Boelter het ‘n teikenlys van 45 name gehad - June 17, 2025
Vance Boelter, wat aangekla is van moord op die Minnesota Demokratiese wetgewer Melissa Hortman en haar man Mark, en poging tot moord op Demokratiese senator John Hoffman en sy vrou Yvette, het veel meer moorde beplan, volgens federale owerhede. Die misdade is in dorpies net buite Minneapolis gepleeg. Na die 57-jarige Boelter se arrestasie het […]
Span na Opuwo gestuur oor cholera-gevalle - June 16, 2025
Die gesondheidsministerie het ‘n span ontplooi na Opuwo na die bevestiging van cholera op die dorp. Dit volg ná twee kinders uit dieselfde huishouding vroeër vandeesweek met cholera-simptome in die distrikshospitaal opgeneem is. Een van die kinders is dood en voorlopige laboratoriumtoetste het cholera bevestig. Walters Kamaya, segsman by die ministerie het meer.
SA kort leierskap, nie nasionale dialoog: FOSA - June 16, 2025
Die Forum for South Africa het die konsep van ‘n Nasionale Dialoog gekritiseer en sê dit lei die aandag af van dringende kwessies soos misdaad, werkloosheid en korrupsie. Die FOSA-woordvoerder Tebogo Mashilompane sê die land het nie dialoog nodig nie, maar besliste leierskap en aksie. Mashilompane sê daar is bestaande wette maar die leiers is […]
22 Palestyne sterf onder IDF geweervuur by hulpterreine - June 16, 2025
Minstens 22 Palestyne is deur Israeliese geweervuur doodgemaak naby hulpverspreiding-terreine wat deur die VSA-gesteunde Gaza-humanitêre stigting bedryf word, het die Hamas-bestuurde ministerie van Gaza Gesondheid gesê. Die Verenigde Nasies se menseregte-hoof, Volker Turk, het Israel daarvan beskuldig dat hy voedsel bewapen en sy oproep herhaal dat ‘n volledige ondersoek na die aanvalle geloods moet word. […]
Kwalifiseerder Maria behaal droom-oorwinning op Queen’s - June 16, 2025
Tennis: Die Duitse kwalifiseerder Tatjana Maria het haar droom-oorwinning by die Queen’s Klub behaal toe sy Sondag die Amerikaner Amanda Anisimova 6-3, 6-4 in die finaal geklop het. Sy is die oudste wenner nog van ‘n WTA 500 toernooi en dis die 37-jarige se vierde enkelspel-titel van haar loopbaan en haar eerste sedert 2023. Die […]
African Stars wen Debmarine Namibië Premierliga vir derde jaar - June 16, 2025
African Stars is vir die derde agtereenvolgende jaar as die Debmarine Namibië Premierliga-kampioene gekroon ná ‘n gelykop-uitslag van 3-3 teen Young African. Stars het 850 000 Namibiese dollar gekry vir hul oorwinning. Hulle het ook skoonskip gemaak in die individuele pryse, met verdediger Charles Hambira wat die speler van die seisoen-toekenning gewen het, die middelveldspeler […]
Hou toesig oor kinders by water, pleit owerhede - June 16, 2025
Die skoolvakansie het begin en met baie families by die kus, doen owerhede ‘n beroep op waaksaamheid. Ouers word veral versoek om nie kinders strand toe te laat gaan sonder volwasse toesig nie, veral in gebiede sonder lewensredders. Die publiek word ook daaraan herinner om verdrinkingsvoorkoming en waterveiligheidsopvoeding ernstig op te neem om tragedies te […]
Baster-tradisionele gesag moet erken word: aktivis - June 16, 2025
Reaksie word ontvang op die wetsontwerp wat die Baster-tradisionele gesag wettiglik sou erken, maar deur die speaker van die Nasionale Vergadering geblokkeer is. Dit was omdat dit nie aan prosedurele standaarde voldoen het nie. PDM-leier McHenry Venaani het die wetsontwerp ingedien. Die gemeenskapsaktivis Manfred Draghoender. Draghoender sê die volk moet as tradisionele owerheid erken word.
As PIC-lede wil terugkeer na Swapo ‘is hulle welkom’ - June 16, 2025
Reaksie word ontvang op berigte in die plaaslike media dat Swapo lede van die opposisie, die Independent Patriots for Change, omkoop met 10 000 Namibiese dollar om terug te keer na die regerende party. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, Swapo-LP en die jeugligaleier van die party gepraat oor die berigte.
ECN maak reg vir tussenverkiesings - June 16, 2025
Die tussenverkiesings in vyf streeks-kiesafdelings begin môre, en aanduidings sover is dat die Verkiesingskommissie van Namibië se voorbereidings glad verloop. Die verkiesings sal in die Grootfontein, Kabbe-suid, Kamanjab, Otjiwarongo en Sesfontein-kiesafdelings gehou word. Die ontplooiing van 94 kiesbeamptes het reeds vanoggend in Kamanjab begin. Beide die Otjiwarongo- en Grootfontein-kiesafdelings het al die nodige materiale gekry […]