Landelike China steier onder egskeidings oor armoede - June 18, 2025
Finansiële druk, veroorsaak veral deur jeugwerkloosheid en werksonsekerheid, is besig om die egskeidingskoers in armer Chinese streke op te jaag. Volgens Reuters, waarsku demograaf Yi Fuxian die egskeidingskoers vir 2024 word op 2,6 per 1 000 gereken, wat hoër as die 2,0 koers gedurende die Covid-19 pandemie. Yi sê dit is aansienlik hoër as Japan se […]
Nujoma voltooi behuisingsplan vir Khomas - June 18, 2025
Eerste minister dr. Elijah Ngurare sê hy loof die goewerneur van die Khomas-streek, Sam Nujoma, vir die indiening van die finale verslag oor die formalisering van informele nedersettings in Windhoek. Nujoma het kort na sy aanstelling onderneem om binne die volgende jaar 5 000 huise te bou. Volgens Ngurare het die minister van stedelike ontwikkeling […]
Klein-dwelmsmouse help om grotes te vang - June 18, 2025
Reaksie word ontvang op kritiek dat die polisie meer gereeld klein dwelmhandelaars vang. Dit was veral die geval oor die afgelope naweek met beslagleggings wat oor die algemeen klein was. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die oud-NamPol dwelmhoof, Hermie van Zyl, wat sê die klein outjies lei tot die base.
ActionSA sê GNU verdien nie slaagsyfer nie - June 18, 2025
Dereleen James van ActionSA sê die regering van nasionale eenheid het nie wet en orde gevestig nie, en dus verdien hy nie ‘n slaagsyfer nie. Sy het in ‘n oorsig van die RNE se eerste jaar gesê meer as 5 000 mense is vermoor en meer as 13 000 seksuele oortredings is binne slegs drie […]
Tottenham se vleuel sit vas in Israel - June 18, 2025
Die Engelse klub Tottenham se Israelse vleuel, Manor Solomons, is steeds in sy vaderland vasgekeer nadat hy teruggegaan het om te trou. Die 25-jarige en sy jarelange lewensmaat, Dana Voshina het Donderdag die knoop deurgehaak maar kon Israel nie verlaat nie want die Weermag het die lugruimte vir burgerlike vlugte gesluit na Iranse lugaanvalle. Tottenham […]
Meatco-voorsitter bedank, sê inmenging die oorsaak - June 18, 2025
Meatco is weer in chaos gedompel. Die voorsitter van die direksie, Sakaria Nghikembua, het sy bedanking by die maatskappy bevestig en verwys na inmenging en pogings om die direksie te dwing om onwettige opdragte te laat implementeer. In April, net ‘n week nadat die nuwe regering aan bewind gekom het, het die kabinet druk uitgeoefen […]
NLU werk reeds aan koolstofkrediet-deelname vir plaaslike boere - June 18, 2025
Boere verdien miljoene in Suid-Afrika deur klimaatsvriendelike praktyke en deur handel in koolstofkrediete. ‘n Program wat volhoubare boerdery beloon, AgriCarbon, het in die eerste ronde bykans 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan boere uitbetaal wat vrystellings verlaag deur metodes soos min- of deklaagbewerking. Die inisiatief help boere om klimaatsverandering te pak terwyl hulle daaruit wins maak, […]
Ekonoom sê oor impak van EU-gryslys notering van Namibië - June 18, 2025
Die Europese Unie het Namibië by sy lys van hoërisiko-jurisdiksies, algemeen bekend as die gryslys, gevoeg. Hierdie besluit stem ooreen met die Finansiële Aksietaakmag wat Namibië in Februarie 2024 op sy gryslys geplaas het weens kommer oor die land se implementering van maatreëls teen geldwassery, die bekamping van die finansiering van terrorisme en die bekamping […]
Nog twee Karan-voerkrale bevestig bek-en-klouseer - June 18, 2025
Die buurland se rooivleisbedryf het nog ‘n hou gekry. Karan Beef se Nigel-voerkraal in Gauteng en sy Albert Falls-voerkraal in KwaZulu-Natal het nou ook positief getoets vir bek-en-klouseer. Dit kom slegs weke nadat die maatskappy se massiewe en uiters bioseker Heidelberg-voerkraal in Gauteng positief vir dié siekte getoets het. Die uitvoerende hoof van die Rooivleis […]
Is Bibi nie die aggressor teen Iran nie? - June 18, 2025
Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het oor die afgelope 33 jaar, vanaf 1992, herhaaldelik beweer dat Iran slegs “twee tot drie jaar” weg was van die bou van ‘n kernbom. Hierdie waarskuwings was ‘n deurlopende tema in sy openbare retoriek. In ‘n dramatiese parallel het Netanyahu as ‘n private burger in September 2002 voor die […]