Oud-Zambiese president Lungu se begrafnisreëlings bekend - June 16, 2025
Na dae van onsekerheid en onderhandelinge is die begrafnisreëlings vir die voormalige president van Zambië, Edgar Lungu, gefinaliseer. Lungu, wat Zambië van 2015 tot 2021 gelei het, is 11 dae gelede in Suid-Afrika oorlede waar hy mediese behandeling ontvang het. Volgens sy familie het hy instruksies gelaat dat sy politieke mededinger en huidige president, Hakainde […]
Okahandja-gemeenskap wil mobiliseer, betoog - June 16, 2025
Die maatskaplike aktivis Sydney Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gesels na die naweek se vergadering oor klagtes oor die Okahandja-munisipaliteit. Die gemeenskap kla nie net oor kwessies soos RedForce nie maar ook gaan die waardasie van huise en erwe in sekere woonbuurte. Hy sê dat hulle sal mobiliseer en tot by die parlement sal […]
Kanada se Carney sê betrekkinge met SA op agenda - June 16, 2025
Die Kanadese eerste minister Mark Carney sê bilaterale betrekkinge met Suid-Afrika sal versterk word deur internasionale samewerking. Carney het president Ramaphosa ontmoet, voor die G7 Beraad. Al twee lande hou vanjaar belangrike berade. Suid-Afrika is in November gasheer van die G20 Beraad. Carney het Suid-Afrika se ondersteuning met die brande in Kanada geloof, voortgesette samewerking […]
Air India-vlug se bestuurskajuit stem-opnemer gevind - June 16, 2025
Ondersoekers het die bestuurskajuit stem-opnemer van die Air India-vlug wat in Ahmedabad neergestort het gevind, ‘n belangrike stap om te ontbloot wat die dodelike ongeluk verlede week veroorsaak het. Die opnemer neem alle klank in die kajuit op, insluitend gesprekke tussen die loodse, alarms en omgewingsgeluide. Die vlugdata-opnemer, wat belangrike vlugparameters soos hoogte, snelheid en […]
Rassie trek Boan Venter nader vir Bok-groep - June 16, 2025
Rugby: Die gewese Cheetah-stut wat nou vir Edinburg speel, Boan Venter, is vir die eerste keer vir die Springbokke opgeroep toe die Bok-afrigter Rassie Erasmus ‘n groep van 45 spelers aangekondig het. Dit volg na die span se eerste week van afrigting in Johannesburg met die oog op die komende internasionale seisoen. Met die stutte […]
Inflasie sal na verwagting effe styg in res van die jaar - June 16, 2025
Hooflyninflasie in Mei was 3,5 persent, effe laer as die 3,6 persent wat in April aangeteken is. Voedselpryse styg steeds. Kosmos 94.1 Nuus het met Tannan Groenewald, ekonoom van Cirrus, oor die vooruitsigte vir inflasie gepraat.
Soek- en reddingspogings verskerp in Oos-Kaap - June 16, 2025
Die hoof van die Gift of Givers se Soek- en Reddingseenheid, Ahmed Bham, sê soek- en reddingspogings gaan verskerp word na die ernstige oorstromings in die Oos-Kaap wat 88 lewens, insluitend diè van ‘n tien-jarige meisie van Libode, geëis het. Tot nou toe is 83 lyke uitgeken en 56 is aan hul familie oorhandig terwyl […]
Israel se El Al-lugredery skort vlugte op - June 16, 2025
Israel se nasionale lugredery El Al het weens die voortslepende konflik tussen Israel en Iran alle vlugte tot ten minste 19 Junie opgeskort, met bykomende kansellasies na baie Europese stede tot 23 Junie. Die lugdiens het vroeër alle vlugte tot 17 Junie gekanselleer, met die land se lugruim wat steeds gesluit is. El Al sê […]
Angola wen vyfde Cosafa-beker titel - June 16, 2025
Sokker: Angola het gister ‘n 3-nul oorwinning oor ‘n aanmekaargeflansde Bafana Bafana-span behaal in ‘n sterk vertoning om die Cosafa-beker in die Vrystaat Stadion in Bloemfontein te wen. Laurido “Depu” Aurello van Angola het in die 43ste en 47ste minuut doele aangeteken en Milson het die oorwinning bekragtig met ‘n derde doel in die 62ste […]
Skooltuine, nie net vir voedsel nie, werk tans baie goed - June 16, 2025
Net 29 skole is tans deel van die Home Grown School Feeding Programme in Namibië, terwyl 1 300 private- en staatskole voordeel daaruit trek. Die program poog om gemeenskappe te bemagtig en skole toe te laat om hul oes te verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het met Ayesha Wentworth, direkteur van programme en gehalteversekering by die […]