Erongo-polisie behaal sukses na bakkie-roof - October 20, 2025
Die polisie op Walvisbaai het groot sukses behaal nadat daar in ‘n toeris se gehuurde bakkie op die dorp ingebreek is. Die voorval is op kringtelevisie vasgevang en is wyd op sosiale media gedeel. Toerusting ter waarde van 91 000 Namibiese dollar is gesteel. Die verdagtes is bekend aan die mag maar is nog op […]
Binnelandse lenings: Kenner sê daar’s meer as een kant aan die saak - October 20, 2025
Die Internasionale Monetêre Fonds het waargeneem dat sub-Sahara Afrika se regerings na plaaslike banke gaan om hulle begrotings te finansier teen ‘n hoër rente koers en dit plaas druk op leners. Die Fonds verklaar ook dat baie plaaslike finansiële markte onderontwikkeld en gefragmenteerd is, met hoë transaksiekoste en leningsverspreidings. Die Namibiese regering prioritiseer ook plaaslike […]
SME’s het groot uitdagings vir toetrede na olie en gas - October 20, 2025
Finansiering bly ‘n groot uitdaging vir klein en mediumgrootte ondernemings wat wil deelneem aan Namibië se olie- en gassektore, en plaaslike firmas vra vir regeringsgesteunde waarborgfondse om hulle te help om toegang tot toerusting te kry en aan sertifiseringsvereistes te voldoen. Rolspelers in die bedryf waarsku dat finansiële en operasionele beperkings steeds SME-deelname belemmer namate […]
Aktiviste bevorder Afrika-narratief vir COP30 - October 20, 2025
‘n Span van drie jong Afrika-omgewingsaktiviste het in Namibië aangekom om vir Afrika-stemme in die stryd teen klimaatsverandering te pleit as deel van die Light COP30-inisiatief. Die jeuggeleide inisiatief, wat in September in Kenia begin het, is daarop gemik om perspektiewe van gemeenskappe regoor die vasteland oor omgewingsbeskerming en klimaatsveerkragtigheid in te samel. Hulle is […]
Daar’s baie meer as 5 000 gevalle van GBV jaarliks – kenner - October 20, 2025
Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, Emma Kantema-Gaomas, sê meer as 5 000 gevalle van geslagsgeweld geweld word jaarliks in Namibië aangemeld. Kantema het dit by die bekendstelling van die Strategiese Plan vir Geslagsgeweld vir 2025 tot 2030 in Windhoek onthul. Sy het geslagsgeweld beskryf as een van die dringendste ontwikkelingsuitdagings in die land wat […]
Miljoene oorbestee op watertenkwaens in Tshwane - October 20, 2025
Die DA het aan Tshwane se munisipale bestuurder, Johann Mettler, geskryf en ʼn ondersoek gevra na die besteding op watertenkwaens in die metro. In die boekjaar wat in Junie 2025 geëindig het, was die oorbesteding hierop 457 miljoen Suid-Afrikaanse rand, en 672 miljoen rand meer as wat amptenare in 2024 bestee het. Cilliers Brink van […]
Zim se Zanu-PF besluit eenparig om Grondwet vir Mnangagwa aan te pas - October 20, 2025
Zimbabwe se regerende Zanu-PF-party beplan om die grondwet te wysig om president Emmerson Mnangagwa, 83, se termyn met twee jaar tot 2030 te verleng, ‘n stap wat opposisiepolitici as onwettig veroordeel. Die resolusie kom te midde van ‘n opvolgstryd binne die party, waar Mnangagwa se hoof interne mededinger, voormalige weermaggeneraal Constantino Chiwenga, van verraad beskuldig […]
Vyf selfmoorde oor die naweek - October 20, 2025
Vyf Namibiërs, waaronder een vrou, het die afgelope naweek hul eie lewens geneem. Vier mans het hulself in afsonderlike voorvalle Vrydag gehang – twee in die Noorde, een op Seëis en die ander op Bethanie. Hul ouderdomme het van 29 tot 41 jaar gewissel. ‘n 23-jarige vrou het haarself Saterdagoggend in Hakahana in Windhoek gehang.
Kuberkrakers: SME’s is mees kwesbaar - October 20, 2025
Kubersekuriteit word al hoe meer ‘n kopseer vir besighede. Die inligtingministerie het onlangs aangekondig dat meer as ‘n miljoen kuberaanvalle in ‘n tydperk van ses maande in die land aangeteken is. Openbare bewustheid van die kwessie is dus uiters belangrik. Kosmos 94.1 Nuus het met Tanya Hopker van Meinert Security gepraat, wat sê klein besighede […]
COP30: Armoede en die klimaat - October 20, 2025
Byna 80-persent van die wêreld se armes, 887-miljoen mense, woon in streke wat blootgestel word aan uiterste hitte, oorstromings en ander klimaatsgevare. Dit is volgens ‘n verslag deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram en die Universiteit van Oxford, voor die COP30-klimaatberaad in Brasilië volgende maand. Suid-Asië en Afrika suid van die Sahara is verantwoordelik vir […]