Oos-Kaap verloor 4 200 huise, 400 skole in vloede - June 20, 2025

Die waarnemende premier van die Oos-Kaap, Mlungisi Mvoko, sê vloedskade in die provinsie word op vier-miljard Suid-Afrikaanse rand beraam. Meer as 4 200 huise is vernietig, met amper 2 000 wat gedeeltelik beskadig is. Mvoko het bevestig dat meer as 400 skole en 1 500 klaskamers beskadig is, wat meer as 40 000 leerders raak. […]

Read More

Oliepryse duik, aandele styg na Trump se Iran-nuus - June 20, 2025

Oliepryse het getuimel na die Amerikaanse president, Donald Trump, se aankondiging dat hy oor die volgende twee weke sal besluit oor deelname aan Israel se aanvalle op Iran. Daar is bespiegel dat hy dalk by Israel sou aansluit, maar sy opmerkings dui nou op moontlike diplomatieke ingryping. Aandele in Asië en Europa het gestyg na […]

Read More

Mbappé in hospitaal met maagaandoening - June 20, 2025

Sokker: Die superster van Real Madrid, Kylian Mbappé ontvang behandeling in ‘n hospitaal in Amerika vir ‘n maagaandoening. Die Spaanse legende sê hy is uitgeboul deur ‘n akute geval van gastroenteritis en in die hospitaal vir toetse om die regte behandeling te bepaal. Die Franse voorspeler het Real Madrid se openingswedstryd Woensdag teen Al-Hilal misgeloop. […]

Read More

Uitdagings met tersiêre opleiding haal die NV - June 20, 2025

Parlementslede het in die Nasionale Vergadering kommer uitgespreek oor ongeakkrediteerde instellings, diskriminasie op grond van Nsfaf-befondsing en onnodige verpleegevalueringstoetse. Die PDM-parlementslid Inna Hengari het beklemtoon dat baie jongmense groot bedrae belê in instellings wat nie erkende kwalifikasies aanbied nie.

Read More

Opod agterstand wek groot kommer - June 20, 2025

Die Parlement se portefeuljekomitee oor Polisie sê vertragings in gevolgebestuur by die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat verswak openbare vertroue en ondermyn interne dissipline. Opod het ‘n agterstand van 14 469 sake waarby polisiebeamptes betrek word, met aanklagte wat insluit sterftes in aanhouding, marteling en korrupsie. Die voorsitter van die komitee, Ian Cameron, sê die bykomende befondsing van […]

Read More

WGO het kommer oor hospitale wat in Midde-Ooste geteiken word - June 20, 2025

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die eskalasie van vyandelikhede tussen Israel en Iran plaas gesondheidsfasiliteite en toegang tot gesondheidsorg in gevaar. ‘n Nuwe vlaag Iranse missiele het Israel getref, met die Soroka Mediese Sentrum in Beersheba wat deurgeloop het en meer as 70 mense is beseer. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, doen ‘n beroep […]

Read More

Unam en NIP werk saam vir mediese opleiding - June 20, 2025

Die Namibiese Instituut vir Patologie en Unam het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken wat daarop gemik is om mediese opleiding, gespesialiseerde opleiding en navorsing in patologie te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Unam gepraat wat meer inligting oor die ooreenkoms het.

Read More

Zinave in Mosambiek ontvang 10 swartrenosters - June 20, 2025

Tien ernstig bedreigde swartrenosters is vandeesweek suksesvol uit Suid-Afrika in Mosambiek se Zinave Nasionale Park hervestig. Die renosters, vyf bulle en vyf koeie, is geskenk deur Ezemvelo KZN Wildlife, in samewerking met Mosambiek se Nasionale Administrasie vir Bewaringsgebiede en die Peace Parks Foundation. Antony Alexander van die stigting sê die hervestiging is om die eerste […]

Read More

Besettingsyfers daal weer in Mei - June 20, 2025

Die nuutste besettingskoers statistieke vir Mei is bekend. ‘n Daling is aangemeld teenoor April maar is ook laer as die 2019, of voor-Covid-syfers. Baie faktore speel ‘n rol in die statistieke, onder andere, ekonomiese druk op huishoudings in Europa. Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Meer as N$27m se skuld opgeëis by mosiehof - June 20, 2025

Die mosiehof het vanoggend, onder leiding van regters Nate Ndauendapo en Beatrix de Jager 87 aansoeke vir verstekvonnisse aangehoor. Sewe was op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 43 aansoeke gebring. Hulle eis 19 eiendomme met uitstaande skuld van 15,3 miljoen Namibiese dollar op, sowel as 24 lenings met ‘n skuldlas van 12,4 miljoen dollar. […]

Read More