Koolstofkrediete kan ‘n wen-wen vir boere wees - June 20, 2025

Nog reaksie word ontvang op Suid-Afrikaanse boere wat goeie geld verdien deur handel in koolstofkrediete en klimaatsvriendelike praktyke. AgriCarbon is ‘n program wat volhoubare boerdery beloon en het reeds sowat 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan boere uitbetaal wat vrystellings verlaag deur metodes soos min- of deklaagbewerking. Die inisiatief sal mettertyd ook in Namibië bekendgestel word […]

Read More

Desert Jewels behaal gouemedalje-wedstryd in Dubai - June 20, 2025

Die onoorwonne Debmarine Desert Jewels is deur na die gouemedalje-wedstryd van die Verenigde Arabiese Emirate Netbalbeker na hulle die VSA gemaklik met 66-30 geklop het. Die wedstryd teen die VSA was die laaste in hulle rondomtalie formaat in Dubai. Die gouemedalje-wedstryd skop om twee-uur môremiddag, Namibiese tyd af. 

Read More

Handel met Statebondlede? Makliker gesê as gedaan… - June 20, 2025

Die Statebond Besigheidsforum het Woensda in die hoofstad afgeskop en duur tot vandag. Handelsminister Selma Ashipala-Musavyi het by die opening die hoop uitgespreek dat handel met die Statebond-lande sal lei tot ekonomiese groei, wat werkloosheid sal verminder. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME Compete gepraat.

Read More

Cosatu vol lof vir Openbare Beleggingskorporasie - June 20, 2025

Cosatu het die Openbare Beleggingskorporasie geprys nadat hy ‘n geskiedkundige 3 triljoen Suid-Afrikaanse rand in bates aangekondig het. Dit is teenoor 2,7 triljoen verlede jaar en 1,8 triljoen tydens Covid-19. Matthew Parks van Cosatu sê die korporasie moet voortgaan om werkers se fondse te beskerm en ekonomiese groei, werkskepping en volhoubare ontwikkeling in Suid-Afrika ondersteun:

Read More

Arktiese veenlande brei uit namate dit warmer word - June 20, 2025

Arktiese veenlande is besig om uit te brei na mate die klimaat warmer word. Nuwe navorsing dui aan dit is ‘n verandering wat aardverwarming in die korttermyn kan vertraag, maar sal die teenoorgestelde uitwerking veroorsaak in die toekoms. Hierdie koolstofryke reserwes wat bestaan uit gedeeltelik ontbinde organiese stowwe, bedek slegs 3 persent van die wêreld […]

Read More

Kirsty neem Maandag oor by IOK - June 20, 2025

Kirsty Coventry, wat Maandag oorneem as die president van die Internasionale Olimpiese Komitee, sê sy beskou samewerking met belanghebbendes as die belangrikste deel van haar ampstermyn. Die voormalige swemkampioen van Zimbabwe, is in Maart verkies en volg Thomas Bach van Duitsland op. Die 41-jarige is die Olimpiese Komitee se eerste vroulike president. Coventry sê dit […]

Read More

ECN is gereed vir waninligting - June 20, 2025

Teen die agtergrond van die pas afgehandelde streeks-tussenverkiesings, het die Verkiesingskommissie van Namibië nuwe strategieë om ‘n groeiende vlaag van geteikende waninligting te bestry. Dit ondermyn die integriteit van die demokratiese proses. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder.

Read More

Drie Gupta-eiendomme word opgeveil - June 20, 2025

Drie eiendomme wat aan die Gupta-familie behoort, insluitend die omstrede Saxonwold-kompleks in Johannesburg, word volgende maand opgeveil. Die eiendomme is van ‘n Gupta-maatskappy wat onder sakeredding is, Confident Concept. Bieërs sal groot deposito’s van tussen 250 000 Suid-Afrikaanse rand en 500 000 rand moet betaal. Dit volg nadat die Nasionale Vervolgingsgesag aangedui het hy sal […]

Read More

Nigeriese vloot voer oliediefstal klopjagte uit - June 20, 2025

Die Nigeriese vloot het 76 vaartuie en ten minste 242 verdagtes in teen-oliediefstal-operasies in hegtenis geneem en meer as 800 onwettige raffinaderye vernietig tydens ‘n twee jaar lange operasie. Diefstal uit pyplyne en putte het Nigerië se oliebedryf die afgelope paar jaar lamgelê, staatsfinansies beskadig en uitvoere gedemp. Sedert Junie 2023 het vlootowerhede op ongeveer […]

Read More

Het IAEA-verslag bygedra tot Israel se aanval? - June 20, 2025

Neave Barker van AlJazeera het ‘n onderhoud gevoer met Rafael Grossi, direkteur-generaal van die Internasionale Atoomenergie-agentskap. Dit was kort na die vrystelling van sy verslag oor Iran, met kommentaar dat die land nie heeltemal deursigtig was nie dat, Israel Iran aangeval het. Barker wou weet of die verslag bygedra het.

Read More