BoN vra verlaging van primakoers - June 19, 2025
Die Bank van Namibië het kommersiële banke aangespoor om hul prima-leningsmarges te verlaag tot vlakke wat ooreenstem met ander lande in die Gemeenskaplike Monetêre Gebied, ‘n stap wat na verwagting leenkoste vir verbruikers sal verlaag. Tans handhaaf die land ‘n verskil van 3,75 persent tussen die repokoers en die prima-leningskoers, terwyl ander lande in die […]
Lüderitz gaan digitaal - June 19, 2025
Die Lüderitz-dorpsraad is besig om te digitaliseer om by te bly met ontwikkelings in die gebied. Die dorp is aan die voorpunt van olie- en gas-eksplorasie, sowel as sonkrag- en groenwaterstof-bedrywighede. Om hulle verder ‘n hupstoot te gee het die dorpsraad nuwe sagteware in werking gestel. Lüderitz burgemeester Phil Balhao gee meer inligting.
SA-kleinhandel styg teenoor 2024 - June 19, 2025
Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in April met 5 persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Algemene handelaars het die meeste groei getoon met ‘n styging van 5,3 persent, en kleinhandelaars in tekstiele, klerasie, skoeisel en leergoedere het met 12,5 persent gestyg. Raquel Floris van Statistieke SA sê verkope het met 0,5 persent gedaal […]
Tyler Perry gedagvaar vir N$4,6 miljard - June 19, 2025
Die akteur van The Oval, Derek Dixon, het die Amerikaanse rolprentvervaardiger en dramaturg Tyler Perry vir 4,6 miljard Namibiese dollar gedagvaar oor beweerde seksuele teistering, aanranding en vergelding. Dixon, wat op Perry se program verskyn het, beweer hy het sy invloed uitgebuit en hom gedwing om ‘n seksuele verhouding te hê. Die regsgeding van 46 […]
Dangote kuier vandag by NNN - June 19, 2025
Aliko Dangote, die bekende Nigeriese sakeman, sal vanoggend om 11-uur, ‘n hoflikheidsbesoek aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah bring in die hoofstad. Dangote, die rykste persoon in Afrika, is volgens Forbes net minder as 24 miljard Amerikaanse dollar werd. Sy fortuin is hoofsaaklik gebou uit Dangote Cement, hoewel hy sy sakeryk begin het deur kommoditeite soos suiker, […]
Oplossings vir lang rye met e-visums word gesoek – Daniel - June 19, 2025
Tydens ‘n sitting van die Nasionale Vergadering het die IPC-LP Rodrick Likando die toerisme-minister, Indileni Daniel, uitgevra oor die lang rye waarin toeriste by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe hulle bevind weens visumvertragings. Daniel sê die kwessie is onder bespreking en dat die ministerie moontlike oplossings ondersoek om die wagtye aan te spreek.
Toep help aan herstel van amper 40 000 Gauteng-slaggate - June 19, 2025
Die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer sê sy PotholeFixGP-toepassing help hom sedert 2022 met byna 39 000 slaggate wat reggemaak is. Die toepassing, waar motoriste slaggate en stukkende verkeersligte kan aanmeld, is meer as 19 000 keer afgelaai. Meer as 2 100 slaggate is in Krugersdorp aangemeld, en meer as 1 700 is reggemaak. […]
Tucker Carlson haal Ted Cruz uit oor Iran - June 19, 2025
Terwyl president Donald Trump die wêreld op sy tone hou en weier om te sê om hy Israel in sy oorlog en Iran sal bystaan, is die Republikeinse Party verdeeld oor of die VSA militêr betrokke moet raak. Oud-Fox aanbieder Tucker Carlson, een van Trump se grootste ondersteuners, het verras toe hy sy teenkanting aan […]
LLPB sê oor Karan Beef, maan produsente om versigtig te wees - June 19, 2025
Reaksie word steeds ontvang oor die bek-en-klouseer by Karan Beef se Heidelberg-fasiliteit. Berigte dat die siekte ook by Karan se Nigel- en Albert Falls-voerkrale teenwoordig is, is nog nie bevestig nie. Karan Beef koop maandeliks duisende speenkalwers in Namibië, maar het vir eers die aankope gestaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Anja Boshoff-De […]
Ons kan versigtig optimisties wees oor die rand-dollar wisselkoers - June 19, 2025
Die langtermynvooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, teenoor die Amerikaanse dollar bly versigtig optimisties. Analiste verwag die moontlikheid van een laaste fase van swakheid voor ‘n moontlike ommekeer. Ten spyte van huidige druk, is die oortuiging dat die rand ‘n verrassende en positiewe prestasie oor die langer termyn kan lewer. Kosmos […]