Namibië bevestig eerste geval van hondsdolheid in rob - June 18, 2025
Namibië het sy eerste geval van hondsdolheid in ‘n Kaapse pelsrob bevestig, luidens ‘n verklaring van die landbouministerie. Die besmette rob is op 13 Junie by die Walvisbaai strandmeer gesien met simptome wat ooreenstem met hondsdolheid. Dit is kort daarna dood, en ‘n monster wat van die karkas geneem is het positief getoets vir die […]
IMF sê staatsdiens moet krimp en groei in die privaatsektor moet ontsluit word - June 18, 2025
Die Internasionale Monetêre Fonds versoek Namibië om spesifieke strukturele hervormings te implementeer, insluitend die vermindering van die openbare loonrekening deur middel van hervorming van die staatsdiens, die herstrukturering van staatsbeheerde ondernemings en die verskerping van belastingadministrasie. Die fonds sê dit is van kritieke belang om langdurige fiskale druk reg te stel en groei wat deur […]
Repokoers onveranderd, oor SARB - June 18, 2025
Die repokoers is vanoggend onveranderd gelaat op 6,75 persent. Die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab het die redes daarvoor se verwoord. Cirrus-ekonoom Robert McGregor sê die rede daarvoor is om in lyn te kom met die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank se koers.
Vroue-regte bedroef, ten spyte van NNN en haar adjunk - June 18, 2025
Sister Namibia se redaktrise, Brigit Rudd het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Forbes Africa wat berig dat Namibië Afrika se mees geslagsgelyke ekonomie is, met ‘n gemiddelde van 81,1 persent van die geslagsgaping wat gesluit is. Die land is wêreldwyd agste geplaas in die 2025 Wêreld Ekonomiese Forum se Geslagsgapingsverslag. Rudd meen die situasie […]
Harvard Law School sluit aan by Jhb-olifantsaak - June 18, 2025
ʼn Mylpaalsaak om olifante uit die Johannesburg Dieretuin te bevry, het internasionale ondersteuning gekry. Die saak is gegrond op die stelling dat die olifante se aanhouding in die dieretuin die Grondwet oortree, in besonder wat omgewingsregte betref. Regstudente van Harvard Law School het as vriende van die hof by die saak aangesluit. Hulle stem saam […]
BoN moet in lyn kom met SARB, daarom repokoers onveranderd - June 18, 2025
Reaksie word ontvang op die sentrale bank se monetêre beleidskomitee wat die repokoers onveranderd gelaat het op 6,75 persent. Cirrus-ekonoom Robert McGregor het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Tshwane meld groot aantal masels aan - June 18, 2025
Die Stad Tshwane sê ʼn groot aantal maselgevalle onder kinders en grootmense uit veral streek een en ses is in laboratoriums bevestig. Masels is ʼn aansteeklike virussiekte wat deur hoes, nies of noue kontak met ʼn besmette persoon oorgedra word. Die simptome sluit in hoë koors, ʼn uitslag, hoes, loopneus en rooi oë. Die metro […]
Triljoene vir fossielbrandstofprojekte - June 18, 2025
Banke het in 2024, die warmste jaar ooit wat aangeteken is, sowat 15,9 triljoen Namibiese dollar se fossielbrandstowwe gefinansier. Dit is ‘n skerp styging van die vorige jaar. Volgens die Banking on Climate Chaos-verslag wat die wêreld se top 65 banke dek, het fossielbrandstoffinansiering sedert die 2016 Parys-ooreenkoms 126 triljoen Namibiese dollar gehaal. JP Morgan […]
FNB skenk ruim in die Noorde - June 18, 2025
FNB Namibië het kos, toiletware en skoonmaakmiddels ter waarde van 50 000 Namibiese dollar per streek aan kwesbare gemeenskappe in Oshana, Ohangwena en Omusati geskenk. In Oshana sal ten minste 60 huishoudings en voorskoolse leerders in Oshakati, Ongwediva en Ondangwa baat vind. Die inisiatief vorm deel van FNB Namibië se voortgesette pogings tot korporatiewe maatskaplike […]
Oud-ombud sê oor tronke, aanhouding vir jeugdiges - June 18, 2025
Die 11 jeugdige voorverhoor-verdagtes wat uit die Oluno-korrektiewe fasiliteit in Ondangwa ontsnap het, waar hulle aangehou is vir ernstige misdade soos verkragting, veediefstal en huisbraak, het weer die kollig geskyn op die gebrek aan fasiliteite vir jeugoortreders. Die vyf Namibiërs en ses Angolese van tussen 14 en 17 jaar oud is weer in hegtenis geneem. […]