Jeug en energie kort beleggings in Afrika  - June 20, 2025

Die Infrastruktuur en Energie kommissaris van die Afrika Unie, Lerato Mataboge, sê Afrika se ontwikkeling word teruggehou deur ’n gebrek aan vertroue in sy potensiaal, en nie deur ’n gebrek aan grondstowwe nie. Mataboge het tydens die Jeug Energie Beraad in Kaapstad die AU se Agenda 2063-visie, die bevordering van jeuggedrewe innovering, kunsmatige intelligensie, en […]

Read More

Scheffler loop voor by Travelers  - June 20, 2025

Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler het ‘n openingsronde van 62 aangeteken en is saam voor met sy Amerikaanse landgenoot Austin Eckroat by die Travelers-kampioenskap in Connecticut. Rory McIlroy van Noord-Ierland het ook goed begin en is twee houe agter, met ses onder, saam met die Amerikaners Keegan Bradley en Wyndham Clark. Tommy Fleetwood van Engeland en […]

Read More

Etosha se grens is kritiek vir bewaring, boerdery  - June 20, 2025

Omgewingsminister Indileni Daniel het onlangs verwys na 388 stuks vee wat tussen 2019 en 2024 deur roofdiere gevang is in bewareas wat aan die Etosha Nasionale Park grens. Sy het ook gesê die opknapping van Etosha se grensdraad moet teen 2030 voltooi wees. Werk aan die 824 kilometer lange heining is in 2012 begin en […]

Read More

Kommer oor wetgewing vir olie-welvaartsfonds wat ontbreek - June 20, 2025

Die Welwitschia-fonds is in 2022 gestig om die welvaart wat uit die olie- en gassektor gegenereer sal word versigtig en deursigtig te bestuur. Hierdie soewereine welvaartsfonds het ten doel om inkomste vir toekomstige geslagte te beskerm en die ekonomie te stabiliseer in onstuimige tye. Wetgewing om die fonds te rig ontbreek egter steeds. Kosmos 94.1 […]

Read More

Was Dangote hier oor sement? - June 20, 2025

Die Nigeriese sakeman en miljardêr Aliko Dangote se besoek Donderdag aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah kon moontlik ook gesprekke oor Ohorongo-sement behels het. Volgens The Namibian het Dangote vroeër gesprekke oor die maatskappy gevoer. Schwenk-sement nader tans die einde van die verkoop van sy Namibiese filiaal, Ohorongo. Die maatskappy sal, as gevolg van min belangstelling, saamsmelt […]

Read More

DBV sê oor steel van honde vir kapana-bedryf - June 20, 2025

Plaaslike media berig van toenemende honde-diefstalle in Oshakati en omgewing, en dat die troeteldiere oop en bloot aan kapana-verkopers by die Oshakati-mark verkoop word. Die kapana-verkopers sê die vleis is baie gewild en hulle maak sowat 1 000 Namibiese dollar wins op ‘n hond-karkas. Hulle koop die lewende honde vir sowat 200 dollar en dra […]

Read More

N/a’an ku sê genooi deur Charles en Camilla - June 20, 2025

Die N/a’an ku sê-stigting is genooi na die komende Harmony Summit, aangebied deur The King’s Foundation op 7 Julie by Highgrove House and Gardens in Gloucestershire, in die Verenigde Koninkryk. Die Harmony Summit sal fokus op die deel van inheemse kennis en ondersoek instel na hoe die kennis benut kan word om beter in harmonie […]

Read More

Voetgangersterftes neem toe, MVA het kommer - June 20, 2025

Die Motorvoertuigongelukkefonds het kommer uitgespreek oor ‘n skerp toename in voetgangersterftes, na ‘n toename van 45 persent tussen 1 Januarie en 4 Junie vanjaar vergeleke met dieselfde tydperk in 2024. Volgens die fonds het die aantal sterftes van 60 tot 87 gestyg, terwyl voetgangersverwante ongelukke met 15 persent tot 501 voorvalle gestyg het. Voetgangerbeserings het […]

Read More

Oos-Kaapse oorstromings was katastrofies - June 20, 2025

Die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Xolani Williams, het die onlangse vloede as katastrofies en ondenkbaar beskryf. Twee-en-neëntig sterftes is tot dusver bevestig, terwyl duisende mense dakloos gelaat is. Daar word verwag dat getalle sal styg terwyl soek- en reddingspogings voortduur. Williams het op ‘n gedenkdiens in Mthatha gesê treurende gesinne wag […]

Read More

Trump gee twee weke oor Iran-besluit - June 20, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het ‘n sperdatum van twee weke gestel om te besluit of die VSA by Israel se oorlog met Iran sal aansluit, wat tyd toelaat om ‘n onderhandelde einde aan die konflik te kry. Die besluit om ‘n venster vir diplomasie oop te laat, kom na Israel se verdedigingminister Israel Katz openlik […]

Read More