Nasionale taakmag oor gratis onderwys begin sittings - June 19, 2025

Adjunk-onderwysminister Dino Ballotti het vandag die eerste sitting van die nasionale taakmag oor gratis onderwys in tersiêre instellings amptelik geopen. Die taakmag se mandaat is om ‘n uitgebreide plan vir gratis tersiêre onderwys te ontwikkel. ‘n Sleuteldoelwit is om teen einde Augustus ‘n gedetailleerde implementeringsplan met duidelike en uitvoerbare tydlyne by die kabinet in te […]

Read More

HyIron sê beleggings nodig vir groei - June 19, 2025

Die Statebond Besigheidsforum is tans in die hoofstad aan die gang. Die HyIron Oshivela span is teenwoordig en die maatskappy se besturende direkteur, Johannes Michels, het die uitdagings met vraag en voorsiening uitgelig. Hy sê hulle produksie volumes is steeds uiters laag en beleggings is nodig om produksie te verbeter.

Read More

Toyota SA eis in hof R6,5 miljard vir 2022-vloede - June 19, 2025

Toyota Suid-Afrika het ‘n regsgeding van 6,5 miljard Suid-Afrikaanse rand teen die KwaZulu-Natal provinsiale regering, Transnet, en die eThekwini Munisipaliteit aanhangig gemaak. Dit handel oor die skade by sy Prospecton-aanleg tydens die oorstromings in April 2022. Die maatskappy eis 4 miljard rand vir herstelwerk en 2 miljard vir sake-onderbreking. Craig Woolley, ‘n direkteur by die […]

Read More

Lande ontruim burgers uit Israel, Iran - June 19, 2025

Regerings regoor die wêreld is besig om duisende van hul burgers wat vasgekeer is in die vinnig verslegtende konflik tussen Israel en Iran, met busse, per vliegtuig en in sommige gevalle selfs per voet, te ontruim. Buitelanders probeer reeds sedert verlede week om albei lande inderhaas te verlaat nadat Israel Vrydag bomaanvalle teen Iran se […]

Read More

Rassie in sy skik met Bokke se voorbereiding - June 19, 2025

Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hulle voorbereiding vir volgende Saterdag se kragmeting met die Barbarians in Kaapstad vorder goed. Die Bokke is byna voltallig na die aankoms van die Bulle se spelers, Leinster se slot, RG Snyman, en Leicester Tigers se losskakel, Handré Pollard. Hulle was verlede naweek nog betrokke by die eindstryde van […]

Read More

Mediese fonds-lede moet jaarvergaderings bywoon: Namfisa - June 19, 2025

Lede van geregistreerde mediese fondse word aangeraai om deel te neem aan jaarlikse vergaderings. Namfisa se uitvoerende hoofbeampte Kenneth Matomola het die kwessie geopper nadat verskeie jaarvergaderings swak bygewoon was. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond gepraat die woordvoerder van Namfisa wat die regulerende liggaam se kommer verder uitspreek.

Read More

Maak plan teen hoër brandstofprys, vra Cosatu - June 19, 2025

Cosatu vra die regering om vinnig op te tree om ʼn brandstof-prysstyging in Julie af te weer. Die Sentrale Energiefonds se data in die middel van die maand toon ʼn skerp styging in wêreldwye oliepryse weens die oorlog in die Midde-Ooste wat die huidige verhaling in Suid-Afrika negatief raak. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die regering […]

Read More

Israel beveel Weermag om Iran-aanvalle te verskerp - June 19, 2025

Die Israelse Weermag is beveel om aanvalle op strategiese teikens in Iran te verskerp. Dit volg nadat Iran vandag sy jongste vlaag van ongeveer 30 ballistiese missiele op Israel afgevuur het. ‘n Hospitaal in Berseba is getref, wat meer as 60 mense beseer het. Israel se minister van Verdediging, Israel Katz, sê die doelbewuste aanvalle […]

Read More

Chelsea se Mudryk kan vir vier jaar geskors word - June 19, 2025

Sokker: Engeland se Sokkervereniging het Chelsea se vleuel, Mykhailo Mudryk, aangekla van die oortreding van teen-opkikkerregulasies en hy kan vir tot vier jaar geskors word. Die 24-jarige is in Desember voorlopig geskors nadat hy ‘n opkikkertoets gedop het terwyl hy die vorige maand vir Oekraïne in Albanië en Georgië gespeel het. Mudryk hou vol hy […]

Read More

Amper N$660m op ‘studies’ begroot - June 19, 2025

Die regering is bekend daarvoor dat hy talle studies en lewensvatbaarheidstudies uitvoer, ten duurste, met uiters lae implementering. Die Tender Bulletin berig dat amper 660 miljoen Namibiese dollar vir die huidige boekjaar begroot is vir die studies, 4 persent van die totale vekrygingsbegroting, en amper 37 persent meer as wat verlede jaar begroot is. Verlede […]

Read More