Heldedag sal in Zambezi herdenk word - June 18, 2025
Die inligtingsministerie het aangekondig dat die 35ste amptelike herdenking van Heldedag vanjaar in die Zambezi-streek sal plaasvind. Heldedag word elke jaar op 26 Augustus gevier ter herdenking van die begin van Namibië se onafhanklikheidstryd op daardie datum in 1966 by Omugulugwombashe, ‘n Swapo-opleidingsbasis in die Omusati-streek. Die amptelike herdenking roteer elke jaar tussen die streke, […]
GNU het misluk – ActionSA - June 18, 2025
ActionSA sê die regering van nasionale eenheid kon in die jaar sedert sy totstandkoming nie daarin slaag om sy beloftes na te kom nie. Michael Beaumont van ActionSA sê die regering kort ‘n duidelike agenda van hervormings. Hy noem dit ‘n Instagram-administrasie wat meer fokus op openbare betrekkinge as om werkloosheid, swak dienste en korrupsie […]
Iran-oorlog: Wat gaan Trump doen? - June 18, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het op sosiale media gesê die VSA weet waar Iran se opperleier, die ajatolla Ali Khamenei, hom bevind en hy is ‘n maklike teiken, maar sal hom nie doodmaak nie – nie nou nie. Hy het gevra vir Iran se onvoorwaardelike oorgawe en gesê geduld raak min. Trump het ook sy […]
Aryna Sabalenka vra om verskoning - June 18, 2025
Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, het verskoning gevra vir haar uitsprake na haar nederlaag teen die Amerikaner Coco Gauff in die eindstryd van die Franse Ope. Die 27-jarige het aan die media gesê dit was die swakste eindstryd wat sy nog ooit gespeel het. Volgens haar het Gauff nie gewen omdat sy so goed […]
Gemengde prentjie vir bouplanne in Windhoek - June 17, 2025
Die Stad Windhoek het in Mei 179 bouplanne ter waarde van 177,6 miljoen Namibiese dollar goedgekeur. Dit verteenwoordig ‘n toename van 33,6 persent maand-tot-maand in die getal, en 21,6 persent in die waarde van goedkeurings in vergelyking met April, volgens IJG Securities. Op ‘n jaargrondslag het goedkeurings egter met 4,8 persent in getal en 6 […]
Tradisionele snydokters streng gekeur voor inisiasie-seisoen - June 17, 2025
Die gesamentlike Departement van Regering en Tradisionele Sake in Limpopo het ‘n streng keuringsproses vir tradisionele snydokters en operateurs ingestel voor die 2025 insiasie-seisoen. Die LUR van die departement in Limpopo, Basikopo Makamu, sê 529 aansoeke is goedgekeur en 40 is afgekeur. Hy sê die proses sluit in die nagaan van agtergrondinligting en ‘n mikpunt […]
Trump soek ‘ware einde’ aan kern-dispuut met Iran - June 17, 2025
Amerikaanse president Donald Trump sê hy soek nie ‘n wapenstilstand tussen Israel en Iran nie, maar ‘n ware einde aan die kern-dispuut met Iran. Hy het ook aangedui dat hy dalk senior amptenare sal stuur om met Iran te ontmoet. Trump voorspel dat Israel nie sy aanvalle op Iran sal verlig nie. Hy het aan […]
Thai kabinet keur bod vir F1-straatwedren goed - June 17, 2025
Motorsport: Thailand het vandag ‘n stap nader gekom om ‘n Formule Een-wedren op die strate van Bangkok aan te bied met die amptelike goedkeuring van die kabinet om ‘n bod in te dien. As dit suksesvol is, sal die Thaise hoofstad wedrenne vanaf 2028 tot 2032 aanbied. Die eerste minister van Thailand, Paetongtarn Shinawatra het […]
Kanker-oorlewendes hierdie maand gevier - June 17, 2025
Junie is Nasionale Kanker-oorlewendesmaand, wat wêreldwyd toegewy word aan die krag en veerkragtigheid van miljoene wat die siekte oorkom het. Dit skyn ook die kollig op die voortgesette vooruitgang in kankerversorging en die groeiende fokus op die verbetering van lewensgehalte vir oorlewendes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging […]
Word prettig fiks by die Clausthaler Finkenstein Trail Run! - June 17, 2025
Hier is ‘n wonderlike geleentheid om fiks en gesond te bly en terselftertyd ‘n bietjie pret in die natuur te geniet. Die Clausthaler Finkenstein Trail Run op 21 Junie is oop vir hardlopers van alle vlakke en vermoëns by die Finkenstein-landgoed. Registrasie open om 08:00, met die wedloop wat om 08:30 afskop. ‘n Spesiale beloning […]