Oekraïne en Rusland ruil weer gevangenes uit - June 20, 2025
Oekraïne en Rusland het Donderdag krygsgevangenes uitgeruil in die jongste rondte ingevolge ‘n ooreenkoms wat in Istanboel bereik is. Die meeste is gevange gehou sedert die vroeë maande van Rusland se inval in Februarie 2022. Die Oekraïnse gevangenes was siek of beseer, volgens Kiëf se koördineringsraad vir krygsgevangenes. Die Russiese gevangenes sal ook behandeling en […]
Repokoers in lyn met alle tendense, sê ontleder - June 19, 2025
Nog reaksie word ontvang op die repokoers wat Woensdag onveranderd op 6,75 persent gelaat is. Beleggingsontleder Arney Tjaronda sê die besluit is in lyn met al die huidige neigings en tendense wat tans plaaslik, in die streek en internasionaal voorkom. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Kommer oor swart boere wat sukkel met toegang tot grond - June 19, 2025
Die African Farmers Association of South Africa in die Vrystaat is bekommerd oor swart boere se uitdagings om toegang tot grond te verkry. Die verklaring volg ná ‘n grondgeskil in Hoopstad, waar ‘n opkomende swart boer nie by staatsgrond wat deur die Departement van Water en Sanitasie bestuur word, ingesluit is nie. Realeboha Mokhethi van […]
SpaceX Starship ontplof op grond voor lansering - June 19, 2025
Een van Elon Musk se SpaceX Starships het tydens ’n roetine-toets in Texas ontplof. Dit is ‘n verdere terugslag vir die miljardêr se droom om die mensdom in ‘n interplanetêre spesie te verander. Die mega-vuurpyl wat aan die lanseerarm gekoppel is, word in ‘n video gesien, terwyl daar ‘n flits is, gevolg deur ‘n verblindende […]
Russell verleng sy kontrak met Bath tot 2028 - June 19, 2025
Rugby: Die losskakel van Skotland en ook die Britse en Ierse Leeus, Finn Russell, het sy kontrak met Premierskapkampioen Bath tot die middel van 2028 verleng. Hy het by die Engelse klub, wat deur Suid-Afrikaner, Johann van Graan afgerig word, in 2023 vir drie jaar aangesluit en het 420 punte in 45 wedstryde aangeteken. Russell […]
N/a’an ku sê loop breëbors oor Neuras se wyne - June 19, 2025
Die besturende direkteur van N/a’an ku sê, Rudie van Vuuren, sê hulle is uiters trots op die prestasie van hulle Neuras Wyn- en Wildlandgoed. In ‘n mylpaal vir Namibië het al die wyne wat ingeskryf was by die International Challenge Gilbert & Gaillard 2025, een van die wêreld se mees vooraanstaande wynkompetisies, goud gewen. Van […]
Debmarine Desert Jewels skitter in Dubai - June 19, 2025
Namibië se Debmarine Desert Jewels is steeds onoorwonne by die Verenigde Arabiese Emirate Netbalbeker-toernooi in Dubai, waar hulle Ierland se Emeralds vanoggend met 57-38 geklop het. Die Jewels het Kenia in hul eerste wedstryd met 41-33 verslaan en die Emirate se Falcons oortuigend met 69-48 kafgedraf. Hulle het daarna 49-elk gelykop gespeel met Singapoer se […]
Toestemming nodig vir gronddamme, hoor NV - June 19, 2025
Die PDM-president McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering vrae aan eerste minister Elijah Ngurare gerig. Hy wou weet of daar ‘n omgewingsimpak-studie gedoen is om te bepaal of gronddamme in die Cuvelai-gebiede wat vatbaar is vir vloede, gebou kan word. Landbouminister Inge Zaamwani het so geantwoord:
ACC verduidelik ondersoek na onwettige medisyne-invoere - June 19, 2025
Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het die Teenkorrupsie-kommmisise gevra om die beweerde onwettige invoer van medisyne en interne diefstalsindikate te ondersoek. Sy het ook ‘n ondersoek na personeel by die Verpleegraad versoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die kommissie, Josephine Nghituwamata, gepraat vir meer inligting oor die ondersoek. Sy verseker die publiek […]
Regshulpsentrum sê oor aanhouding van jeugdiges - June 19, 2025
Die direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, het haar stem bygevoeg by die gesprek oor aanhouding vir jeugdiges. Dit kom na die nuus van die ontsnapping en herarrestasie van 11 jeugdiges in die Noorde. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.