Kiesers stroom glo nie na tussenverkiesing-stembusse - June 17, 2025

Die tussenverkiesings in vyf streeks-kiesafdelings is aan die gang, maar dit lyk nie of daar ‘n toestroming na die stembusse is nie. Die verkiesing is om posisies binne 90 dae te vul wat vakant geword het toe politieke leiers hul plekke in die Nasionale Vergadering ingeneem het, volgens die wet. Die nasionale uitsaaier het in […]

Read More

Publiek ‘het hand in swak plaaslike owerhede’ - June 17, 2025

Die adjunk-ouditeur-generaal, Goms Menette, het die verslegtende situasie by meeste plaaslike owerhede onderstreep na ‘n vergadering met die Nasionale Raad se Komitee vir Openbare Rekeninge en Ekonomie. Kosmos 94.1 Nuus het met regeringskenner, dr. Marius Kudumo gepraat wat sê inwoners het ook ‘n rol te speel hierin.

Read More

Omaruru Boerevereniging wil misdaadwette hervorm sien - June 17, 2025

Die Omaruru Boerevereniging het wetgewende hervormingsvoorstelle by die justisie-ministerie ingedien om ‘n toename in landelike misdaad, veral in die Omaruru-distrik, te bestry. Agriforum berig die voorgestelde hervormings vra vir strenger strawwe en verbeterde handhawingsmaatreëls in reaksie op wydverspreide veediefstal, stropery, onwettige houtkap en toerustingdiefstal. Sommige gevalle het gewelddadig geword, met brutale voorvalle soos die slag […]

Read More

Grond-beskerming en -herlewing krities vir toekoms - June 17, 2025

Vandag is Wêrelddag vir die Bekamping van Woestynvorming en Droogte, herdenk by die Omusati-streeksraadsaal in Outapi onder die tema “Herstel die land. Ontsluit geleenthede.” Die geleentheid beklemtoon die dringende behoefte om Namibië se grond te beskerm en te laat herleef vir ‘n meer veerkragtige en voorspoedige toekoms. Selma Asino, die burgemeester van Outapi, beklemtoon die […]

Read More

Inflasie lyk goed, maar daar’s globale gevare - June 17, 2025

Ten spyte daarvan dat Namibië se hooflyninflasie relatief stabiel vertoon in vergelyking met die buurlande, is die land steeds onderhewig aan globale ekonomiese bewegings weens sy groot invoere. Voorspellings is dat plaaslike inflasie vanjaar stabiel sal bly tussen 3,4 persent en 3,6 persent, afhangende van vyandighede tussen Iran en Israel. Almandro Jansen, ‘n Simonis Storm […]

Read More

Staatswerkers se siekteverlof skiet die hoogte in - June 17, 2025

Die Staatsdienskommissie het aanbeveel dat alle staatsdepartemente jaarliks rekords van siekteverlof oudit om voorvalle van werkers se oormatige gebruik en misbruik daarvan te identifiseer. ‘n Verslag deur die kommissie toon die koste van siekteverlof in die Staatsdiens het gestyg van agt-miljard Suid-Afrikaanse rand in 2020 tot 10,1-miljard rand in 2023. Gauteng se koste vir siekteverlof […]

Read More

Trump ‘blaas vlamme aan tussen Iran, Israel’ - June 17, 2025

China beskuldig president Donald Trump dat hy die vlamme aanblaas in die toenemende konflik tussen Iran en Israel, nadat die Amerikaanse staatshoof inwoners van Teheran aangemoedig het om “dadelik te ontruim”. Die skielike opvlam van vyandelikhede het vrese vir ‘n wyer konflik laat ontstaan, met Trump wat Iran aanmoedig om terug te keer na die […]

Read More

Sundowns sien uit na ‘toets’ van Klub-Wêreldbekertoernooi - June 17, 2025

Sokker: Mamelodi Sundowns se afrigter, Miguel Cardoso, glo die Klub-Wêreldbekertoernooi in Amerika is die ideale vlak om hulself te toets. Sundowns is in Groep F saam met Ulsan HD van Suid-Korea, die agtmalige Bundesliga-kampioen, Borussia Dortmund, en Fluminense van Brasilië. Hulle skop hul veldtog môre teen Ulsan af. Cardoso sê om verder as die groepfase […]

Read More

Gemeenskapsaktivis kap Stad Windhoek, ECB oor ‘samewerking’ - June 17, 2025

Indien die Stad Windhoek se voorgestelde kragtarief-verhoging van 4 persent vir 2025/26 toegestaan word, sal residensiële kliënte 3 persent meer betaal vir krag en pensioenarisse 1 persent meer. Dit beteken dat 100 Namibiese dollar 38,46 eenhede elektrisiteit sal koop, teenoor die ongeveer 40 eenhede wat dit tans koop. Dit kom na die Elektrisiteitsbeheerraad NamPower se […]

Read More

DA betreur miljoene SA jeug sonder werk, studies - June 17, 2025

Die DA-leier John Steenhuisen sê dit is ‘n nasionale tragedie dat meer as 8,7-miljoen jongmense nie deel is van die arbeidsmag, onderwys of opleiding nie. Hy het Jeugdag in Mbombela, Mpumalanga, herdenk waar hy die party se planne om jeugwerkloosheid te beveg, uiteengesit het. Steenhuisen sê vanuit die regering kan en sal die DA aandring […]

Read More