Poedel Nilo ‘puddeln’ om swemmers te red - June 17, 2025

Poedel Nilo het by vier labradors aangesluit in ‘n honde-reddingsgroep by Las Lindes-strand naby Malaga in Spanje, waar hulle lewensredders help om mense terug na die kus te sleep. Die Standaard Poedel lyk uiters ongewoon met sy lang haartjies en trek baie aandag. Poedels, ‘n oorspronklik Duitse ras, is histories vir waterreddings gebruik in Noord-Europese […]

Read More

Erfenisterreine uiters belangrik vir toerisme - June 17, 2025

Die Nasionale Erfenisraad stel voor dat drie nuwe terreine erfenisstatus kry. TimBila-natuurreservaat met ou rotstekeninge en skaars spesies, die saal van die Ongwediva Onderwyskollege as simbool van opvoeding, en die historiese Abenab-myn naby Grootfontein. Die publiek kan kommentaar lewer voor aanbevelings binne twee maande aan die minister voorgehou word. Kosmos 94.1 Nuus het met met […]

Read More

SAPD se kinderplan word swak geïmplementeer - June 17, 2025

Die polisie se hersiene plan van optrede oor geslagsgeweld en moord op vroue, is skerp gekritiseer in ‘n gesamentlike vergadering van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie en Vroue, Jeug en Gestremdes. Die plan is in Januarie opgestel en fokus op die versterking van die voorste linie-dienste en vestiging van komitees wat op kinders gerig […]

Read More

G7 vra dat Midde-Ooste kalmeer, maar ondersteun Israel - June 17, 2025

Die G7-lande se leiers het hulle eenparige ondersteuning vir Israel herhaal en gevra dat vyandelikhede in die Midde-Ooste afgeskaal word. In Iran is minstens 224 mense dood sedert die konflik vyf dae gelede begin het terwyl 24 in Israel gesterf het. Die G7-lande het Iran veroordeel omdat die land volgens hulle die hoofbron van onbestendigheid […]

Read More

Skedule vir IKR Vroue Wêreldbeker uitgereik - June 17, 2025

Die Internasionale Krieketraad het die volledige skedule vir die 50-beurt Vroue Wêreldbeker uitgereik, met vyf stede regoor Sri Lanka en Indië as gasvroue. Indië kom teen Sri Lanka te staan in die openingswedstryd in Bengaluru op 30 September. Die heersende kampioene Australië sal met die verdediging van hul titel begin teen Nieu-Seeland. Suid-Afrika open sy […]

Read More

Daniel sê Etosha-heining moet teen 2030 voltooi wees - June 17, 2025

Die omgewingsminister Indileni Daniel sê die opknapping van die heining om Etosha Nasionale Park moet teen 2030 voltooi wees. Die grens is 824 kilometer lank en nog net 185 kilometer is blykbaar voltooi, met werk wat in 202 begin het. Intussen sê Daniel dat tussen 2019 en 2024 het bewareas wat grens aan die park, […]

Read More

SA-jeug: GOOD eis beslissende optrede - June 17, 2025

Die GOOD Party het sy beroep op die regering herhaal om in plaas van leë toesprake beslissend op te tree in belang van Suid-Afrika se jeug. Die nasionale jeugvoorsitter, Kaden Arguile, sê implementering is noodsaaklik. Hy vra onmiddellike fokus op onderwys, industrialisering, digitale toegang en infrastruktuur. Arguile beklemtoon ook dat swak skoolomstandighede, duur data en […]

Read More

EU stel verbod op Russiese gas teen 2028 vandag voor - June 17, 2025

Die Europese Kommissie sal vandag ‘n verbod op die EU se invoer van Russiese gas en vloeibare natuurlike gas teen die einde van 2027 voorstel. Reuters berig voorstelle sal uiteensit hoe die Europese Unie beplan om sy belofte om dekades oue energieverhoudinge met Europa se voormalige top-gasverskaffer Rusland te beëindig, na die inval in die […]

Read More

Langer Heinrich help CAN met borskankerkliniek in Swakopmund - June 17, 2025

Die Kankervereniging van Namibië en sy vennote het onlangs ‘n nuwe kliniek vir borskanker-pasiënte by die Swakopmund Privaat-hospitaal oopgemaak. Die kliniek word ondersteun deur die Langer Heinrich-uraanmyn en die gesondheidministerie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet de Waal, die Kankervereniging se hoof in die Erongo-streek.

Read More

Vroue moet Namibiese mynwese betree - June 17, 2025

Mynwese word steeds deur die manlike geslag oorheers en gedurende die internasionale herdenking van ‘vroue in mynwese’ het die Namibiese regering ‘n mentorskapsprogram geloods vir vroue wat in mynwese werksaam is. Die uitvoerende direkteur van die lynministerie, Ben Nangombe, sê vroue se uitlating uit die bedryf het niks met vaardighede te doen nie.

Read More