Stad Whk loods navorsing oor shebeens, en impak - June 16, 2025
Stad Windhoek het kennis gegee dat hy tot September vanjaar ‘n opname oor shebeens in die hoofstad doen met die hooffokus op die sektor se bedrywighede en die impak daarvan op die hoofstad. Die rol van die drinkplekke in sosio-ekonomiese ontwikkeling sal ook bepaal word in ‘n poging om ‘n inklusiewe shebeenbeleid te ontwikkel. Die […]
G7: Ramaphosa en Carney vergader - June 16, 2025
President Cyril Ramaphosa en die Kanadese eerste minister, Mark Carney, het bilaterale gesprekke gevoer aan die vooraand van die uitreiksessie van die G7-beraad wat vandag in Alberta begin. Ramaphosa word vergesel van die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Ronald Lamola en verteenwoordig die enigste Afrikaland wat genooi is. Kanada is tans gasheer vir die […]
Trump gee opdrag dat migrasie-klopjagte voortduur - June 16, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump het opdrag gegee dat die aanhouding en deportasie van migrante voortgaan ten spyte van verset teen sy beleid. Trump sê hy het die administrasie opdrag gegee om elke moontlike hulpmiddel te gebruik. Hy het ook onderneem om mense wat die rus en vrede in Amerika bedreig nie in die land […]
Oud-houtskoolhoof oor nuwe regulasies - June 16, 2025
Die omgewingsministerie se departement van bosbou het nuwe regulasies vrygestel vir die produksie van houtskool. Houtskoolprodusente word sterk aangeraai om die volle regulasies deur te gaan en na te kom. Dit is beskikbaar by die naaste bosboukantoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Michael de Gé, voormalige hoof van die houstkoolvereniging gepraat. Hy gee belangrike wenke. […]
GRN se voertuigbesteding styg met 1 645% in 9 jaar - June 16, 2025
Voertuigaankope deur die regering het in nege jaar gestyg van 22 miljoen Namibiese dollar tot 384 miljoen dollar vanjaar, ‘n totaal van 1 645 persent in totaal of, 183 persent per jaar. Die Tender Bulletin berig dat die regering amper 15 persent meer in die huidige boekjaar as in die 2024-2025 boekjaar op voertuie sal […]
BoN sê Woensdag oor repokoers - June 16, 2025
Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee sal Woensdag die repokoers-aankondiging maak. Op die oomblik is die koers op 6,75 persent, en was in April onveranderd gelaat. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekonoom Salomo Hei, stigter van High Economic Intelligence, gesels oor sy voorspelling.
Versigtig vir Nimbus, nuwe Covid-variant - June 16, 2025
Suid-Afrikaners, en so ook Namibiërs, word versoek om te waak teen die nuwe Covid-19-variant, Nimbus, wat vinnig in die VSA, Asië en Europa versprei. Nimbus, wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie as ‘n variant geklassifiseer is wat gemonitor word, toon hoë oordraagbaarheid en nuwe mutasies. Shabir Madhi van die Wits Mediese Skool waarsku dat hoewel entstowwe effektief […]
Jacques Burger nou hoofafrigter van Welwitschias - June 16, 2025
Chrysander Botha het sy bedanking as die hoofafrigter van die nasionale span ingedien. Hy verhuis na Walvisbaai vir werksverpligtinge. Hy is einde verlede jaar in die pos bekendgestel ná die vertrek van Allister Coetzee aangekondig is. Met net enkele weke voor die Rugby Afrika-toernooi in Julie, wat as die vasteland se kwalifiserende geleentheid vir die […]
Koste-uitdagings met groenwaterstof – Namibië sal nie uitvoer nie - June 16, 2025
Die koste-uitdagings om groenwaterstof na Europa te vervoer as potensiële mark is in die nuus. Terwyl Namibië ‘n duidelike leier in die streek in die gebied is word daar strawwe kompetisie van Suid-Afrika verwag. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Muhseko,die woordvoerder van die groenwaterstofprojek plaaslik gepraat, wat sê Namibië se plan is nie noodwendig […]
Britte soek selfbeheersing in Midde-Ooste - June 16, 2025
Die Britse Tesourie se ekonomiese sekretaris Emma Reynolds sê premier Keir Starmer het die Israel-Iran-oorlog met talle wêreldleiers bespreek en voeg by dat die Arbeidersparty se prioriteit is dat beide kante selfbeheersing. Sy het met SkyNews gepraat.