Bibi verbind tot uitwissing van Hamas, en Iran se kernwapenprogram - June 19, 2025

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die operasie om Iran se kern- en ballistiese missiele te vernietig, vorder terwyl Israel en Iran mekaar steeds aanval. Israel sê hy het militêre teikens in Teheran getref en Iran beweer hy vuur ballistiese missiele af op Israel. Netanyahu sê hulle is ook daartoe verbind om Hamas te […]

Read More

Twee blokke kaartjies vir Bok-Barbarian kragtmeting nou beskikbaar - June 19, 2025

Die organiseerders van volgende naweek se wedstryd tussen die Springbokke en die Barbarians in Kaapstad het twee nuwe blokke kaartjies vrygestel om Suid-Afrika se Wêreldbekeroorwinning van 1995 te vier. Die oorwinning van 30 jaar gelede sal herdenk word met die verbyvlug van ‘n jumbo-straler wanneer die Bokke hulle seisoen afskop. Die kategorie-kaartjies teen 950 Suid-Afrikaanse […]

Read More

Registrasie van Yango, InDrive in Windhoek weer in die nuus - June 19, 2025

Die saamryplatforms Yango en InDrive is volgens die Windhoek Stadspolisie nie formeel as openbare vervoerverskaffers by die Stad geregistreer nie. Alle voertuie wat vervoerdienste teen betaling of vergoeding binne die stad aanbied, moet bedryfspermitte hê. Die eienaar van Lefa, Melkies Ausiku, sê egter aanlyn saamryplatforms is slegs ‘n aanlyn bemarkingsplatform wat bestuurders met passasiers verbind. […]

Read More

Gedeeltelik opheffing van verbod op pluimvee vanaf Brasilië verwelkom - June 19, 2025

Die Vereniging van Vleis in- en -uitvoerders en die Suid-Afrikaanse Vleisverwerkingsvereniging het die regering se gedeeltelike opheffing van die pluimveeverbod vanuit Brasilië verwelkom. Die opheffing tree vandag in werking. Invoere hervat uit alle state behalwe Rio Grande do Sul, wat deur voëlgriep geraak word. Hierdie verandering verhoed moontlik proteïentekorte. Die vereniging vra vinniger finalisering van […]

Read More

Voorlopige ooreenkoms vir vrede tussen DRK, Rwanda - June 19, 2025

Tegniese spanne van Rwanda en die Demokratiese Republiek van die Kongo het ‘n konsep-vredesooreenkoms geparafeer wat na verwagting volgende week onderteken sal word, Dit is volgens verteenwoordigers van die twee lande en die Verenigde State. Die voorlopige ooreenkoms, wat in ‘n gesamentlike verklaring aangekondig is, kan ‘n deurbraak wees in gesprekke wat deur president Donald […]

Read More

Gallant sê dis VSA se plig om toe te tree - June 19, 2025

Die voormalige Israeliese verdedigingsminister Yoav Gallant sê Amerika het ‘n plig om toe te tree in sy land se oorlog teen Iran. Gallant sê Iran se kernwapen bedreig die sekuriteit van die hele gebied. Hy het met CNN gepraat.

Read More

Momentum in skadevergoedingsaak teen Harvey Boulter - June 19, 2025

Alta van Wyk, die weduwee van Gerhard van Wyk wat in Februarie 2021 dood is na ‘n skietvoorval waarvoor die Britse miljardêr Harvey Boulter vir moord aangekla word, eis miljoene Namibiese dollar vir skadevergoeding van Boulter. Die kwessies in die hofsaak, wat na raming twee weke sal duur op verhoor, is ingedien by die hoërhof […]

Read More

G20: Cosatu vra raamwerk vir kritieke minerale - June 19, 2025

Die vakverbond Cosatu vra vir ‘n G20 Raamwerk vir Kritieke Minerale wat gelykheid, volhoubaarheid en menseregte bevorder terwyl Suid-Afrika die G20-besprekings oor inklusiewe groei en groen industrialisering aanbied. Zanele Sabela van Cosatu vra plaaslike waardekettings, die skep van ordentlike mynbou, en versterkte bestuur, wat mynwerkers en gemeenskappe bevoordeel. Sy vra ook die toepassing van oorkoepelende […]

Read More

Iran het nie kernwapen-ontwikkeling nie – minister - June 19, 2025

Iran se diplomatieke sending by die Verenigde Nasies ontken president Donald Trump van Amerika se bewerings dat Iranse onderhandelaars die Withuis wil besoek. Die sending sê Iran onderhandel nie onder dwang nie, en sal nie vrede onder dwang aanvaar nie. Intussen het Rafael Grossi, die hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap bevestig dat hulle geen aanduidings […]

Read More

Aussies pas bloed- en plasmaskenking reëls aan - June 19, 2025

Australië gaan reëls ophef wat alle seksueel-aktiewe gay en biseksuele mans verbied om bloed en plasma te skenk. Die reëls is oorspronklik ingestel om die gevaar van bloedskenkings vanaf groepe met ‘n hoër MIV-blootstellingskans te verminder. Australië sal dan die eerste land wees om alle beperkings weens seksuele bedrywighede op plasmaskenking te verwyder. Mense in […]

Read More