsport-federasie Derek Jacobs het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die nuus dat die FIA-beheerliggaam Kyalami se opgraderingsplanne goedgekeur het. Dit sal dit die enigste Graad 1-baan in Afrika maak en die weg baan dat Formule Een na Suid-Afrika terugkeer. Die opgradering sal nie die baan se uitleg verander nie, […]
Huishoudelike inkomste-opname vorder goed - June 20, 2025
Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes het op 28 April afgeskop. Dit sal Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal, en sluit in armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Iipumbu Sakaria, die agentskap se woordvoerder, wat ‘n opdatering gee.
Daar’s nie korrupsie in verdedigingministerie, sê Mubita - June 20, 2025
Die AR-beweging se leier, Job Amupanda, het onlangs in die Nasionale Vergadering kennis gegee van vrae wat hy aan verdedigingsminister Frans Kapofi sou stel. Dit gaan oor aanhoudende bewerings van korrupsie in die verdedigingsministerie, veral by die omstrede August 26 Holding Company. Adjunk-verdedigingminister Charles Mubita het die vrae geantwoord en gee ‘n oorsig van August […]
Boulter moet 2,4 miljoen pond hoes, sê appèlhof - June 20, 2025
Die appèl deur Tebrak Trading and Contracting in sy saak teen Harvey Boulter het geslaag. Regters Dave Smuts, Petrus Damaseb en Hosea Angula het ook ‘n kostebevel teen Boulter uitgereik. Die saak handel oor ‘n eksepsie wat Boulter teen die Saoedi-maatskappy se eis gemaak het op grond daarvan dat die nodige bewerings ontbreek om ‘n […]
Klimaatsverandering bedreig proteas, ook Koningsprotea - June 20, 2025
Suid-Afrika se ikoniese proteas, insluitend die Koningsprotea, is besig om weens klimaatsverandering te verskuif. Byna 200 variëteite floreer nou ver van hul natuurlike Kaapse habitat waar baie uitsterwing in die gesig staar. Kenners sê stygende temperature, verlies aan habitat en veranderende brandsiklusse bedreig hierdie endemiese blomme. Deur vernuwing kweek sommige boere proteas met minimum besproeiing […]
Bioveiligheid onder die loep, gapings moet toe - June 20, 2025
Die Namibiese Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie werk daaraan om die land se bioveiligheidsraamwerk te versterk deur wetgewende hersiening en verbeterde toetskapasiteit vir geneties gemodifiseerde organismes. Anicia Pieters, die kommissie se uitvoerende hoof, lig belangrike uitdagings uit, insluitend beperkte grensinspeksies, onvoldoende infrastruktuur en lae publieke bewustheid. Sy het tydens ‘n bioveiligheid-opleidingsessie in Windhoek gepraat.
Tshwane behaal regsoorwinnings teen grondgrype, diensmisbruik - June 20, 2025
Die Stad Tshwane sê hy het die week ʼn reeks regsoorwinnings behaal wat sy toewyding bevestig om die oppergesag van die reg te verseker, staatsgrond te verdedig en belastingbetalers teen sistemiese misbruik te beskerm. In die grondbesettingsgeval in Soshanguve het die hof die oprigting van onwettige strukture verbied en beveel dit moet binne 14 dae […]
Beroemde Italianers Bocelli en Sinner stel enkelsnit vry - June 20, 2025
Die wêreld se beste manstennisspeler, Jannik Sinner van Italië, en sy wêreldberoemde landgenoot, die tenoor Andrea Bocelli, het ‘n enkelsnit vrygestel, onder die titel Polvere e Gloria, wat Stof en Glorie beteken. Die liedjie met Italiaanse en Engelse lirieke word deur Bocelli gesing en bevat uittreksels uit Sinner se wen- en verloortoesprake op die tennisbaan. […]
Etzebeth topfiks, kan nie wag om weer te speel - June 20, 2025
Rugby: Die Springbok-slot Eben Etzebeth sê hy is topfiks en gretig om te speel. Die 33-jarige speler het drie maande van die Verenigde Rugbykampioenskap misgeloop weens harsingskudding wat hy in Desember opgedoen het, en ʼn dyspier wat hy tydens ʼn Springbok-belyningskamp in Maart verrek het. ʼn Besering het hom ook op die kantlyn gehou in […]
Kry die truie reg, groot koue is op pad! - June 20, 2025
Bibberweer word volgende week verwag met ‘n sterk kouefront wat op pad is. Sneeu word voorspel in die Kaap en kan die Suide van Namibië ook tref. Kosmos 94.1 Nuus het met weerkenner Johan van den Berg gesels.