Trump vaar uit teen Gustavo Petro - October 20, 2025

Die Amerikaanse president Donald Trump het die spanning met Colombië verhoog en aangekondig dat alle betalings en subsidies aan die Suid-Amerikaanse land gestaak word. Die VSA het miljoene dollar in hulp aan Colombia verskaf, veral vir veiligheid en landbou. In ‘n plasing op Truth Social het Trump die Colombiaanse president Gustavo Petro as ‘n onwettige […]

Read More

Purchase palm eerste Sonskyntoer-titel in - October 20, 2025

Die Suid-Afrikaner Warwick Purchase het sy eerste Sonskyntoer-titel opgeraap na ʼn oorwinning met twee houe by die Fortress-uitnodigingstoernooi by die Glendower-gholfklub in Gauteng. Sy landgenoot, Kyle Barker, is met 69 gelykop tweede saam met die Fortress-voorloper vir Nuweling van die Jaar, die Mexikaan Luis Carrera, op 17 onder baansyfer. Purchase, wat deelgeneem het nadat hy […]

Read More

Henties-paartjie bly agter tralies, verskyn weer Februarie - October 20, 2025

Die paartjie wat in Hentiesbaai in hegtenis geneem is met dwelms ter waarde van 619 000 Namibiese dollar, sal weer op 3 Februarie volgende jaar in die hof op Swakopmund verskyn. Die 53-jarige Richard Nanub en die 41-jarige Lena Aletta Nanus is na ‘n operasie deur NamPol, gearresteer. Hulle is betrap met 8 821 kilogram […]

Read More

BoN sê N$60-noot nou uitgerol - October 20, 2025

Die enigste kommersiële bank wat tot dusver die 60-dollar Hage Geingob-gedenkbanknoot by sy kitsbanke kan uitreik, FNB Namibië, het 16 van die outomatiese tellermasjiene daarvoor gekalibreer. Die ander banke is besig met ooreenkomste om dieselfde te doen, volgens die Bank van Namibië. Sencia Kaizemi-Rukata, die direkteur van valutabestuur by die sentrale bank, het meer inligting […]

Read More

Ramokgopa sê R2,2 riljoen sal in energie belê word - October 20, 2025

Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering beplan om 2,2 triljoen Suid-Afrikaanse rand, wat ongeveer 30-persent van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk is, in ‘n omvattende energietransformasiestrategie te belê. Dit is deel van die land se Geïntegreerde Hulpbronplan, wat deur die kabinet goedgekeur is. Ramokgopa sê die plan is daarop gemik om elektrisiteitsvoorsieningskwessies […]

Read More

Maccabi Tel Aviv-verbod onder die loep - October 20, 2025

Die Israelse minister van Buitelandse Sake, Gideon Sa’ar, sê hy het met sy Britse eweknie, Yvette Cooper, gepraat en verskeie dringende Israelse eise bespreek. Hy het sy oproep herhaal om die verbod op Maccabi Tel Aviv sokkerondersteuners wat volgende maand die Europa Liga-wedstryd teen Aston Villa bywoon, te herroep. Volgens Sa’ar het Cooper ook Britse […]

Read More

GRN sal US$1,3 miljard in eksplorasie fase verdien - October 20, 2025

Namibië sal na verwagting ongeveer 1,3 miljard Amerikaanse dollar genereer uit 11 eksplorasie- en waardasieputte wat vir 2025/2026 geprojekteer is, namate die land se olie- en gassektor momentum kry. Namibia Mining and Energy berig dat vier putte reeds geboor is, met bykomende veldtogte wat vroeg volgende jaar sal begin. Tipiese boorkoste per put is ongeveer […]

Read More

Seekoei dood man op Katima Mulilo - October 20, 2025

‘n Namibiese man is Saterdagoggend vermoedelik deur ‘n seekoei by die Protea Hotel op Katima Mulilo aangeval en het aan sy wonde beswyk. Sy liggaam is omstreeks 06:00 deur ‘n veiligheidswag op die hotelperseel gevind. Duidelike spore van ‘n seekoei is gevind en die slagoffer het bytmerke op sy maag, been en kop gehad. 

Read More

Mackenzie uiters teleurgesteld oor Kaapstad-marathon - October 20, 2025

Die Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het sy teleurstelling uitgespreek oor die kansellasie van die 2025 Kaapstad-marathon Sondag weens erge weer. Mackenzie sê die besluit, wat saam met veiligheidsowerhede geneem is, het die welstand van hardlopers, vrywilligers en toeskouers eerste gestel. Mackenzie, wat aan die 42-kilometer lange wedloop sou deelneem, het atlete […]

Read More

Trump sê skietstilstand is steeds van krag in Gaza - October 20, 2025

Daar is kommer oor die skietstilstand in Gaza. Israel en Hamas beskuldig mekaar van die verbreking van die ooreenkoms. Die Israelse weermag sê Hamas het sy magte in Rafah in die suide van Gaza met vuurpyl-aangedrewe granate en skerpskutter-vuur aangeval waarna die IDF aanvalle in die gebied uitgevoer het. Israel het ook humanitêre hulp aan […]

Read More