Kanada stel nog sanksies teen Rusland in - June 18, 2025

Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal bykomende sanksies teen Rusland instel wat 77 individue en 39 instellings insluit. Hy sal ook sanksies instel teen die handel van ʼn bykomende 201 vaartuie en verdere beperkings plaas op vaartuie wat deel is van Rusland se skadu-vloot. Carney sê dis belangrik om maksimum druk […]

Read More

Statebond Besigheidsforum hernu hoop vir werkskepping - June 18, 2025

Die Statebond Besigheidsforum vind tans in die hoofstad plaas. Dit is die eerste keer wat Namibië gasheer is. Die geleentheid duur tot 20 Junie. Die handelsminister Selma Ashipala-Musavyi, het in haar toespraak die hoop uitgespreek dat handel met die Statebond-lande werkloosheid in Namibië sal bekamp.

Read More

Kabinet besluit nog oor sluit van Israelse ambassade - June 18, 2025

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die finale besluit om die Israelse ambassade in Suid-Afrika te sluit, word nog deur die kabinet verwerk. Die Parlement het die ambassade in 2023 afgegradeer weens Israel se voortdurende besetting van Palestynse gebiede. In reaksie op mondelinge vrae in die Nasionale Raad van Provinsies, het […]

Read More

Oorskot van oud-president Lungu gaan na Zambië - June 18, 2025

Die oorskot van die voormalige Zambiese president Edgar Chagwa Lungu, wat op 5 Junie in Pretoria dood is, word vandag gerepatrieer. ‘n Familievete met president Hakainde Hichilema het die proses vertraag, met Lungu wat na bewering opdrag gegee het dat Hichilema nie naby sy liggaam mag kom nie. Die twee was baie lank politieke teenstanders. […]

Read More

Liverpool skop Premierliga-titel verdediging af teen Bournemouth - June 18, 2025

Sokker: Liverpool skop die verdediging van hulle Premierliga-titel op Anfield af teen Bournemouth op 15 Augustus, terwyl Arsenal na Manchester United reis vir ‘n taai stryd tydens die openingsnaweek. Na die Bournemouth wedstryd, het Liverpool ‘n paar lastige wedstryde teen Newcastle en tuis teen Arsenal. Thomas Frank se eerste wedstryd as Tottenham se hoofafrigter vind […]

Read More

Bolt benoem as Guinness-ikoon - June 18, 2025

Die wêreld se vinnigste man, Usain Bolt, is amptelik benoem as ʼn Guinness-wêreldrekord-ikoon. Die voormalige Jamaikaanse naelloper is vereer vir sy prestasie in atletiek en omdat hy mense wêreldwyd inspireer. Sy 9,58-sekondes oor 100 meter is die vinnigste ter wêreld terwyl sy tyd van 9,63-sekondes op 2012 se Spele in Londen steeds ʼn Olimpiese rekord […]

Read More

Dollar verswak, Brent styg - June 18, 2025

Die Amerikaanse dollar het vanoggend teenoor die meeste groot geldeenhede gewankel, met die oorlog in die Midde-Ooste wat beleggers senuagtig laat, en die Federale Reserweraad se besluit oor rentekoerse later vandag. Die Amerikaanse weermag versterk ook sy teenwoordigheid in die streek, wat spekulasie oor Amerikaanse ingryping laat ontstaan het. Dit bring kommer oor konflik in […]

Read More

Konskwente kommunikasie tussen regeringsentiteite kritiek - June 18, 2025

Tydens die Konferensie vir Regeringskommunikasiebeamptes in Rundu het die uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, Audrin Mathe, die behoefte aan gekoördineerde en konsekwente kommunikasie tussen alle regeringsentiteite beklemtoon. Hy het die lynministerie se rol in die leiding van inligtingsbestuur uitgelig en ‘n beroep gedoen op sterker kommunikasiestrategieë, veral tydens krisisse. Doeltreffende, deursigtige en tydige kommunikasie is […]

Read More

Iran ontwikkel nie kernwapens nie, nes VSA-intelligensie gesê het - June 18, 2025

Iran se ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Seyed Ali Mousavi, hou vol sy land het geen voorneme om ʼn kernwapen te bou nie. Amerikaanse intelligensie-assesserings het gevind Iran is nie aktief besig om ʼn kernwapen te bou nie. Dit is in sterk teenstelling met Israel se mening dat Iran binnekort kernwapens sal hê. Mousavi het […]

Read More

Kanada sal tot minstens 2035 F1 aanbied - June 18, 2025

Kanada gaan ‘n Formule Een Grand Prix aanbied tot minstens 2035. Dit volg nadat die sport ‘n verlenging onderteken het met Kanada en Quebec vir ‘n wedren in Montreal, wat sy eerste Grand Prix in 1978 gehou het. Die wedren was in gedrang nadat F1 se uitvoerende hoof, Stefano Dominicali, verlede jaar ‘n streng waarskuwing […]

Read More