Trump verlaat G7 ‘n dag vroeg - June 17, 2025
President Donald Trump van Amerika keer ʼn dag vroeër terug van die G7-beraad in Kanada om verwikkelinge in die Midde-Ooste te monitor. Minstens 224 mense is sedert Vrydag in Israelse aanvalle dood terwyl 24 Israeli’s in Iranse wraakaanvalle dood is. Dit verander Trump se beplande bilaterale gesprekke met president Volodymyr Zelensky van Oekraïne en die […]
Pasiënte tans sieker met RSV as Covid se Nimbus-variant - June 17, 2025
‘n Nuwe Covid-19-variant, Nimbus, versprei vinnig in die VSA, Asië en Europa en word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie gemonitor weens hoë oordraagbaarheid en nuwe mutasies. Namibiërs word gewaarsku om te waak teen infeksie, al is hulle ingeënt. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Willie Bruwer, ‘n bekende longspesialis van Windhoek, wat sê mense word tans […]
LAC reageer op meningsartikel oor in-situ-loging - June 17, 2025
‘n Meningsartikel wat onlangs in die media gepubliseer is, bevorder Uranium One se in-situ-herstel uraan-mynbouprojek in Leonardville en noem dit veilig en voordelig. Dit het kundiges en die Regshulpsentrum aangespoor om kommer uit te spreek dat die artikel wetenskaplik ongegronde aansprake maak. Dit maak ook ernstige omgewings- en gesondheidsrisiko’s af, veral vir die belangrike Stampriet […]
Damme: Ruim gebruik van bronne by besproeiing - June 17, 2025
Net minder as ‘n miljoen kubieke meter water is in die afgelope week uit Hardapdam gepomp en die dam het tans 73 persent water. Volgens NamWater se jongste dambulletin, is die Nautedam 98 persent vol met Oanob by Rehoboth wat op 74,3 persent staan. Neckartal is 99 persent vol. In die sentrale gebied is bronne […]
Gesprek oor gewenning van roofdiere in ongerepte gebiede - June 17, 2025
Tosco, die organisasie vir toerismeondersteunende bewaring, sal op 20 Junie ‘n openbare bespreking oor Toerisme in die Ongerepte Natuur aanbied. Lara Potma, die besturende direkteur by Tosco sê die onlangse ontydige dood van Bernd Kebbel het die behoefte aan die gesprek aangewakker. Potma het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdaging van wilde diere […]
Matthew Perry se dokter sal skuldig pleit - June 17, 2025
Die Kaliforniese dokter, Salvador Plasencia, wat daarvan beskuldig word dat hy Friends-ster Matthew Perry toegang tot ketamien gegee het in die weke voor die akteur se dood, het ingestem om skuldig te pleit. Hy sal skuldig pleit op vier aanklagte van die verspreiding van ketamien wat ‘n maksimum vonnis van 40 jaar tronkstraf dra. Perry, bekend vir […]
Diefstal laat Uis se krane droog - June 17, 2025
Koperdraad-diefstal het weer watertoevoer in die Erongo-streek onderbreek, hierdie keer by Uis. NamWater sê dit is weens diefstal en vandalisme langs ErongoRed se kragtoevoerlyn na die Nei-Neis waterskema. Die skema voorsien water aan die gebied en sonder elektrisiteit kan NamWater se boorgate en versterkerstasies nie werk nie. ErongoRed se tegniese spanne werk aan die kraglyn […]
NVG appelleer teen uitspraak oor Ace se assistent in asbessaak - June 17, 2025
Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan die Appèlhof nader nadat regter Phillip Loubser hul aansoek in die Vrystaatse hoërhof om teen ‘n uitspraak te appelleer, van die hand gewys het. Dit staan in verband met die onwettige uitlewering van Ace Magashule se voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota. Cholota is uitgelewer om te antwoord op aanklagte van miljoene […]
Debswana gaan voort met verlenging by Jwaneng - June 17, 2025
Botswana se Debswana gaan voort met sy plan om die lewensduur van sy vlagskip Jwaneng-myn tot 2054 te verleng deur dit in ‘n ondergrondse operasie te omskep. Ondanks die afswaai in die globale diamantmark, het die besturende direkteur Andrew Motsomi gesê die maatskappy werk daaraan om ‘n internasionale kredietgradering te bekom om toegang tot kapitaalmarkte […]