Mashatile vertrek op werksbesoek na Rusland - June 17, 2025
Adjunkpresident Paul Mashatile is van vandag tot Saterdag op ‘n werksbesoek aan Rusland om handelsbande te versterk. Mashatile sal hoëvlakgesprekke in Moskou voer met Russiese leiers, insluitend president Vladimir Putin. Mashatile gaan die Sint Petersburg Internasionale Ekonomiese Forum bywoon en as spreker optree by belangrike geleenthede wat Suid-Afrika se G20-presidentskap en handelspotensiaal sal bevorder. Volgens […]
Bibi sê Israel wen in Iran - June 17, 2025
Die Israelse premier Benjamin Netanyahu sê met die dodelike konflik tussen Israel en Iran wat die vyfde dag betree, is Israel besig om te wen. In Israel is 24 mense dood sedert die vyandelikhede verlede Vrydag begin het, terwyl 224 mense in Iran omgekom het. Netanyahu sê hulle is op koers om hul twee doelwitte […]
Brad Pitt se F1 The Movie maak debuut - June 17, 2025
Die lang verwagte sport-aksiefliek, F1 The Movie, het gister sy debuut op Times Square in New York-stad gemaak. Die fliek vertel die storie van ʼn gewese F1-renjaer, Sonny Hayes vertolk deur Brad Pitt, wat ʼn terugkeer maak om saam met sy nuweling-spanmaat, Joshua Pearce gespeel deur Damson Idris, te jaag. Dit begin op 27 Junie […]
Imalwa wil Shikongo se bates bevries, sy verdedig - June 17, 2025
Hoofargumente is ingedien in die aansoek deur die aanklaer-generaal Martha Imalwa wat regter Nate Ndauendapo vra om beslag te lê op die bates van Elizabeth Shikongo en Lancaster Training Centre. ‘n Tydelike bevriesing is toegestaan maar, Shikongo het vroeër kennis gegee dat sy die aansoek sal teenstaan. Dit hou verband met die beweerde bedrogspul van 30 […]
Oos-Kaapse dodetal styg tot 90, waaronder 30 kinders - June 17, 2025
Die dodetal in die Oos-Kaapse oorstromings het tot 90 gestyg en sluit 30 kinders in. Lykskouings is afgehandel en 80 liggame is positief geïdentifiseer, terwyl 77 liggame aan families oorhandig is. Die oorstromings het infrastruktuur beskadig, wat 58 skole en 20 mediese sentrums insluit. Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe wat Maandag met die […]
Goudsmokkelary kos Ghana US$11,4 miljard, jaarliks - June 17, 2025
Ghana verloor jaarliks miljarde dollar aan inkomste weens smokkelary vanuit sy florerende ambagsgoudmynbousektor, met baie van die goud wat na die Verenigde Arabiese Emirate vloei. Swissaid se jongste verslag het ‘n verstommende handelsgaping van 229 metrieke ton, gelykstaande aan 11,4 miljard Amerikaanse dollar oor net vyf jaar gevind, met die meeste van die gesmokkelde goud […]
Iran sê aanval op staatsuitsaaier is oorlogmisdaad - June 17, 2025
Iran het Israel se aanval op sy staatstelevisiekanaal, IRINN, veroordeel en ʼn oorlogsmisdaad genoem. Die aanval het tydens ʼn regstreekse uitsending plaasgevind en die nuusleser genoop om na talle ontploffings te gaan wegkruip. Die Israelse weermag sê die Iranse weermag het die gebou se infrastruktuur en bates onder die dekmantel van burgerlike aktiwiteite vir militêre […]
Dank hoofde van owerhede wat nie presteer nie, af - June 17, 2025
Die kantoor van die ouditeur-generaal het met die Komitee vir Openbare Rekeninge en Ekonomie van die Nasionale Raad vergader om ouditverslae van plaaslike owerhede en streeksrade te hersien, veral die met negatiewe ouditmenings. Die adjunk-ouditeur-generaal, Goms Menette het die haglike situasie by plaaslike owerhede uitgelig. Goms meen hoofde by plaaslike owerhede wat treurig presteer moet […]
Beroep vir jeugfasiliteite na kinder-gevangenes ontsnap - June 17, 2025
Daar is beroepe vir jeugfasiliteite na 11 jeugdige gevangenes uit die Oluno-tronk ontsnap het deur ‘n gat in die dak te maak. Die kinders, tussen 14 en 17 jaar oud, met ses wat Angolese burgers is, is aangehou op ernstige klagtes wat verkragting, huisbraak en veediefstal insluit. Beamptes het eers die oggend daarna besef die […]
Daar’s geen volksmoord in SA nie – Malema - June 17, 2025
EFF-leier Julius Malema het weer bewerings van ‘n wit volksmoord in Suid-Afrika veroordeel. President Donald Trump van Amerika het verlede maand tydens sy ontmoeting met president Ramaphosa gesê Malema moet gearresteer word en hom beskuldig dat hy geweld teen wit boere in die land aanhits. Malema het gister tydens ʼn Jeugdagviering in Durban gesê die […]