BoN verander reëls oor sedeer van polisse vir kollateraal - June 19, 2025

Die Bank van Namibië sê dit is nou moontlik vir lewenspolis-houers om veelvuldige sederings op een polis te hê. Die sentrale bank sê dit is nie nodig om die totale waarde van die polis te sedeer nie solank as wat die kollateraal voldoende is. Dit sal verseker dat individue nie meer talle lewenspolisse moet uitneem […]

Read More

Zaamwani sê oor Meatco - June 19, 2025

Landbouminister Inge Zaamwani het in die Nasionale Vergadering gesê die ministerie bly daartoe verbind om die ommekeer en volhoubaarheid van Meatco te ondersteun. Dit kom na die skok-bedanking van Sakaria Nghikembua, die voorsitter van Meatco se direksie,as gevolg van inmenging. Zaamwani sê haar ministerie het saam met die finansministerie en die prokureur-generaal gepoog om met […]

Read More

F1: Een stappie nader vir Kyalami - June 19, 2025

Die FIA-beheerliggaam het Kyalami se opgraderingsplanne goedgekeur wat dit die enigste Graad 1-baan in Afrika sal maak en die weg baan dat Formule Een na Suid-Afrika terugkeer. Die opgradering wat na raming sowat 180 miljoen Suid-Afrikaanse rand sal kos, sal nie die baan se uitleg verander nie, maar veranderinge insluit wat aan moderne veiligheid- en […]

Read More

GRN spreek druk op diamantbedryf uit in Angola - June 19, 2025

Namibië ervaar toenemende druk in sy diamantbedryf na die instelling van ‘n Amerikaanse tarief van 21 persent op mineraaluitvoere, insluitend diamante. Die sektor, wat reeds sukkel met dalende pryse en mededinging van laboratorium gekweekte edelstene, het ‘n daling van die regering se inkomste van 6 miljard Namibiese dollar tot net meer as 2 miljard dollar […]

Read More

Cyril doen beroep vir klimaatbefondsing by G7 - June 19, 2025

Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa het, ter afsluiting van sy G7-besoek in Kanada, wêreldleiers gevra om befondsing vir die uitwerking van klimaatsverandering, soos vloede, voorop te stel. Hy het die land se Billike Energie-oordrag en gereedheid om die komende G20-beraad aan te bied, beklemtoon. Ramaphosa het die behoefte aan finansiële steun uitgelig om die nagevolge […]

Read More

Lungu-familie keer dat oorskot terugkeer, geskil met regering - June 19, 2025

Die familie van Zambië se voormalige president Edgar Lungu het die repatriasie van sy liggaam uit Suid-Afrika gestop en die Zambiese regering daarvan beskuldig dat dit sleutelooreenkomste oor sy begrafnis verbreek het. Lungu se oorskot sou Woensdag op ‘n privaat-huurvliegtuig teruggevlieg word na dae van onsekerheid. Sy familie sê hulle vind dit baie moeilik om […]

Read More

Trump-ondersteuners gekant teen aanval op Iran - June 19, 2025

‘n Meerderheid van Amerikaanse president Donald Trump se ondersteuners is teen Amerikaanse militêre betrokkenheid in Israel se konflik met Iran, het ‘n YouGov/Economist-peiling wat Woensdag gepubliseer is, bevind. Die peiling wys dat 53 persent van die kiesers wat Trump in die 2024 presidentsverkiesing gesteun het, nie wil hê dat die land by Israel se aanvalle […]

Read More

Vleispryse bestendig ten spyte van Karan-fiasko - June 18, 2025

Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die jongste vleispryse bekend gemaak. Ten spyte van die Karan Beef bek-en-klouseer voorval bly pryse redelik bestendig vanweë plaaslike verkope. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die raad se bemarkingsbestuurder, gesels.

Read More

Gesondheidsorgsektor sê kuberaanvalle neem toe - June 18, 2025

Suid-Afrika se gesondheidsorgsektor word toenemend deur kuberaanvalle bedreig. Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste is ‘n onlangse slagoffer van ‘n losprys-aanval. ‘n Regskenner, Safia Mahomed, het in ‘n onderhoud met Moneyweb gesê dringende hervormings is nodig, insluitend strenger bestuur, etiese regulering van kunsmatige intelligensie en beter infrastruktuur. Die gesondheidsorgsektor verteenwoordig 32-persent van die uitlekgevalle van data landwyd tussen […]

Read More

Trump systap vraag oor VSA-betrokkenheid in Iran - June 18, 2025

Die opperleier van Iran, die Ayatollah Ali Khamenei, sê die land sal nooit oorgee soos wat president Donald Trump eis nie. Hy waarsku Amerika dat dit “onherstelbare skade” in die gesig staar as dit ingryp om Israel te ondersteun. Trump sê op sy beurt niemand weet of hy sal toelaat dat die VSA by aanvalle […]

Read More