NamPower beloof werk, direkte beleggings met Rosh Pinah-aanleg - June 20, 2025

Die konstruksie van NamPower se 100 megawatt Sores |Gaib-sonkragstasie naby Rosh Pinah sal na verwagting meer as 300 direkte werksgeleenthede skep, met die projek se kontrakteur wat hom daartoe verbind om ten minste 356 miljoen Namibiese dollar aan plaaslike besighede en vaardigheidsontwikkeling te bestee. Die kragstasie sal in ‘n gesamentlike onderneming tussen China Jiangxi International Corporation […]

Read More

Outa sê onetiese en swak leierskap verniel plaaslike owerhede - June 20, 2025

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die probleme met plaaslike regering word veroorsaak deur swak en onetiese leierskap, nie swak wette nie. Die organisasie sê in sy voorlegging oor die konsep-witskrif oor Plaaslike Regering dat korrupsie, politieke inmenging en ’n gebrek aan aanspreeklikheid wydverspreid is. Julius Kleynhans van Outa sê meer as die helfte van munisipaliteite […]

Read More

Europese leiers vergader met Iran-owerhede - June 20, 2025

Brittanje se minister van Buitelandse Sake, David Lammy, ontmoet vandag sy Franse en Duitse ampsgenote, asook Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, in Switserland. Die doel is om ʼn diplomatieke manier te kry om Iran se kernprogram te bespreek. Die Europese Unie se hoof van buitelandse beleid, Kaja Kallas, sal ook teenwoordig wees. […]

Read More

Messi skep, en veil KI-kunswerk op - June 20, 2025

Een van die wêreld se beste sokkerspelers, Lionel Messi, het saam met die Turkse kunstenaar Refik Anadol gewerk om ‘n kunsmatige intelligensie-gedrewe kunswerk te skep. Die unieke digitale kunswerk getiteld “A Goal in Life” is ‘n uitbeelding van die Argentyn se mees betekenisvolle doele van sy 20-jaar loopbaan, insluitend die ikoniese kopskoot van die 2009 […]

Read More

VN gee N$32m vir biomassa werksgeleenthede onder die jeug - June 20, 2025

Die VN het voortgesette steun belowe om Namibië te help om jeugwerkloosheid aan te pak. VN-koördineerder Hopolang Phororo sê dat 32 miljoen Namibiese dollar reeds uit die Gesamentlike SDG-fonds gebruik word, met nog ‘n voorstel van 18 miljoen dollar wat by die Wêreldbank onderweg is. Die fondse sal werkskepping in die biomassasektor en Namibië se […]

Read More

Bibi het lof vir Trump wat hom ‘ondersteun’ - June 20, 2025

Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het president Donald Trump geloof en sê Amerika help sy land baie met die konflik in Iran. Volgens berigte het Trump aanvalsplanne vir Iran nagegaan, maar wag om te sien of Teheran van sy kernprogram afsien. Netanyahu het gister die Soroka Mediese Sentrum in Beersheba besoek wat deur ʼn […]

Read More

Rusland op die rand van ‘n resessie - June 20, 2025

Rusland se minister van Ekonomie, Maxim Reshetnikov, sê volgens huidige sakesentimente is die land se ekonomie op die rand van ʼn resessie. Moskou het vandeesmaand rentekoerse die eerste keer sedert 2022 verlaag wat die uitleenkoers op 20-persent te staan bring. Die land se ekonomiese groei het in die eerste kwartaal van 2025 op ʼn jaar […]

Read More

Dis tyd vir die Durban July - June 20, 2025

Afrika se grootste perdewedren en modeskou, die Durban July, sal na verwagting vanjaar spog met Suid-Afrika se mees gevierde musiektalent. Die veelbekroonde Afro-pop-duo Mafikizolo, die groep Sunset Sweatshop, sangeres Lira, en DJ Dalootz is sommige van die kunstenaars wat op 5 Julie by die Greyville-renbaan sal wees. Hollywoodbets se woordvoerder, Zandile Dlamini, sê vanjaar se […]

Read More

Die brrrrr duur voort in Junie, Mei koudste in 15 jaar  - June 20, 2025

Namibië het verlede maand sy derde koudste Mei vir die afgelope 15 jaar aangeteken. Volgens die klimaatbulletin van die Namibiese Meteorologiese Diens, was die gemiddelde oppervlaktemperatuur vir Mei 18.8 grade Celsius, 0.4 grade Celsius onder die gemiddelde van 1991 tot 2020. Die diens sê gemiddelde temperature tussen 13 en 16 grade Celsius is oor die […]

Read More

VF+ verwelkom sluiting van spazawinkels  - June 20, 2025

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die sluiting van ses spazawinkels deur die metropolisie in Ekurhuleni omdat hulle onder meer nie aan gesondheidsregulasies voldoen het nie. Die spazawinkels is in Alberton, Edenvale en Katlehong. Jennifer Glover van die VF Plus sê daar is nog baie meer spazawinkels in die metro wat nie aan die basiese gesondheids- en […]

Read More