Proteas bedank SA vir oorweldigende ondersteuning - June 18, 2025

Krieket: Die Proteas se toetskaptein, Temba Bavuma, sê hulle het oorweldigende ondersteuning van Suid-Afrikaners ontvang na die oorwinning oor Australië in die Wêreldtoetskampioenskap. Hy het op die OR Tambo-lughawe in Gauteng gepraat met die span se terugkeer uit Engeland, waar hulle die eindstryd op Lord’s in Londen gewen het. Hy het sy spanmaats geloof vir […]

Read More

Nascam verwelkom kopiereg-konsepwetsontwerp - June 18, 2025

Bipa het die Namibiese Konsepwetsontwerp op Kopiereg en Verwante Regte voorgestel, wat die instelling van ‘n kopieregheffing voorstel as ‘n moderne benadering om die uitdagings aan te spreek wat die ongemagtigde gebruik van kopieregbeskermde inhoud inhou. Hierdie heffing verseker dat kopiereghouers billik vergoed word. Kosmos 94.1 Nuus het met Albert Nicanor, die uitvoerende hoof van […]

Read More

Fietsryers wys hul staal by Afrika-kampioenskappe - June 18, 2025

Namibië het reeds drie medaljes gewen by die Afrika-bergfietskampioenskap se Olimpiese veldresies in Pietermaritzburg. Roger Surén het silwer gewen in die junior mansresies en Sean Lowe brons. Delsia Janse van Vuuren het die bronsmedalje in die junior vroue-wedren gewen en Rosemarie Thiel was in die vyfde plek. In die elite mansresies het Hugo Hahn ‘n […]

Read More

AR gaan NV-mosie indien om stemouderdom te verlaag - June 18, 2025

Die AR-beweging parlementslid Tuhafeni Kalola het in die Nasionale Vergadering kennis gegee van ‘n mosie oor die stemouderdom. AR-leier Job Amupanda vra al lank dat die stemouderdom van 18 jaar oud na 16 jaar verlaag moet word. Kalola is aan die woord.

Read More

Rhino Resources beplan nuwe eksplorasieput in PEL 85 - June 18, 2025

Die Kaapstad-gebaseerde onafhanklike Rhino Resources en sy vennoot, Azule Energy, sal hul nuwe Volans-1X-eksplorasieput aflandig van die Namibiese suidkus aan die einde van Julie of begin Augustus boor, het die maatskappy aangekondig. Dit kom na Rhino Resources in April ligte olie getref het in sy Capricornus 1-X-put in PEL 85 in die Oranje-bekken. Die toets […]

Read More

Gesondheidminister sê oor onwettige invoer van medisyne - June 18, 2025

Tydens ‘n sitting van die Nasionale Vergadering het die Affirmative Respositioning-leier, Job Amupanda, die minister van gesondheid, Esperance Luvindao, gevra oor die beweerde onwettige invoer van medisyne deur die Walvisbaai-hawe. Hy het die gesondheidsraad daarvan beskuldig dat hulle lewens in gevaar stel. Lynminister Esperance Luvindao sê dat ‘n vergadering met die regspan reeds plaasgevind het […]

Read More

Al Neuras se wyne wen goud by gesogte internasionale kompetisie - June 18, 2025

Neuras Wyn- en Wildlandgoed het ‘n mylpaal vir Namibië bereik, met al sy wyne wat ingeskryf was by die International Challenge Gilbert & Gaillard 2025, een van die wêreld se mees vooraanstaande wynkompetisies, wat goud gewen het. Die landgoed se Nappa Grappa het ‘n skaars en gesogte dubbel-goud ingepalm in die Grappa-kategorie. In die rooiwyn-kategorie […]

Read More

Koperdraad-diewe laat Hentiesbaai weer sonder water - June 18, 2025

Hentiesbaai het weer die slagoffer geword van diefstal en die vandalisering van ErongoRed se krag-infrastruktuur, met inwoners wat dringend moet water spaar. Volgens NamWater is krities-belangrike koperdraad twee aande gelede gesteel en 13 kragpale is afgesaag, wat beteken die Omdel-boorgatveld het geen krag nie en daar kan nie water na Hentiesbaai en Swakopmund gepomp word […]

Read More

EU, Unicef se N$24 miljoen steun droogtereaksie - June 18, 2025

Die Europese Unie en Unicef het 24 miljoen Namibiese dollar geskenk om Namibië se droogtereaksie te ondersteun. Die bystand aangekondig sal 86 000 mense in erg geraakte streke help, wat toegang tot gesondheid, voeding, water, sanitasie en gesondheidsorg, en kinderbeskermingsdienste verbeter. Die ondersteuning is daarop gemik om gemeenskapsveerkragtigheid en rampvoorbereiding te versterk. Eerste minister dr. […]

Read More

SA inflasie in Mei steeds op 2,8% - June 18, 2025

Statistiek Suid-Afrika sê inflasie het laasmaand onveranderd op 2,8-persent gebly ten spyte van stygende voedselpryse. Die grootste faktor was ‘n 1,1-persent verhoging vir die maand in voedselpryse en nie-alkoholiese drankies. Die prys van beesvleis styg steeds as gevolg van die bek-en-klouseer-uitbreking, met biefstuk wat 4,5-persent in Mei gestyg het. Ricado Johnson van Statistiek SA sê […]

Read More