Eskom ondersoek skoner opwekking - June 18, 2025
Eskom se uitvoerende hoof, Dan Marokane, sê hulle wil skoner opwekking by die steenkoolmengsel integreer en sy algehele vrystelling met 40-persent verminder. Die kragverskaffer het tans by ses steenkoolkragstasies projekte van vyf gigawatt aan die gang wat in verskillende ontwikkelingstadiums is. Dit sluit die Komati-kragstasie in Mpumalanga in waar 122-megawatt fotovoltaïese sonkrag en 150-megawatt batteryberging […]
Israel teiken uraan- en militêre fasiliteite in Iran - June 18, 2025
Die Israelse weermag sê hy het oornag ‘n nuwe vlaag aanvalle op Iran se uraanproduksie- en missielvervaardigingsaanlegte uitgevoer. Van die geriewe wat geteiken is, is ‘n monteeraanleg vir die vervaardiging van grond-tot-lugmissiele, ‘n sentrifugeerdervervaardigingsaanleg en ‘n opleidingsinstelling wat met die Revolusionêre Wagte verbind word. Sentrifugeerders word gebruik om uraan te verryk. Die fasiliteit by Natanz […]
Dolly Parton, Tom Cruise ontvang ere-Oscars - June 18, 2025
Die musiek-ikoon en filantroop, Dolly Parton, akteur en vervaardiger Tom Cruise, choreograaf en aktrise Debbie Allen, en die ontwerper Wynn Thomas gaan in November by die Goewerneurs-toekennings ere-Oscars ontvang. Parton gaan vereer word met die Jean Hersholt Humanitêre Toekenning terwyl Cruise, Allen en Thomas die Eretoekenning sal ontvang. Die Akademie se president, Janet Yang, sê […]
Berigte oor Karan se BKS is voortydig, sê Nam-verteenwoordiger - June 18, 2025
Berigte vanuit die buurland dat bek-en-klouseer by Karan Beef se Nigel- en Albert Falls-voerkraal bevestig is, is volgens Agriforum voortydig. Timo Giersch, een van twee plaaslike aankopers vir Karan wat in beheer is van die kwarantyn-gerief by Okahandja sê toetsresultate van Albert Falls is nog nie beskikbaar nie, terwyl geen bloed tot dusver by Nigel getrek is om […]
Cran beklemtoon belangrikheid van toegang tot inligting - June 18, 2025
Toegang tot inligting is ‘n basiese mensereg wat deursigtigheid, verantwoordbaarheid en openbare deelname bevorder. Dit bemagtig Jan Alleman en ondersteun ontwikkeling en versterk demokrasie. Cran, die plaaslike kommunikasie-owerheid sê dit is noodsaaklik vir inklusiewe besluitneming en is ver van net ‘n modewoord. Jennifer Pogisho, die lynbestuurder by Cran, het meer.
Outa eis moratorium op boetes met rybewyskaart agterstand - June 18, 2025
Die organisasie teen belastingmisbruik, doen ‘n beroep op minister van Vervoer, Barbara Creecy om boetes vir mense wie se bestuuderslisensies vertraag word as gevolg van die nasionale agterstand, op te hef. Die agterstand van 700 000 kaarte is veroorsaak nadat die enigste lisensiedrukker-masjien in die land gebreek het. Stefanie Fick van OUTA eis dat ‘n […]
Noord-Korea stuur militêre bouers na Kursk - June 18, 2025
Noord-Korea gaan militêre bouers stuur om die westelike deel van Rusland se Kursk-streek te herbou na Oekraïne se inval. Die hoof van die Russiese Sekerheidsraad, Sergei Shoigu, het die tweede keer in minder as twee weke met die leier van Noord-Korea, Kim Jong Un, vergader. Noord-Korea het een van Rusland se hoof bondgenote geword gedurende […]
Voertuigverkope vir Mei vertoon steeds beter as verlede jaar - June 18, 2025
Daar is 1 011 nuwe voertuie in Mei verkoop, ‘n inkrimping van 18,7 persent teenoor die 1 243 nuwe voertuie wat in April verkoop is. In sy ontleding sê IJG Securities dat ten spyte van die maandelikse daling het nuwe voertuigverkope vir die jaar tot dusver 5 657 eenhede bereik, ‘n styging van 6,2 persent […]
Ramaphosa sê G7 was betekenisvol - June 18, 2025
President Cyril Ramaphosa sê die G7-beraad in Kanada was betekenisvol, veral vir Suid-Afrika wat president van die G20 is. Onder Suid-Afrika se G20-presidentskap is pogings aangewend om die G7 se doelwitte en agenda in ooreenstemming met dié van die G20 te kry. Ramaphosa sê hulle soek groter samewerking in areas soos belegging, internasionale misdaad, klimaatsverandering […]
Gaza: 59 kossoekers dood na IDF tenks afvuur - June 18, 2025
Minstens 59 mense is dood na Israeliese tenks in ‘n skare in Khan Younis in Gaza afgevuur het wat probeer het om meel van vragmotors te kry. Dit was een van die bloedigste voorvalle sover in die toenemende geweld, terwyl desperate inwoners sukkel om kos in die hande te kry. Die Israeliese weermag het erken […]