Johannesburg-tariewe styg skerp - June 19, 2025
Die Stad Johannesburg het die tariewe vir 2025/2026 goedgekeur wat volgende maand in werking tree. Die metro se nuwe tariewe beteken elektrisiteit kos 12,74-persent meer, water en riool styg met 13,9-persent, vullisverwydering met 6,6-persent en eiendomsbelasting met 4,6-persent. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Margaret Arnolds, sê die tariewe is so saamgestel dat die metro voorkeur gee […]
Guterres het kommer oor Midde-Ooste - June 19, 2025
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het kommer uitgespreek oor die toenemende konflik tussen Israel en Iran. Die krisis het Vrydag ontstaan toe Israel kern- en militêre persele reg oor Iran aangeval het en Teheran wraakaanvalle op Israelse stede uitgevoer het. Meer as 500 mense is in albei lande dood. Guterres se woordvoerder, Stéphane […]
Bewerings dat Bolsonaro intelligensie gebruik het om teenstanders te teiken - June 19, 2025
Voormalige Brasiliaanse president Jair Bolsonaro het na bewering gehelp om ‘n onwettige toesigskema deur die intelligensie-agentskap ABIN te orkestreer om sy politieke vyande tydens sy termyn te teiken. Dit is volgens ‘n federale polisieverslag wat deur die hooggeregshof vrygestel is. Dit voer aan ABIN is gebruik om op politieke vyande en staatsinstellings te spioeneer, aan te […]
DBV Otjiwarongo vir eers gesluit, sieklike diere van kant gemaak - June 19, 2025
Die komitee van die Dierebeskermingsvereniging het die skorsing van die Otjiwarongo-takbestuurder aangekondig hangende ‘n interne ondersoek. Dit kom na daar blykbaar verskeie klagtes was. Ondersoek is deur die Windhoek-tak ingestel en die skorsing het gevolg. Dus, is die DBV-tak in Otjiwarongo tydelik gesluit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Silke van der Merwe, die direkteur […]
Ekonoom sê oor IMF aanbevelings aan GRN - June 19, 2025
Reaksie word ontvang op die Internasionale Monetêre Fonds wat Namibië versoek om sy loonrekening te sny, staatsondernemings te hervorm en belastingstelsels te versterk om fiskale druk te verlig en groei te bevorder. Met groei wat tot 3,7 persent in 2024 gedaal het, het dit ook beter openbare besteding, belyning van rentekoerse met Suid-Afrika, en sterker […]
Agt cholera gevalle nou bevestig - June 19, 2025
Die gesondheidsministerie sê ’n totaal van agt vermeende cholera-gevalle is aangemeld, met ses op Opuwo, insluitend een sterfgeval, wat uit dieselfde huishouding kom. Twee ander gevalle is van twee nedersettings naby Opuwo. Die vyf oorblywende gevalle uit dieselfde huishouding is almal in ’n stabiele toestand in ’n isolasie-afdeling by die Opuwo-distrikshospitaal. Toetse bevestig die stam is […]
Shack Dwellers is deel van die Khomas-behuisingsplan - June 19, 2025
Die Shack Dwellers-federasie is deel van die planne van die Khomas-goewerneur, Sam Nujoma om 5 000 huise in die huidige jaar te bou en informele nedersettings te formaliseer. Die plan is reeds ingedien. Heinrich Amushila van die federasie het meer en sê die konstruksie van 500 van die huise sal onder hulle resorteer.
Man vind vergete loterykaartjie in motor, wen US$50 000 - June 19, 2025
Dalk moet jy jou voertuig noukeurig nagaan? ‘n Man van Philadelphia sê hy was besig om sy motor skoon te maak toe hy op ‘n vergete Powerball-kaartjie afgekom het. Die man, wie se identiteit weerhou is, reis gereeld vir sy werk as ingenieur en het op die pad die kaartjie gekoop en daarvan vergeet. Die […]
PDM wil weet van die regte van informele handelaars - June 19, 2025
Die PDM-LP Rosa Mbinge-Tjeundo het in die Nasionale Vergadering die stedelike en landelike ontwikkelingminister, James Sankwasa, uitgevra oor watter maatreëls geïmplementeer word om die menseregte van informele verkopers te beskerm. Dit geld veral vroue en die jeug, wat die meerderheid van die informele handelsektor uitmaak. Sy het kommer uitgespreek dat munisipale verordeninge dikwels die sosio-ekonomiese […]
DA verwerlkom vordering met gryslys-aksies - June 19, 2025
Die DA verwelkom die Finansiële Taakspan se eenparige besluit om Suid-Afrika se vordering op te gradeer om die laaste twee hervormings toe te pas wat nodig is om van die gryslys verwyder te word. Die land het al 22 aanbevole items van die aksieplan afgehandel. Suid-Afrika is op die gryslys geplaas weens gebreke in sy […]